slat dodie skinnervure

  • 0

wie is oor, van voorheen se vryheidstryders,
wie onthou nog Lubowski, die Cradock Vier,
tyd van Mbeki, Ekonomie Een-eensgesindes,
toe Grondwet, “isiBhulu” –‘n-al, aankom hier?

voorouertaal nette meganisme, instrument,
isiXhosa, as “ilwimi”, tongvrug, -val, bekend,
nes stam mette anner, via tolk, kommunikeer,
sal Mens veel meer re veeltaligheid moet leer

apartheidsmentaliteit veel meer verfyn, as toentertyd,
van Begin af, is Mens gewikkel in een of anner stryd,
vaar ekonome maar swak, met balans op Gini-skaal

meerderheid verstrengel in struktuurgeweld, onkunde-
ontkenningskundig, amokmakend, sowaar waansinnig,
moet Self, Self-destruktief, vir eie gelag opdok, betaal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top