Ek dink dat skaapslag die maklikste is. Skerp mes is al. Vel kom maklik af en binnegoed uit. 'doller as kop af' kom juis van hoenderslag, waar met ’n skerp byl die kop afgekap word en die hoender dan rond 'spartel'. Bees en vark is helse werk. Die skaap roggel in sy eie bloed, terwyl hy uitbloei. Dis bietjie aardig, maar daai tjops bly lekkerr!! Beesbinnegoed is groot en man moet 'gumboots' en oorpak dra, anders is jy vol bloed en die brommers pak jou oral in jou sweet. Snaaks dat brommers so vinnig uit die niet kan verskyn? Ek haat die reuk van vere in warm water, terwyl jy hoender pluk. Tarentaal en fisant is makliker, deur vel met vere af te trek. Klink of manne hier op LitNet begin eksperimenteer met hul wortels van herkoms. Tarentaal is 'n taai storie. Probeer gerus 'n konyn slag, die ou kan veg. Maklikste met hoender is om dit nek om te draai met pote vasgebind, dan nek af te kap met ’n vleisbyl en op te hang vir die uitbloei. Werk met handskoene as jy bang is vir bloed. Die maklikste bly om die vleis te koop. Met skaapslag haal jy vel af met vuis, sny op vel oop en haal binnegoed uit op vel. Dis die kop se skeer en skoon brand met ’n strykyster, wat baie werk is en dan oopsaag vir neuswurms. Dieselfde met varkkop. Tog bly die wangvleis lekker. Ek gril vir oë, lippe en neus. Ten minste kom vel van beestong af, want waar daai tong darem lek …
Hans Richardt


Kommentaar
Ek kom affie plaas af, so ek onthou nog die slagtery. Ons buurman kon ’n skaap se keel binne ’n sekonde of twee afsny met ’n knipmes wat hy eers so skerp soos ’n skeermeslem geslyp het en op sy armhare getoets het.
Konynslag is maklik: gee die konyn ’n harde tik teen die agterkop met ’n staalstaaf, dan is hy onmiddellik dood. Moet nie ooir vir stadskinders sê jy het al konyn geslag nie. Hulle vind dit ietwat traumaties.