Anna word deur 'n ramp getref

  • 3

Waar is die dae toe ek as jongmens tussen die tamatielande en pakstoor gestap het op ’n plaas in die Letsitele-vallei naby Tzaneen. Dan sou ek heerlike warm rooibostee op ’n skinkbord vir Ma en Pa aandra. Pa het geglo dat net tee in die bloedige hitte ’n dors kan les. Hy en Ma het elke druppel verdien, want hulle het saam die werkers op die plaas gesweet en geploeg. Dan het ek rooi Sweeto-koeldrank aangemaak en koppiesvol in plastieksakkies gegooi om te ys. Vir die dankbare werkers wat daaraan gesuig het, was dit manna uit die hemel. Die piekaniens wat ook gekry het, het gedink ek is ’n prinses en hul verkyk aan my dik golwende hare. 

As die reëns wegbly en die tamatieplante swaar dra aan die vrug van hul “rooigoud”, soos pa dit genoem het, sou hy vroeg-vroeg op ’n Sondagoggend na my roep: “Tweenie, (pa se troetelnaam vir my) ons moet die waterpype gaan hak!”

Dan sou Pa die slinger van die Lister-engine draai, wat nooit met die eerste probeerslag vat nie. En wanneer die stroom wel by die laaste pyp uitbars, moes jy vinnig die swart 5m-lange pype begin hak, al langs die oneindige grondvore af. Net om hul weer uit te hak, en oor jou kop te gooi in die volgende ry in. Daardie aand, sopnat en vol modder, sug jy behaaglik wanneer die sagte stoel jou spiere lawe. Want ’n 3-duim dik plastiekpyp waarvan die een ’n lewendige stroom water spoeg, druk nie maklik inmekaar in nie. 

Maar ek wil eintlik vertel van die ongeskoolde swartes van agter die berg, wat skaam-skaam by die plase aankom, voortgedryf deur hongerte. Sonder om op te kyk van haar tamatiepakkery sal Ma dan vir Anna langs haar vra: “Wat soek die vrou Anna, waar kom sy vandaan?” Want van hulle kan nie Engels of Afrikaans verstaan en is dit nodig vir ’n tolk. “Ai, ek weet nie miesies, ek dink sy is honger ...”

Sy sal werk vir kos, s? sy dan. Vra jy wat is haar naam, sê hulle altyd “Anna” – almal is altyd Anna. Dit is al Afrikaanse naam wat hulle ken. Dan kry hulle ’n nr by Ma:  Anna nr 1, Anna nr 2, Anna nr 3 en so voorts. So het dit ook op hul salariskoeverte geskryf gestaan. Pa weer, het Johannes nr 1,2 of 3 gehad. Daar was ook Johannes die drywer, klein Johannes en Johannes tuin.

Die piekaniens wat slinger-slinger van die honger daar aangekom het, weggeloop van hul huise en swaar lewe agter die berg, het Ma altyd gesorg vir ’n werkie voor. Die een het die klaargepakte tamatiekassie by haar aangevat, en op die hoop langs haar gestapel. Die ander een het die plankies reggeskuif op die vorm waarop die tamatiekassies aanmekaar gespyker word. Daardie jare was vrugte nog in houtkassies verpak. ’n Goeie pakker kon tot 350 kassies tamaties op ’n dag pak. Onthou, ’n tamatie word hanteer met sagte handskoene. Versigtig in rye vas ingedruk sodat die nie rondskommel op pad mark toe, honderde kilometers daarvandaan. Niemand wil ’n tamatie koop wat papgedruk is nie.   

Wat ek eintlik wil s?: almal het ’n werkie gehad, almal het geëet op die plaas. Maar beweeg SA nou weer in daardie rigting? Waar swartmense aangeslinger sal kom na die plase en maar te bly is om te werk net vir pap en sheba? 

Vandag besit my swaer ook ’n plasie in die Magoebaskloof en George’s-vallei distrik. Die distrik wat vandeesweek reeds meer as 2 000 werkers afgedank het. Die Minister van Arbeid het die streek geen guns gedoen deur die aankondiging van die nuwe minimumlone van meer as 50% vir plaaswerkers nie. Hy het vergeet dat Anna, wat tans op die plaas werk en geen skoling het om eers in ’n Wimpy te gaan werk, moet lewe. Dalk sonder man sit, met 5 kinders by die huis. Alreeds sukkel om te oorleef. Of Johannes nr 3 wat deur ’n plaasboer uit jammerte aangehou word, omrede van die AIDS waaronder hy ly, nou noodgedwonge afgedank moet word? Alhoewel sy loon dalk nie hoog is, is hy nog steeds bereid om aan te bly daarvoor. Want darem het hy ’n permanente huisie op die plaas.

Ironies is dit nie hierdie werkers wat aan stakings deelneem nie. Maar vir hulle het 4 Februarie 2013 ’n donker dag aangekondig in die geskiedenis van die landbou. ’n Dag wat erge gevolge nog gaan dra.

Limpopo se opinie is nie eers gevra nie. ’n Streek wat nog plek het vir die ongeskoolde werker. Nou is dit juis hulle wat die spit gaan afbyt. ’n Plek wat bekend is vir sy arbeidsintensiewe boerderysektore.  

Agri Limpopo het ’n beroep op die provinsiale regering gedoen om met landbou in gesprek te tree om ’n ramp af te weer.

Wie weet, dalk gebeur daar iets, sodat ons Anna kan weerhou van ’n ramp ...

Trienie

  • 3

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Dankie Trienie vir ’n stukkie harde, maar ware werklikheid.

    En dis nie net op die plase waar dit gebeur nie. Hier in die stede is mense besig om nie alleen van huisbediendes ontslae te raak nie, maar hulle indiensneming drasties af te skaal. Waar hulle vroeër dalk vyf dae van die week huiswerkers ingekry het, word dit nou net twee of hoogstens drie keer per week. Ons het lankal ou Johannes (Nr 1 of 2 wat maak dit saak) se tuinwerk afgeskaal na twee keer per maand en binnekort na net eenkeer – veral as die wintermaande kom.Dis nie net die dagloon wat  onbekostigbaar word nie, maar veral die taxigeld. Ja, ons gee al, hulle taxi-geld vir hulle want anders sal hulle bitter min oorhê om van te leef. 

  • Hulle sien nie die groter prentjie nie Trienie.  Hulle is onbevoeg.  Om te dink; daar's binnekort ’n program op TV wat dit ’n miracle noem.

  • Ek onthou destyds in Swakopmund het ek baie kreef geduik. Ons het almal geweet dat as die gety draai, kom uit die water uit. Sit dan houtgerus en wag, die gety draai weer en dan duik jy weer. Daar is niks wat jy kan doen aan die gety nie, beplan wat jy wil doen en wag tot die gety reg is.

    As ek dieselfde "common sense" op die huidige SA toepas, beteken dit dat ek my bates skuif na waar die branders dit nie kan bykom nie, en van daar af sit en kyk of daar iets gebeur waarin ek belangstel om deel te neem.

    Ek is lankal weg uit Afrika en tot dusvêr het daar nog net mooi niks gebeur waarin ek belangstel om deel te neem nie. In erge uitgebeelde teendeel, die plek verspoel daagliks verder deur 'n springety van onbevoegdheid en rassehaat teenoor die witmens.

    Ek onthou ook wat geskryf is, Gam is gesê dat hy en sy nageslag sy broeders se houthakkers en waterdraers sal wees. Hierdie ding genaamd Nuwe SA wys aan my dat sy bevoegdheid absoluut beperk is tot houtkap en water dra, niks bo dit het hy ooit suksesvol gedoen nie.

    En ek vra vir myself, myself, is dit rassisties of realisties? En ek antwoord myself, myself, net een van die twee kan bewys word, en daardie een is die huidige realiteit op die grond. Ek bedoel werklikheid op die grond, met 'n verskoning aan die wat onbewustelik besig is om 'n afgod te maak van die taal Afrikaans, terwyl alles wat ooit Afrikaans was in die finale stadium van uitwissing is.

    Die rede vir dit alles vergeet ek vir geen oomblik nie, De Klerk het van die volk 'n gehate, minderheid, bywoner gemaak.

    Soos gewoonlik, dit is my opinie, laat elke ou vir homself besluit wat hy dink en doen.

     

    Duitswester

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top