Die ATKV-tak Aksie en Woordvreugde se prosa-skryfkompetisie vir aspirant Afrikaanse skrywers, het pas weer afgeskop. Die kompetisie is gemik op ongepubliseerde skrywers wat graag hul merk wil maak in die wêreld van die geskrewe woord.
Met die kompetisie word beoog om nuwe skrywers aan uitgewers en publikasies voor te stel. Die kompetisie bestaan uit verskeie kategorieë, naamlik Skets, Essay en Kortverhaal. Die kompetisie is oop vir alle taalgroepe, maar die werke moet in Afrikaans wees. Deelnemers kan slegs een werk per kategorie inskryf. Inskrywings word anoniem beoordeel.
Ingesluit by die prysgeld is onder andere bywoning van die 2013 Herfsskool te Potchefstroom, ’n korrespondensie skryfkursus, ’n skryfwerkswinkel en boekpryse.
Die sluitingsdatum van die prosa-skryfkompetisie is 4 Mei 2012.
Die finaliste sal in Augustus/September 2012 aangewys word en die wenners sal in November tydens ’n geselligheid in Pretoria aangekondig word.
Reëls en inskrywingsvorms is op die ATKV se webwerf beskikbaar by http://www.atkv.org.za/prosa/skryfkompetisie.pdf
Kontak vir Soekie Nel by 084 2085105 vir meer inligting oor die kompetisie.

