Ek sien dat die heer Pieter-Dirk Uys 'n politieke bewusmakingsbeweging op die been wil bring.
Wat een edele gedagte. Ek sou eerder dit as 'n politieke skolingsaksie wou sien. Miskien is dit een en dieselfde, net 'n ander naam.
Ek hoor vanoggend oor die draadloos (Praat saam) toe die belese aanbiedster die bruin mens se oproep om as onafhanklike groep te funksioneer bespreek het. Daar was drie menere in die gesprek. Wat my opgeval het, was dat daar 'n dringendheid onder die bruin gemeenskap is om as 'n onafhanklike entiteit te funksioneer. (Tuisland?) Die verteenwoordiger van die regerende party het natuurlik sy onbenullige geykte uitsprake gemaak van nasiebou en die normale snert. Ek laat my nie vertel dat daar een nasie/volk in die wêreld is wat deur 'n ander oorheers, domineer of regeer wil word nie. Daar is 'n groep in die blanke Afrikaner wat 'n hunkering het om dit te doen. Die bruin mense het dit ook. Die Belge, Switsers, Duitsers, Spanjaarde en menigte ander groepe is teen totale oorheersing gekant. Die enigste keer dat jy nie teen totale oorheersing gekant is nie, is wanneer jy die oorheerser/domineerder is.
Wat die heer Uys teen die tyd al behoort te weet is dat politieke bewusmaking 'n senutergende uitmergelende besigheid is. In ons huidige situasie, gesien teen die geskiedenis van die land is dit 'n pypdroom om enige noemenswaardige verandering aan die politieke front te sien of te verwag. Die massas stem nog met die hart, op sentiment en op toelae wat betaal word.
Die regime is die alfa en omega van die massas en sal in die nabye toekoms nie verander nie. Politiek in die land is rasgedrewe en ek daag enige iemand uit om my die teendeel te bewys. Die massas verstaan nog nie die begrip "demokrasie" nie. Die regime se een mens een stem slagspreuk vind byval by almal en sal in dag der lewens nie verander nie.
Ek hoop die heer Uys is ernstig met sy voorneme want sy humoristiese tydvak het aan die einde gekom. (Maya dink ook so.) Met die NP kon jy nog grappies maak, maar die nuwe manne glo ek hou nie daarvan nie. Die probleem met die nuwe regime is dat ek nie die humor kan insien nie. Ek glo ook hulle sien dit nie as humor nie want hulle verstaan dit nie. As snaaks nie meer snaaks is nie is dit ook nie meer lekker nie. Van narre gepraat. Daar is beslis 'n paar manne en maninne wat moet dink aan aftree of uittree.
Wat noem jy 'n vliegtuig wat enige plek in die land kan gaan land? Heli - Gupta.
Reusedwerg


Kommentaar
Moenie die heer Uys te ernstig opneem nie. Hy en die tannie soek net aandag. As hy nie meer aandag trek nie het hy nie meer 'n inkomste nie.
Reusedwerg, jou verwysing na 'n politieke skolingsaksie laat my aan iets anders dink. Kort voor die NP sy laaste stuiptrekkings gegee het, was daar planne om met so 'n opleidinginstansie voor die dag te kom waar politici van alle partye opleiding sou ontvang. Noodwendig het die storie toe doodgeloop. Wat egter nou van belang is, is wat het van die NP se geld geword? Hulle het o.a. eiendomme besit. Kan iemand vir ons sê?
George
Reusedwerg.
Jy skryf: "Wat my opgeval het, was dat daar 'n dringendheid onder die bruin gemeenskap is om as 'n onafhanklike entiteit te funksioneer. (Tuisland?)" Die bruinmense het tot datum nooit eers die vaagste aanduiding gegee hulle soek 'n eie volksstaat nie. 'n Tuisland het hulle wel, nl Wes en Noordkaap waar hulle reeds die meerderheids-bevolking uitmaak.
Gestel die scenario word 'n werklikheid dat die Wes en Noordkaap wel 'n onafhanklike land onder bruin dominansie word, wat baat dit die blanke Afrikaner wat 'n minderheid daarin sowel as die res van Suid Afrika homself bevind. Die grootste nadeel vir blanke Afrikaners met so 'n opset sal wees dat hulle nou in drie onafhanklike state verdeeld is, nl Namibia, Kaapland, en swart S.A. Dit maak sy bedingings posisie in enige van die drie, soveel swakker.
Jaco Fourie
Beste Reusedwerg,
Ek't gewis ooreenstemming met meeste wat jy hier naam gee.
Bruin, is egter net so onnodig om Kaaps te beskryf, as wat wit nodig is om 'n Afrikaner te begrens.
Daar is baie wit Kaapses, nes daar bruin, en selfs swart Afrikaners is.
Afrikaners is per definisie harte wat hulself met die Voortrekkers en die Boere se Vryheidsoorloë teen die Ingelse, Noord van die Vaal, identifiseer.
Kaaps is harte wat sterk en optimisties in die Kolonie gedy het.
Dan is daar nog onder meer die minderhede Namakwa en Griekwas, wat almal ook Vlaams en Hollands sou verstaan, maar geheel 'n ander kulturele erfenis ken.
Jeens die Anglo en Amerikaanse nasionalisering van ons taal en kultuur oor alle grense heen, het die politiek rasgedrewe geraak.
Ek stem daarom dat enige politieke bewusmaking op die vernielde taal en kultuur grense deur die korpokrasie oor geslagte heen, gewis geen oplossing sal wees nie.
Die Kaap behoort aan die Kaapses.
As Afrikaner voel ek terwille van oorlewing, dat die korpokrasie maar die minerale rykdom Noord van die Vaal kan kry.
Maar wat van 'n stukkie woestyn iewers aan die Suidpunt van Afrika wat Afrikaners, swart, wit, pienk, pers, groen en bruin,... hul Voortrekkererfenis kan tuis wees?
Sal 'n bewusmaking van elke volk se eie erfenis hier aan Mzansi, en 'n diepe respek daarvoor onderling, nie dalk 'n beter begin tot oplossings as enigiets anders wees nie?
Boeregroete,
Cornelius
Ek sien waarop jy afstuur. Die Blanke Afrikaner is in elk geval in sy moer in. Die behoud vir sommige van die Blanke Afrikaners is die ekonomiese mag waaroor hulle beskik. Ongelukkig is dit ook aan die taan aangesien daar soveel druk op die sg "Afrikaanse" maatskappye is om te transformeer. Die Blanke Afrikaner is in elk geval so rugraatloos dat hy agteroor buig om die onder die druk te swig. Ek gaan die Guptas as 'n sprekende voorbeeld van uitbuiting gebruik. Hulle het die regering aan die kort hare beet. Ek ken toevallig een van die manne wat 'n Gupta agterreier en lakei is. So drie vier jaar gelede is die betrokke persoon wat een van die Gupta's se filiaalmaatskappy se direkteure is met die ergste graad van kattekwaad uitgevang. Hulle wou die Angolese regering met olietransaksies deur die ore werk maar soos genoem op heter daad betrap. Die regering word deur mense soos die Gupta's en die Who Flung Dungs (Sjinese) van die wêreld regeer. Al het al die "Blanke Afrikaners" in een provinsie gebly, sal hulle nie eers in daardie provinsie hond haaraf maak nie. Die Blanke Afrikaners het nog nie in die hek gekak nie, en voor dit nie gebeur het nie, vergeet van enige samehorigheid en eensgesindheid. Ons siele is verkoop.
Huidiglik lees ek weer Isaiah Berlin en het die volgende idees my oog gevang:
Dankie Reusedwerg, jou kommentaar hierbo slaan ongelukkig en weereens die spyker presies op die kop. My pleidooi is eintlik ook maar net hipoteties. Dis juis Afrikaners met 'n Voortrekkererfenis wat my sal fusilleer vir my betoog vir 'n stukkie volksgrond. Geldmaak is die inding - dis al... soos Dawid Rogers dit iewers in Ingels sing; it all make sense expressed in dollars and sents... Hartseer groete, Cornelius (... en o ja, lees gerus maar self hoe die gebreinspoelde slim Johnny, die Ingelse korpokrasie se lakei op die werf Wouter, se ou stertjie wapper hierbo... wyl enigeen wat die geskiedenis ken weet dat die Britte dit wou had; 'n mens uit Wouter se twak hierbo sou sweer dat Apartheid en nasionalisme, die Afrikaner se ideaal was).
Hello,
Slim Wouter, die kaart en transport wetgewing wat rasseklassifikasie op boek geplaas het, is in 1913 geproklameer. Wie volgens jou clever Johnny bronne, was in 1913 aan bewind?
Hello Cornelius,
Agge nee hel Wouter, jy meen jy gaan nou jou besonderse gawe om te interpreteer en jou spirituele intelligensie saamvoeg om so jou eie ware betekenis aan algemene kennis en die feite te bring; nes 'n wafferse KdK?
Hoe versoen jy bogenoemde repliek met die hondebrief van jou kant af, daar waar dit in die oog is, daar is jy vroom en goed, maar elders is jy maar nog steeds besig met jou ou truuks, let op na die 'wafferse KdK' met al die dubbelbedoelinge wat dit ook insluit....