Politiek in sport

  • 0

Nou die dag, in Praat Saam, was bogenoemde die onderwerp. Ek dag hier kom nou 'n warm bespreking want in die NSA is 'kwotaspeler' en 'politiek in sport' sinoniem. Niks van die aard nie. Een ou het ingebel en gesê sy seun is benadeel want 'n kwotaspeler is in dié se plek gesit en dit was die einde; die gasspreker het geen kommentaar daaroor gelewer nie en Lynette ook nie verder daarna verwys nie.

Die eintlike politieke inmenging in sport hier is weg-ignoreer. Kan jy glo.

Jan Rap

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top