Jy het 'n opinie? Het jy al lyfhare gegroei, 'n Harley gekoop, Texan plain begin rook en Ströh-rum begin drink? Ek het nou goeie ervaring van ware pyn. So jaar terug my linkerhand met 'angle grinder' so halfpad afgesny. Self ongevalle toe gery, dit was sweet pyn. Gelukkig goeie gene en als nou aanmekaar en in werkende toestand. Ware pyn laat man lewe waardeer, gewaande pyn laat man 'wroeg'. Nou ja, ek dink my swartpoot katwyfie gee ware liefde, die ou dierbare kat wat ek self groot gemaak het. Bring selfs haar troetelmuis as brêkfis vir my in kooi as sy dink ek is honger 04:00 in die oggend. Dis 'n konsternasie van vloek en glimlag. Nou ja, ek het 'n paar kaste om te skud. Ek wroeg nie meer oor niks nie. It's a long walk home?
Hans Richardt


Kommentaar
Uggh!