Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Broekskeur onder ’n Kameeldoringboom"

  • 0

Broekskeur onder ’n Kameeldoringboom: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 



Wat werk?

Hierdie verhaal het wonderlike potensiaal om ’n kleindorpse humorverhaal te word. Dit wil nie enige groot temas aanspreek nie, eerder ’n komiese gebeurtenis met humor oorvertel, en die karakters van die kleindorpse bestaan uitbeeld.

Wat om te lees

  • Kyk na Dana Snyman se karakterontwikkeling.
  • Lees Vincent Pienaar se Die blues en ’n swart Ford Thunderbird (Piet Wielietjies is ’n skreeusnaakse karakter)
  • Lees Jeanne Goosen se boeke om te kyk hoe karakters tot stand kom.

Waarom aan aandag te gee:

  • Ontgin die milieu waarin die verhaal afspeel ten volle. Die plattelandse dorp en die troue wat hier plaasvind. Die gaste, die inwoners ...
  • Ontwikkel die karakters tot karikatuuragtige figure, wat aangryp en herken kan word – almal ken die soort troue wat jy hier beskryf.
  • Maak seker jou verteller oortuig. As die dominee vertel, sal hy ander na die situasie kyk as ’n gas of ’n orrelis – die detail van hierdie beskrywings moet eie wees aan die verteller se situasie. Die verhaal moet ontvou nie bloot vertel word nie.
  • Die soektog na die vermiste bruidegom moet ’n spanningslyn word waaragter die leser wil aanlees, ten einde te weet wat van hom geword het ... en dan kan jy jou leser nie teleurstel deur die oplossing te eenvoudig te maak nie.
  • Die dialoog moet eie aan die karakters en die gebeure in die verhaal wees.
  • Die slot moet ’n interessante oplossing wees, wat ’n wending teweegbring, nie ’n terloopse nie.
  • Die titel van die verhaal moet heroorweeg word.

 


 

Lees die kortverhaal "Broekskeur onder ’n Kameeldoringboom"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top