Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "17 Tuindwerge"

  • 0

17 Tuindwerge: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 


Wat werk?

Hierdie verhaal beeld die wonderlike intrige van die klein dorp en die probleme met bure uit. Dit sluit dan ook nou aan by die tema van oënskynlike vrede in die platteland, en profesieë oor die einde van die wêreld.

Wat om te lees

  • Lees Michael Green se Hondsdol
  • Lees Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie
  • PG du Plessis se Siener in die Suburbs

 Waarom aan aandag te gee:

  • Let op die gebruik van oordadige byvoeglike naamwoorde en uitgebreide beskrywings.
  • Maak van hierdie verhaal ’n behoorlike parodie en send-up van godsdiens en profesieë – moenie voorgee dat dit ’n normale situasie is nie, ontgin die absurde en die waansin van die situasie waarmee jy werk.
  • Ontgin die humor in die verhaal verder.
  • Skets die kleindorpse mentaliteit en karakters ten volle, en pas die dialoog dienooreenkomstig by die karakters aan. ’n Biker wat soveel konsternasie in ’n gemeenskap veroorsaak, is nie ’n gewone biker nie. En sy vrou is nie ’n gewone vrou nie.
  • Gebruik die karakters as aanvoerders van die verhaal. Laat die leser agter die lekker van die karakters aanlees ten einde te weet waarop die situasie sal uitloop.
  • Verwerk die obsessie met die tuindwerge deur die loop van die verhaal in die gebeure in.
  • Die verhaal word uit die perspektief van ’n kind vertel. Ontgin hierdie posisie deur ook die onkunde en nuuskierigheid van die kind tot voordeel van die verhaal aan te wend.
  • Bou die verhaal sistematies op tot by die ommeswaai na godsdiens en weer tot by die wending in die slot.
  • Herskryf die koerantberig teen die einde van die verhaal op so ’n wyse dat dit oortuigend is, en soos ’n misdaadberig lees. Voeg die situasie met die tuindwerge in die kluis subtiele wyse in dat die nodige slaankrag behou.
  • Heroorweeg die titel.

 


 

Lees die kortverhaal "17 Tuindwerge"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top