Nasionale Skryfwedstryd van die Bloemfontein Skrywersvereniging

  • 0

Die bekende landswye skryfwedstryd van die Bloemfontein Skrywersvereniging (BSV) in samewerking met NALN spog reeds sedert 1979 met ’n ongeëwenaarde prestasie van die ontdekking en slyp van nuweonontdekte stemme in die skrywerswêreld. Volgens Corlietha Swartvoorsitter van die Bloemfontein Skrywersvereniging en dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaatlewer die wedstryd jaarliks nuweonontdekte skrywerstemme op wat kort voor lank debuteer. Onlangse wenners wat gedebuteer het of ’n groot werk gelewer het kort na hul die skryfwedstryd gewen en die BSV-slypskool bygewoon hetsluit in Piet Steyn wat kort daarna ontpop het in ’n formidabele rillerskrywer Dirk Winterbach, wenner van drie jaar gelede wat kort daarna op 76 gedebuteer het, dr. Hannes Haasbroek, wenner van twee jaar gelede, en in dieselfde jaar was ’n nuwelingskrywer Japie Bogaards ook ’n wenner en sy debuutroman is tans ter perse by Lapa. (Vroeëre BSV-wenners sluit bekende skrywer in soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Carina Stander en andere).

Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat tree vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar as borg van die skryfwedstryd op en prof. Lucius Botes dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV het vanjaar ’n hele R15 000-prysgeld uitgeloof omdat die ontdekking van veral jong talent vir beide die BSV en die UV na-aan die hart lê. Veral skoolgroepe en tersiêre studente word aangemoedig om in groot getalle deel te neem aan hierdie tradisieryke skryfwedstryd met ’n heerlike verskeidenheid onderwerpe. Ook vir niemoedertaaldeelnemers van Afrikaans is daar aanmoedigingspryse op die spel asook die moontlikheid van beurse om die slypskool gratis by te woon.

Die kategorieë waaraan volwassenes kan deelneem sluit in skrywers wat voorheen al teen vergoeding gepubliseer het of skrywers wat nog nooit kreatiewe skryfwerk teen vergoeding gelewer het nie. Genres waaraan deelgeneem kan word is ’n kortverhaalkortkortverhaalskets/vertellingessay en ’n gedig. Buiten vir die prysgeldtrofeë en sertifikate word die weninskrywings jaarliks in die publikasie Inkvars gepubliseer – ’n publikasie wat deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekking en Nederland/ Zuid-Afrika befonds word en met groot vrug deur stelwerkonderwysers in stelwerkklasse gebruik kan wordomdat selfs die beoordelaarsverslae in die publikasie opgeneem word.

Benewens ’n kontantprys kan wenners ook gratis die BSV-Slypskool vir ontluikende skrywers bywoon. Dit vind vanjaar op 25 Augustus 2012 in Bloemfontein plaas en die gewilde rillerskrywer Francois Bloemhof is vanjaar die BSV-Slypskoolaanbieder.

Klik hier om die inskrywingsvorm vir die junior en senior afdelings af te laai.

Klik hier om die inskrywingsvorm vir die ope afdeling af te laai.

Klik hier om die wedstrydpamflet af te laai.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top