My pa, PH Nortjé, sterf op 91

  • 15

My pa, die Afrikaanse skrywer PH Nortje, is laasnag oorlede op die ou ouderdom van 91 jaar.

Maar dit bly my pla, die hele tyd, wat die verskil is tussen hom en enige ander pa.

Sekeres en sommiges is net minder of meer bekend as ander - maar die verlies bly tog maar dieselfde ...?

Pierre-Henri

Kyk na ’n fotoblad waar ’n boek van PH Nortje bekendgestel is.

  • 15

Kommentaar

  • My innige simpatie Pierre Henri.  Dis ons almal se verleis.
     (ek 'ken', kan jy maar sê, jou al vandat jy 'n kannetjie is deur jou pa se boeke).

  • George Bekker

    Pierre, dankie dat jy jou vader se oorlye met ons deel. Dit moet 'n groot troos wees om te weet dat daar talle mense is, wat hom nooit geken het nie (soos ek), wat as gevolg van sy vertellings, saam met julle familie voel. Die bekendheid is seker nie die belangrikste nie, maar die herinnerings en deernis wat iemand nalaat. Ons wat met mooi herinnerings van die graf kan wegstap weet nie hoe gelukkig ons is nie. Daar is soveel kinders wat nie 'n betekenisvolle verhouding met hulle pa gehad het nie. Sterkte. George

  • Simpatie, PH.

     
    My eie pa is 50 jaar gelede dood en ek dink nog dikwels aan hom en verlang na hom.  Sterkte, broer.
     
    Ek het van jou pa se boeke op my boekrak  -  altyd sy skryfsels baie geniet.
     
    Enjee
  • Wat 'n besondere voorreg om mnr. P.H. Nortjé as dosent te kon beleef! Net met die eerste toets was ek bitter ontsteld, want ek het nie geweet hoe en wat om te leer nie. Dit kon mos nie wees dat ek alles sommer net geken het nie! Onnodige kommer, want hy het sy vakteorie deurentyd so met praktiese ervarings toegelig dat elke lesing onvergeetlike vaslegging was. Hy het boonop die verstommende vermoë gehad om 'n vraestel so op te stel dat dit verdere verryking van sy lesings was! Die enigste vraestelle waarna ek uitgesien het soos na elke lesing. Sy blote teenwoordigheid het vurige, jong gemoedere gekalmeer, sy menslikheid het agting ontlok. Met dankbaarheid eer en groet ek 'n opvoedkundige, 'n ware Leermeester, maar boweal 'n besondere, onvergeetlike mens.

  • Ek lees tans weer al die boeke wat jou pa geskryf het.
    Dankbaar dat hy gesin met ons gedeel het.
    Dankbaar.

  • Eddie Stafford

    PH Nortjé was ‘n skrywer wat werklik geweet het hóé om ‘n storie in ‘n verhaal te omskep, op ‘n manier wat ‘n mens laat voel jy is deel daarvan. Briljante storieverteller en skrywer en ‘n seder wat geval het.

  • Ek lees nou weer na 10 jaar sy boeke. Ek geniet dit geweldig en hy het die skryfvermoë om deel te wees met die gebeure.

  • Hans Combrink

    Hy was my ouma se neef, en ook die neef van JG Strijdom, die eerste minister en my ouma se broer. Het in 1910 vir hom in die Strand gaan kuier ... 😊😊

  • Sarel van Wyk

    Geniet nou juis sy verhaal oor 'n Namibië-reis saam met sy seun Francois. Mens belewe al die mooi dinge en verhoudings asof eerstehands.
    Hy was werklik 'n grote, eintlik 'n reus, as mens en as skrywer

  • Susarie Coetzee

    Ek het dikwels in my jonger jare jou pa se boeke gelees en myself ingeleef in elke verhaal.

    Ek het soos 'n vriendin van die familie gevoel. Ek dink ek is 'n soortgelyke ouderdom as julle kinders, nou 61.

    Tans lees ek Ken op die kierie en het besluit om jou pa te Google met die wete dat hy seker nie meer lewe nie.

    Ek is bly om te sien dat jou pa 'n hoë ouderdom behaal het. Ek hoop dat hy tot die einde 'n goeie lewe gehad het.

    Vroeër 'n Johannesburger, maar nou vir amper twee jaar in Muizenberg, wil ek graag eendag Wellington toe gaan en sien waar julle as 'n familie gebly het.

    Ek wonder altyd oor jou (as ek reg onthou) wat op die Bergrivier gaan roei het, of was dit Francois? My geheue laat my nou in die steek.

    Nietemin, jou pa, en julle, leef voort in baie mense se geheue deur sy boeke.

    Al is dit meer as tien jaar laat, aanvaar my simpatie met jou pa se afsterwe.

  • Hans Richardt

    Ek het hierdie jaar weer sy boeke gelees, was 'n goeie lees. Dink hy het hare op sy tande met drie seuns gehad...
    So baie skrywers vanuit die omgewing waar ek nou bly, oa FA Venter, uit Hopetown.
    Die tyd wat PH Nortje in Douglas skoolgehou het, was seker wat sy skrywerslus gestimuleer het, nie veel om hier te doen nie.

  • Middag almal, was twee dae gelede deur Baviaanskloof; sien die opstal van PH Nortje staan nog.

  • Mercia Theron

    Ek het PH Nortje nie geken as dosent nie, maar van my latere kollegas wat by hom klas geloop het, het met groot lof van hom gepraat. En deesdae, op 80 jarige leeftyd, geniet ek steeds sy boeke geweldig baie. Sy manier van 'n storie oordra is so natuurlik, eg en beskrywend, 'n wonderlike gawe. Om hom as vader te kon beleef, was sekerlik kosbaar.

  • Een boek in besonder van PH Nortje, het van kleintyd af n' groot impak op my lewe gehad, en dit is die boek "Bly of Gly". Die boek het n' "wanderlust" in my wakker gemaak wat ek in latere jare toe kon beleef. In my wandelinge in die buiteland was die boek altyd in my kop. Ek sou graag die fotos wou sien wat PH Nortje van praat wat hy geneem het op die reis.

  • Marietjie Diedericks

    Ek het nou 'Spook van die wielsleutel' gelees saam my kleinseun van 15 jaar en gelag dat die trane loop. Elke tienerseun moet sy boeke lees.
    Lees maklik, en die avontuur maak lees wakker by tieners wat sukkel om te lees. Liefde vir lees word gekweek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top