ek soek die menskleur potlood
vir my menskleur Jesus
ons teken hom wie hy nie was nie
en lewe volgens sy beeld
ons gee vir hom ‘n coloured baard
en dalk swart buitelyne
maar my Jesus het 'n menskleur vel
en my ma se mooi blou oë
my juffrou sê "dit is pragtig kind"
en gee my 'n ster en 'n kroon
sy hou van die menskleur Jesus
sy lewe volgens sy beeld
my menskleur Jesus, my TV
my masker en my foon
al die leuens van die wêreld
van kleins af ingevoer

