Daar is rede om bekommerd oor die gehalte van skool- en naskoolse onderrig in die nuwe Suid-Afrika te wees. Die akademiese standaarde is dermate aan die daal dat 'n leerling dalk eersdaags 'n A-simbool sal kry deur bloot vir die eksamen op te daag; en hy sal nie benadeel mag word deur van hom te vereis dat hy betyds moet wees nie.
Dit is wenslik om heeltemal basiese inligting oor onderrig, opvoeding en die akademie te versprei, want diegene wat in sleutelposte in die onderwys sit en deurslaggewende besluite neem, is soms gewoon oningelig en doen skynbaar niks om hulle kennis aan te vul en hulle insig te verbeter nie. Dorothy Sayers (1893-1957) het my hieraan laat dink. In 'n lesing, "The lost tools of learning," gelewer in Oxford in 1947, het sy opgemerk: "The most irrelevant people are appointed to highly technical ministries." Haar klassieke voordrag is by Amazon teen $2.99 te koop, maar die volledige teks is ook gratis op die internet beskikbaar.
Dit is bekend dat Johan Degenaar in sy eerste klas vir eerstejaar-filosofiestudente gevra het wat 'n universiteit is. Sodanige bewustheid van en sensitiwiteit vir wat die akademie op tersiêre vlak behoort te wees, word glad te selde plaaslik aangetref. My ondervinding is dat bitter min dosente weet wat bv die trivium en die quadrivium , die sewe vrye kunste (artes liberales), is. Hulle verstaan gevolglik nie waar die fakulteit artes ("arts faculty") vandaan kom nie, selfs al sou hulle dosente in daardie fakulteit wees. In koerante, tydskrifte en oor die uitsaaimedia het ek meer as een keer die stommiteit "kunsfakulteit" teëgekom; 'n letterlike en misleidende vertaling gegrond op onkunde.
Ek het die indruk dat selfs universiteitsrektore oningelig oor die wese van die universiteit is. Byvoorbeeld, die voorsiening van sportfasiliteite en huisvesting is nie deel van die akademiese kern van 'n universiteit nie en kan aan private inisiatief oorgelaat word. Gelukkig kon ek in 'n universiteitsdepartement studeer waar die hoogleraar 'n deeglike Europese akademiese begronding gehad het. Daarby was hy 'n Rooms-Katoliek met 'n verstaanbare voorliefde vir die Middeleeue (400-1400). Hy het sy studente in besonderhede ingelig oor die ontstaan en wesenlike aard van universiteite.
In die Middeleeue se tien eeue het die Rooms-Katolieke Kerk groot invloed uitgeoefen. In die laat-Middeleeue, bekend as die skolastieke era (1100-1400), het Katolieke denkers soos Albertus Magnus (1193-1280) en veral Thomas van Aquino (1225-1274), anders as hulle voorgangers, nie die wysbegeerte van Plato (427-347 vC) probeer verchristelik nie, maar eerder dié van Aristoteles (384-322 vC). Dit was 'n baie moeiliker onderneming, maar noodsaaklik vanweë die prominente rol wat wetenskaplike inligting begin speel het. 'n Mens kan sê: In die skolastiek was akademies geskooldes/geleerdes/vakmense/ ("scholars") eintlik noodsaaklik. In hierdie tyd (omstreeks 1200) het universiteite ontstaan.
Dit is verstaanbaar dat daar veral by sommige Katolieke steeds 'n retro-voorliefde vir die universiteit in sy oorspronklike vorm is. In hierdie konteks prys hulle nie net Latyn aan as die taal van geleerdheid nie, maar ook klassieke Grieks en Griekse filosowe soos Plato en Aristoteles. Die universiteit is een van die pronkprodukte van Europese beskawing wat tot groot voordeel van die mensdom dwarsoor die wêreld nagevolg is. Wat betreurenswaardig is, is die mate waarin universiteite die afgelope dekades nie bloot (soos dit hoort) by veranderde omstandighede aangepas het nie, maar inderdaad ontaard het, by uitstek in Amerika; dermate dat dit tot die ondergang van Westerse kultuur kan lei. Ek het onlangs met verwysing na Ben Shapiro se boek hieroor geskryf (SêNet15 Okt). Ek hoop om eersdaags Bruce Bawer se boek oor dieselfde onderwerp te bespreek.
Onderrig verwys na aktiwiteite wat uitgevoer word om 'n doel, bv die opvoeding of geestelike vorming van die leerder, te bereik. Onderrig kan ook verskaf word om 'n leerder op te lei om 'n taak te verrig. Hierdie onderskeid tussen opvoeding en afrigting verteenwoordig die verskil tussen 'n universiteit en 'n technikon. Dit is onverskoonbaar dat hierdie twee soorte inrigtings in die nuwe Suid-Afrika deur Kader Asmal saamgeklits is.
Onderrig begin met die mededeling van inligting en leiding oor hoe daar met dié inligting omgegaan moet word; dus hoe geleer moet word. Daar moet derhalwe 'n gebruiks- of toepassingstrategie wees, bv nie blote memorisering van inligting nie, maar nadenke om tot eie gevolgtrekkings te kom. Hiervoor moet die juiste oriëntasie en gesindheid by die leerder gekweek word. Dikwels word gesê onderrig begin met die aanleer van basiese vaardighede soos die "three Rs", te wete "reading, writing, arithmetic". Naas die inligting wat die onderwyser meedeel, word daar dus eerstens van die leerder verwag om die vermoë te ontwikkel om addisionele inligting te versamel deur te lees. Hy moet tweedens ook uitdrukking kan gee aan wat hy ervaar en weet deur te skryf. Naas sodanige gebruik van letters en woorde ("literacy"), moet hy derdens ook syfers en getalle kan skryf, verstaan en verwerk ("numeracy").
In die Middeleeuse onderwys het die sewe vrye kunste die basiese literêre en wiskundige vaardighede by die leerder tuisgebring. Die beoefening van hierdie kunste dateer egter terug tot die klassieke tyd van bv Plato en selfs Pitagoras (570-495 vC). In die vroeg-Middeleeue verwys Martianus Capella in die vyfde eeu uitdruklik na sommige van hierdie vrye kunste. Hulle word vry genoem omdat 'n vry persoon, dus nie 'n slaaf is nie, hulle as onderwerpe en as vaardighede onder die knie moet hê ten einde aktief aan die burgerlike lewe te kan deelneem. Die doel met sodanige basiese studie was om van die leerder 'n deugsame, ingeligte, welsprekende persoon te maak.
Die sewe vrye kunste bestaan eerstens uit die trivium, die drie "literêre" maniere of weë, naamlik grammatika, logika en retorika, en tweedens uit die quadrivium, die vier "wiskundige" paaie (Latyn: via), naamlik rekenkunde, musiek, meetkunde en sterrekunde. Op die oog af is dit reeds duidelik dat die universiteit se fakulteit artes sy oorsprong in die trivium en die fakulteit natuurwetenskappe syne in die quadrivium het.
Die trivium-kunste/vakke het met die mens se gees te make en word soos volg verduidelik: "Grammar is the mechanics of a language (always Latin, at the time); logic (or dialectic) is the 'mechanics' of thought and analysis; rhetoric is the use of language to instruct and persuade" (Wikipedia). Miriam Joseph (bron hieronder, Kindle 144) word daar soos volg aangehaal: "Grammar is the art of inventing symbols and combining them to express thought; logic is the art of thinking; and rhetoric, the art of communicating thought from one mind to another, the adaptation of language to circumstances."
Die quadrivium-kunste het op die materiële betrekking en word soos volg deur Proclus (412-485) verduidelik: "Arithmetic ... studies quantities as such, music the relations between quantities, geometry magnitude at rest, spherics [astronomy] magnitude inherently moving" (Wikipedia). In hierdie grootliks voor-wetenskaplike era is hierdie terme anders gebruik as wat deesdae die geval is. Sterrekunde het bv sterrewiggelary ("astrology") ingesluit, asook wat ons kosmologie noem. "The subject of music ... was originally the classical subject of harmonics, in particular the study of the proportions between the music intervals created by the division of a monochord ... the quadrivium may be considered to be the study of number and its relationship to physical space or time: arithmetic was pure number, geometry was number in space, music number in time, and astronomy number in space and time" (Wikipedia).
Die trivium het as voorbereiding vir die quadrivium gedien. Hierdie sewe vrye kunste was die ekwivalent van wat deesdae die leergang vir 'n baccalaureusgraad genoem kan word. In die Middeleeue kon die student 'n meester in akademiese studie word deur op hierdie terrein verder te studeer, dus 'n meester in die wysbegeerte/filosofie te word, want filosofie was destyds die omvattende benaming vir nie-religieuse kennis, insluitende wetenskaplike kennis. Dit is waarom so baie graadbenamings deesdae steeds na filosofie verwys. Pleks van 'n meester in die wysbegeerte te word, kon die student hom egter ook, na sy studie van die sewe vrye kunste in die basiese of artes-fakulteit, in 'n beroep in een van die drie hoër fakulteite bekwaam, naamlik teologie, regte en medisyne.
In die na-Middeleeue, tydens die Renaissance, is die trivium-kunste verbreed en studia humanitas genoem omdat naas Latynse taalkunde bv letterkunde, geskiedenis en Grieks bygevoeg is. Vandaar die hedendaagse gebruik om die fakulteit artes die fakulteit lettere en wysbegeerte te noem. Tegniese en beroepstudie is in die vroeg-moderne tyd egter deurgaans uit hierdie basiese leergang geweer. In die vrye kunste het dit steeds om die algemene geestelike vorming van studente gegaan, dus voorbereiding vir nagraadse (bv beroeps-) studie.
Die frase studium generale word deesdae steeds in die akademie gebruik, bv as die naam vir 'n algemene universitêre oriënteringskursus, of as benaming vir (openbare) lesings oor enige onderwerp deur dosente. Oorspronklik het studium generale egter verwys na universiteite wat studente uit enige plek aanvaar het. Daardie benaming is gebruik om hierdie inrigtings te onderskei van universiteite (studium particulare) waar net plaaslike studente welkom was. Wat ek interessant vind, is dat die studium generale se studente uit verskillende lande of kulture volgens oorsprong afsonderlik gehuisves is.
Die Latynse term universitas is later as benaming gebruik vir groepe of ondernemings wat op leer en opvoeding toegespits was. Universitas het die frase studium generale mettertyd vervang. Universiteite was aanvanklik in gildes georganiseer, soortgelyk aan dié wat in die vervaardigings- en handelsektor aangetref is. Universiteite het as voorgangers gehad die Katolieke Kerk se katedraal- en kloosterskole, wat onderrig aan onderskeidelik priesters en monnike verskaf het. Die goedkeuring van die pous of vors was nodig ten einde te verseker dat die opleiding van die afgestudeerdes in die samelewing aanvaar word.
Om as universiteit te kwalifiseer, moes daar naas onderrig in die basiese of voorgraadse fakulteit ook onderrig in minstens een van die nagraadse beroepsfakulteite verskaf word. Daarvolgens is die oudste universiteit in Bologna, gevolg deur dié in Parys, Oxford en Cambridge. Oor hulle aanvangsdatums (omstreeks 1200) bestaan daar egter groot verskil van mening. In die 13de eeu het universiteite in die volgende lande ontstaan: Italië, Frankryk, Engeland, Spanje en Portugal. Kolleges ("collegia", organisasies) is die aangewese benaming, bv in Amerika, vir tersiêre onderwysinrigtings wat net voorgraadse onderrig verskaf, of vir die voorgraadse afdelings van universiteite.
Wat Dorothy Sayers in haar 1947-voordrag gedoen het, is om aan te toon dat die klassieke en Middeleeuse benadering tot opvoedkundige vorming, met die nodige aanpassings, steeds met vrug in skole toegepas kan word, bv "how to think" en "the art of learning." Byvoorbeeld, hoe om tussen 'n gesaghebbende en 'n oppervlakkige boek te onderskei; hoe om die biblioteekkatalogus te gebruik; hoe om in 'n naslaanwerk inligting te vind, ens. "The sole true end of education is simply this: to teach men how to learn for themselves." Hierdie take is voorheen in Suid-Afrika in boekopvoeding doseer en in skoolbiblioteke toegepas. Deesdae het min skole noemenswaardige biblioteke en nog minder beskik oor gekwalifiseerde skoolbibliotekarisse. Die owerhede wend hulle eerder tot die voorsiening van rekenaars, wat sekerlik waardevolle onderwyshulpmiddels is maar nie skoolbiblioteke in alle opsigte kan vervang nie.
Sayers beklemtoon elementêre waarhede, soos dat die betekenis van terme gedefinieer moet word en dat vakke nie in waterdigte kompartemente aangebied moet word nie. Ons kan nie letterlik terug na die Middeleeue gaan nie, maar 'n "neo-mediaeval curriculum" kan ons help om foute in ons opvoedkundige stelsel uit te skakel. Die doel moet "the proper training of the mind" wees. Sayers onderskei drie stadiums in die skoolloopbaan: "Poll-Parrot stage (grammar)" wanneer dinge van buite ("by heart") geleer, reseptief aanvaar en gememoriseer word; "Pert stage (logic/dialectic)" wanneer inligting bevraagteken en soms teengespreek word; dus wanneer leerders begin om krities te besin; "Poetic stage (rhetoric)" wanneer leerders hulleself doeltreffend uitdruk en poog om onafhanklik standpunt in te neem, bv ingevolge waardering en kritiek. Op hierdie vlak is kreatiwiteit en sintese (bv "the inter-relations of all knowledge") moontlik. Sayers het gedink die "mistress-science" teologie kan op die hoogste vlak, dus metafisies, sintese moontlik maak. Die genoemde drie stadiums hang saam met ouderdom: grammatika 9 tot 11 jaar, logika/dialektiek 12 tot 14 jaar; retoriek 14 tot 16 jaar. Daarna volg die quadrivium.
'n Onlangse weergawe van Sayers se denke is te vinde in Martin Robinson se boek, Trivium 21c: Preparing young people for the future with lessons from the past (London: Independent Thinking Press, 2013, 290p; Amazon Kindle $19.99). Die veld wat ek in my bostaande teks gedek het, is egter eerder op die universiteit as die skool toegespits. Miriam Joseph (gebore Agnes Lenore Rauh, 1898-1982) doen dit ook in haar boek, The Trivium: The liberal arts of logic, grammar, and rhetoric (Philadelphia: Paul Dry Books, 1937/2002, 306p; Amazon Kindle $9.94). Daar is 'n verdere newetitel: "Understanding the nature and function of language." Baie van wat ek geskryf het, is ook in haar teks, maar ek het die trivium in 'n breër en hopelik duideliker konteks probeer plaas. Sy skryf oor die trivium as "tools to perfect the mind" (bv Kindle 58; ook 130), terwyl onderrig die gees hoogstens kan verbeter.
Joseph was as dosent aan die Katolieke Saint Mary's College in South Bend, Indiana, verbonde. Sy is naas Aristoteles en sy spreekbuis Thomas van Aquino, deur die Franse Katolieke filosoof Jacques Maritain (1882-1973) beïnvloed; ook deur Porphyry (232-305) wat probeer het om die wysbegeerte van Plato en Aristoteles te versoen. Wat letterkunde betref, word die invloed van veral Shakespeare se werk (die onderwerp van Joseph se doktorale proefskrif) in die teks weerspieël. Byvoorbeeld, hierdie pragtige geval van omkering ("obversion") word aangehaal: "I have no hope that he's undrowned" (82).
Die kern van Joseph se boek word soos volg deur die redaktrise, Marguerite McGlinn, saamgevat: "The Trivium teaches us that language evolves from the very nature of being human. Because we are rational, we think; because we are social, we interact with other people; because we are corporeal, we use a physical medium. We invent symbols to express the range of practical, theoretical, and poetical experiences that make up our existence. Words allow us to leave a legacy of our experience to delight and to educate those who follow us. Because we use language, we engage in a dialogue with the past and the future" (65).
Die hoofklem in die boek is op grammatika. Daarna volg heelwat inligting oor logika, bv Aristoteles se vier soorte oorsaaklikheid: "material, formal, efficient, final" (7104). 'n Toepassing van Morton se vurk, "The accused is guilty no matter how the dilemma is resolved" (7017), het tans aktuele politieke relevansie in Suid-Afrika. Minder inligting as oor logika word oor retoriek verskaf. Daar word bv na Aristoteles se ses elemente van poëtika/"imitation" verwys; bv in die geval van 'n drama: "(1) plot, (2) characters, (3) the thought of the characters, (4) diction or style, (5) music, (6) spectacle (production in the theatre, scene, costumes" (5688).
McGlinn: "Aristotle's theories of language and literature underlie this work. His ten categories of being [substance, quantity, quality, relation, action, passion, when, where, posture, habiliment] provide a central focus. Words are categorized by their relationship to being and to each other. When a speaker or writer uses a word, thus assigning it a particular meaning, it becomes a term and enters the realm of logic. Aristotle's categories enable us to translate the linguistic simbol into a logical entity ready to take its place in a proposition. From propositions, the reader moves to syllogisms, enthymemes, sorites, formal fallacies, and material fallacies" (70).
Joseph: "The utilitarian or servile arts enable one to be a servant - of another person, of the state, or a corporation, or of a business - and to earn a living. The liberal arts, in contrast, teach one how to live; they train the faculties and bring them to perfection; they enable a person to rise above his material environment to live an intellectual, a rational, and therefore a free life in gaining truth" (130, 201).
Dit is duidelik dat Joseph se teks oor dekades (1935-1965) van klasgee tot stand gekom het. Die verpligte trivium is aan St Mary's College ingestel nadat Mortimer Adler (1902-2001) daar 'n lesing gelewer het. Hy is een van die grondleggers van die Great Books Program, 'n ander manier om min of meer dieselfde resultate as met die trivium te behaal. Deesdae word Adler se idees glad te maklik negatief gestereotipeer met die opmerking dat daardie aanbevole boeke dié van dooie, wit, Westerse mans is.
Weens praktiese redes (of onkunde) vat Joseph dikwels op 'n misleidende manier kortpad oor wysgerige probleme wat sedert die klassieke en Middeleeuse tyd anders en dikwels beter aangespreek is. In die voetnote het die filosoof Todd Moody sommige opmerkings probeer verduidelik of regstel. Wat Joseph se teks tuisbring, is dat dit uiters moeilik is om so 'n kursus doeltreffend en (ten spyte van al die aanhalings uit baie bronne) interessant op naskoolse vlak aan te bied, om van skoolvlak nie te praat nie.
Daar is 'n vinnig groter wordende literatuur oor die universiteit wat koers verloor het. Ek noem twee boeke wat deur twee van Amerika se voorste universiteite gepubliseer is: Anthony T Kronman, Education's End: Why our colleges and universities have given up on the meaning of life (Yale University Press, 2007, 320p, Amazon Kindle $10.59), en Victor E Ferrall, Liberal Arts at the Brink (Harvard University Press, 2011, 304p, Amazon Kindle $17.12). Lees gerus ook Susan Wise Bauer se verdienstelike boeke, wat 'n ietwat ander oriëntasie het: The Well-Educated Mind: A guide to the classical education you never had (New York: Norton, 2003, 432p; Amazon Kindle $18.17), vir selfonderrig deur volwassenes, en The Well-Trained Mind: A guide to classical education at home (New York: Norton, 3rd ed, 2009, 864p; Amazon Kindle $21.99), vir leiding by kinders se tuisonderrig.
Wat met die vrye kunste beoog word, is in beginsel prysenswaardig. Daar is universiteite en skole wat elemente van veral die trivium probeer terugbring. Dit kan as teenhanger dien vir die spesialisasie wat dikwels glad te vroeg in 'n leergang (hetsy skool of universiteit) plaasvind. Aan die nuwe universiteite in Kimberley en Nelspruit gaan, ten minste aanvanklik, net gespesialiseerde kursusse aangebied word. Só seker ook aan die polisie-universiteit wat ook aan die begin van hierdie jaar in die Paarl geopen het. As teenhanger vir spesialisasie sou hierdie drie instansies ideaal vir die instelling van 'n neo-trivium wees. As dosente is uiters gesofistikeerde en innoverende akademici egter nodig. As die skoolstelsel vrot is, is dit uiters belangrik dat daar op universiteitsvlak aandag aan die algemene vorming ('n neo-trivium) van die student gegee word voordat gespesialiseerde studie onderneem word. As dit nie gedoen word nie, kan die graduandi die spreekwoordelike geleerde barbare wees.
Johannes Comestor


Kommentaar
Comestor,
Hoe liberaal is dit om van barbare te praat en hoekom beskerm Comestor se liberale opvoeding hom nie van daardie paradoks nie?
In die akademie is "geleerde barbare" 'n geykte frase wanneer na graduandi verwys word wat sonder afdoende algemene geestelike vorming gespesialiseerde kennis opgedoen het. Dit verwys nie na 'n bepaalde etniese groep of land nie. Dit is myns insiens misplaas om hieroor in die naam van politieke korrektheid sensitief te wees.
Johannes Comestor
Hello,
Blykbaar wou Wouter Joseph se boek aankoop om te kontroleer/kritiseer wat ek geskryf het. Hy het amper die boek gelees en drie keer kommentaar gelewer. Die boek is glo nie wat hy gedink het dit sou wees nie, terwyl ek uitdruklik genoem het dat ek die trivium in 'n wyer konteks as Joseph geplaas het.
Goed, volgende keer skryf ek weer oor Albert Camus, maar ek voorspel dat Wouter weer eerder sal kritiseer as om 'n boek van 848 bladsye te lees.
Johannes Comestor
Comestor,
Is jy lig geraak? Die boek het gelyk asof dit die moeite werd kan wees. Dit is hoe persone nuwe boeke vind. 'n Persoon verwys na 'n boek en dit word opgevolg. Hoeveel boeke het ek al nie gaan opsoek omdat Bill Gates dit bespreek het nie, daar 'n goeie bespreking in 'n publikasie was of van my vriende dit aanbeveel het nie, en dan is jy weer dikbek. Die aspek aangespreek was toe minimaal en is dit heel eerder 'n handboek as 'n filosofiese studie.
Daar kon dus veel eerder op die "The Cambridge History of Later Medieval Philosophy: From the Rediscovery of Aristotle to the Disintegration of Scholasticism, 1100-1600" geput word om daardie aspek te ondersoek en beplan ek om die aspek wat dit aanspreek te plaas.
Wat jy egter vermy en nie aanspreek nie, is die alewige probleme wat jy met "barbare" het.
Dit bly ironies dat jy jou uithou vir so 'n fyn besnaarde mens en dan sonder aarseling links en regs mense as barbaars uitkryt in kontras tot die studie "van die beste van wat gedink en geskryf is", 'n persoon sou kon vorm, maar die het nog nie deur gedring tot jou nie.
Daar word voorspel dat die Bruce Bawer waarmee jy vorendag gaan kom, "The Victims' Revolution: The Rise of Identity Studies and the Closing of the Liberal Mind", gaan wees, gegewe jou "ewewigtigheid" wat die liberalisme en diversiteit as 'n euwel sien.
In totale kontradiksie tot die persoon wat jy verlang moet ontwikkel volgens jou voorskrifte.
Daarom is dit te dik vir 'n daalder dat jy die kampvegter hiervoor is, terwyl jou griffels hier, nie so 'n persoon openbaar nie.
Dit kan jy nie sien nie.
Ek is nuuskierig met wat jy nou weer vorendag gaan kom wat Albert Camus betref, synde dat elke skrywer instaan as 'n verwoording van jou eie ideologie. Hoe arme Albert Camus nou sal bokspronge maak om Comestor se blik te verwoord.
Maar soos ek en jy weet, dit is 'n ou laai van jou.
Daar is nie 'n verruiming van die persoon nie, die doel van 'n liberale opvoeding, maar slegs die gewone buikspraak vir Comestor van die skrywer as slegs 'n handpop.
Ook is nog nie nader aan die oplossing vir die onderwys hier nie.
Wouter
(Het oom gesien drie verskillende aspekte is aangespreek).
Barbarisme - die platvloersheid van jou kant af.
"Humanities" wat nie 'n waarborg is vir die verbetering van die mens nie.
En hoe jy tekort skiet aan die ideaal wat jy propageer en in die PRAAG mentaliteit vashaak.
Hello Comestor,
Die verwagting volgens jou waarskuwing oor Camus, is dat 'n boek van 848 bladsye gaan wees. Dan kan dit net Albert Camus: A Biography [Kindle Edition] Herbert R. Lottman (Author) wees: Length: 848 pages
Dit behoort in order te wees indien jy die boek toelaat om na vore te kom en die boek self te laat praat.
Indien jou preci dit sal toelaat.
Aangesien Camus nou weer 'n onderwerp van bespreking is, dan die volgende wat ek gelees het terwyl ek op vakansie was gedurende Januarie en het ek aan jou gedink. Eerstens dat jy hierdie boek vir jou moet aanskaf en dan weens die bespreking oor Albert Camus en die haat wat Camus vir ideologie gehad het en die banale manier waarvolgens jy Camus gebruik het om 'n beeld van Suid-Afrika te skets. So voorspelbaar dat dit nou nog die vraag laat, hoekom het jy Camus daarvoor nodig gehad.
In dit wat volg is VICTOR BROMBERT, Henry Putnam University Professor Emeritus of Romance and Comparative Literatures at Princeton University, aan die woord uit die boek getiteld, "Musings on Mortality: From Tolstoy to Primo Levi (Victor Brombert)"
- Highlight Loc. 41-1600 | Added on Thursday, February 06, 2014, 05:56 PM
==========
In one’s eighties it is perhaps normal to scan the daily obituaries, take note of the average age of the departed, and dream of delaying tactics. The theme of death stood for me in a special relation to literature. Literary musings on mortality had of course their romantic side: the dreamy evocation of cemeteries and ruins, the yearning for a return, the nostalgia or Sehnsucht for eternal rest so eloquently expressed in Hymns to the Night by the German poet Novalis. Such notions of death as a poetic principle of life did not altogether appeal to me. But, as I prepared for teaching a literature belonging largely to the past, I came increasingly to view my teachers and myself as engaged in giving a voice to the dead.I chose these eight authors keeping in mind the comparative nature of the subject and the variety of perspectives their writings might yield. Some dealt in spiritual or physical terms with the death of an individual (Tolstoy’s Ivan Ilych, Thomas Mann’s Aschenbach—though the latter case also involves the symbolic terminal disease of an entire city); others meditated on the death of a collectivity (Giorgio Bassani’s Ferrara Jews), the demise of a whole culture or even civilization (Primo Levi’s depiction of Auschwitz, Albert Camus’s allegorical plague that threatens, in a spiritually suicidal manner, the survival of humane and humanistic values). And there are those—Kafka, Virginia Woolf, J. M. Coetzee—who in addition to some of these topics mused on the darker zones of connivance between literature and death.
==========
Chapter 5 Albert Camus: The Endless Defeat
Those remaining see their own condition in that of their fellows. PASCAL
In The Plague (1947), even before the first dead rats are discovered and the epidemic begins to spread, the city of Oran—a symbol of any city, according to the narrator—is seen as a dead city. Birdless, treeless, soulless, it turns its back on the life-giving sea. Its inhabitants go about their daily business in a spiritual void.
But, once the plague has retreated and the inhabitants, in a hurry to forget and even deny what has occurred, return to their daily routines, the narrating voice of the doctor-witness, who has been at the center of the struggle against the pestilence, gives warning that the deadly bacillus has only gone underground, that illness and death cannot be permanently defeated, and that dying rats may at any time once again invade the city. Images of open eyes continue throughout his work to symbolize a lucidity he wishes to maintain up until the last moment in order to look at his end with all his mad passion for life and all his horror of death.
For human truth lies in accepting death without hope. Real courage means never to cheat.
That double lesson is at the core of Camus’s major novel, The Plague. The treeless, soulless city of Oran—it is later described as a necropolis—is also a city of lies. When the pestilence strikes and rats and people begin to die in the street, the first reaction is one of disbelief and denial. It can’t happen here—that is the common response, despite the evidence that indeed it can and does happen. In this respect, the inhabitants of Oran, content to live in false security, are no different from the inhabitants of any city at any time.
The horrors of the epidemic—the inguinal fevers, the inflamed buboes, the dreadful agonies, the piles of corpses, the smell of death—should press home a lesson in reality. Yet the dread of the word plague is almost greater than the dread of the disease. The authorities find all manner of paraphrases, circumlocutions, and evasive euphemisms to avoid as long as possible having to face the truth. Rhetorical dishonesty under similar circumstances has been denounced in literature before. Alessandro Manzoni’s descriptions, in The Betrothed (I promessi sposi, 1825–27), of the seventeenth-century Milan plague begin with the authorities’ use of fraudulent language (trufferie di parole) to hide the truth from themselves and to deceive the population.
Collective suffering, collective imprisonment, and collective death inform The Plague’s many literary allusions, beginning with the epigraph, a quotation from Daniel Defoe, the author of A Journal of the Plague Year (1722), and extending to La Fontaine’s fable about the animals stricken with the plague, Pascal’s famous image of the human condition as that of enchained human beings waiting to be slaughtered in full view of the others, and of course Kafka’s penal colony.
Similarly, Caligula features a syllogism echoing the syllogism Ivan Ilych recalls from his schools days: “Caius is a man, men are mortal, therefore Caius is mortal,” though Caligula’s version, less reassuringly scholastic, is in fact closer to Kafka than to Tolstoy, bringing to mind the credo of Kafka’s Commandant: “One dies because one is guilty. One is guilty because one is Caligula’s subject.”16 No one is spared.
Camus explained in a letter to Roland Barthes that he intended The Plague to function at a variety of levels. These levels of meaning (or portées, as Camus put it) can be identified as the realistic, the pathological, the sociopolitical, the ethical (the city as a spiritual wasteland), the antimetaphysical (the discrediting of all religious consolation), and the antiheroic as a new form of courage.
It is less obvious how these levels of meaning are related to one another, unless one also takes into account the allegorical dimensions of the novel.
In a letter to Roland Barthes, who had reproached him for having written an ahistorical work, or more precisely a work resting on anti historical values, Camus pointed out that in its substance The Plague refers to the struggle (he uses the word résistance) against Nazism.
Allusions to the days of the Occupation are almost too transparent: confinement, state of siege, separation from beloved ones, rationing of food, frantic radio contact with the outside world, resistance to the enemy scourge in the form of voluntary groups willing to risk their lives as “sanitary teams.”
The allegorical thrust of the novel extends to the Holocaust: trams carrying corpses to the crematoria situated east of the city; an improvised concentration camp in a large stadium clearly alluding to the infamous Vel’d’Hiv in Paris, where Jews, including children, were herded in deplorable conditions before being conveyed in cattle cars to the Lager of Eastern Europe; and finally even the willful denial of the horrible events.
Plain mass murder, to extermination by scientific methods, to the specifics of the ovens in the extermination camps—linking these allusions to Pascal’s dispiriting terminal image about the human condition (“the rest . . . waited their turn”).
The artist in Camus was periodically worried. Was he not too intent on getting a message across?
“The Plague is a pamphlet,” he observes almost apologetically in one of his notebooks.20 This self-critical comment concerns, one supposes, neither the texture nor the allegorical construct of the novel but rather its underlying meaning or lessons.
The symbolic choice of a medical practitioner as narrator and central protagonist committed to the struggle against disease and death implies a more general exhortation. For disease and death can never be vanquished. There can only be temporary victories, or, as one of the characters puts it, “a never ending defeat.”
But this endlessness is in itself a reason for not giving up the struggle. The microbe is with us; we cannot be remiss in our vigilance. There can be no armistice in the war against suffering. But, if the microbe is with us, so is the beauty of this world, which urges us in our fragility to pursue even the bitterest of joys.
Camus hits on the telling formula: “l’exigence généreuse du bonheur” (the generous demand for happiness).
Camus refers to The Plague as a pamphlet. “Le médecin, ennemi de Dieu” (the physician, enemy of God), he jots down aphoristically.
The reason: he struggles against death and against the God of death and suffering. Death remains the central scandal. And the agony of a child remains the emblematic horror: “I shall refuse until my dying day to love this creation in which children are tortured.”
Ideology, in Camus’s view, is the lethal microbe, and ideology was especially virulent in the 1940s and 1950s.
Camus insists on the incompatibility of love and political violence. In contrast to Stepan, the radical archterrorist willing to blow up even children, Kalyaev (a real historical figure) abhors the ideology of death and objects to any notion of moral purity founded on destruction.
The fanaticism of moral purpose and incorruptibility, Camus never ceased maintaining, leads necessarily to the guillotine: “Qui est vertueux doit couper les têtes” (whoever sits in virtuous judgment ends up chopping off heads), he wrote in June 1959, at the height of the Algerian war.
Camus over half a century after the heyday of Marxism and existentialism reveals more than ever the profound difference between him and the Parisian intellectuals of that time and Camus’s family background casts light on his resistance to any form of ideological intransigence.
The poison of ideological absolutes is the subject of one of Camus’s most remarkable stories, “The Confused Mind” (“L’esprit confus”), which appeared in the literary journal La nouvelle nouvelle revue française in 1956 and was republished a year later under the title “Le Renégat” in Exile and the Kingdom (L’exil et le royaume).
It is the story of a student in a theological seminary who sets out for an allegorical City of Salt deep inside Africa to convert a savage tribe to the truth of his faith. Beaten, tortured, and mutilated, it is he who is converted to savagery and who soon accepts violence as the only truth.
The missionary is converted by the very fetish he set out to destroy.
The allegorical meaning of the story is clear enough. In his obsessive quest for some absolute, the missionary becomes the servile accomplice of his tormentors. He is a sick prophet, filled with self-hatred, and given to self-negation and self-destruction.
His allegorical identity can be defined even more precisely.
He is the modern intellectual espousing totalitarian values, seeking tyranny in order to submit to it.
No problem seems to have alarmed Camus more than this temptation of the absolute and the submissiveness of ideologues to values that declared war on the thinker and his thought.
Ideology was a form of death. In his reflections on death in all its forms, in his love of lost causes and desire to stand between victims and executioners, he seems indeed to espouse ahistorical values.
He may not have any inclination to believe in the afterlife or entertain any hope of defeating death. Yet ultimately his musings on mortality lead him to a notion of transcendence.
Waar sal die dag wees, wat jy 'n aanval teen die euwel van ideologie publiseer, en moes dit moontlik gewees het synde jou sertifikaat in Frans.
Baie dankie
Wouter
Moet asseblief net nooit alleen voel met die "slim" karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" se siek gehekel waarin soveel betekenisvolle bydraes ontsier word nie Johannes ...