Middernagstories (Deel II)

  • 1

Hier is nóg vyf stories net vir middernag … Of, hierdie keer, vir net ná middernag. Lees, want die tyd stap aan en die deure maak oop …

I
Dit was maklik om vir haar ‘n kind te maak toe die dokters vir haar sê hulle kan nie. Al wat sy nodig gehad het, was ‘n bak vol ledemate en ‘n brein.

II
Hy het sy ooglede stadig in die donker geknip. Die skêr was stomp, en dit het lank gevat.

III
“Spoke kom net in die aand uit, jy hoef nie bang te wees nie,” verseker sy die meisie in die hospitaalbed langs haar. Daar kom geen antwoord nie, want die bed is alreeds leeg.

IV
Die lampskerm was met my pa se eie hande gemaak. Sy vingernaels is nog vas daaraan.

V
Die nagmaalwyn het vreemd gesmaak. Almal in die gemeente is weggeraap, behalwe die ou man aan die buitewyke van die dorp. Hy het nie in God geglo nie.

Lees ook Middernagstories (Deel I)

 

  • 1

Kommentaar

  • Hier is nóg vyf stories net vir middernag … Of, hierdie keer, vir net ná middernag. Lees, want die tyd stap aan en die deure maak oop …

    I
    Dit was maklik om vir haar ‘n kind te maak toe die dokters vir haar sê hulle kan nie. Al wat sy nodig gehad het, was ‘n bak vol ledemate en ‘n brein.

    II
    Hy het sy ooglede stadig in die donker geknip. Die skêr was stomp, en dit het lank gevat.

    III
    “Spoke kom net in die aand uit, jy hoef nie bang te wees nie,” verseker sy die meisie in die hospitaalbed langs haar. Daar kom geen antwoord nie, want die bed is alreeds leeg.

    IV
    Die lampskerm was met my pa se eie hande gemaak. Sy vingernaels is nog vas daaraan.

    V
    Die nagmaalwyn het vreemd gesmaak. Almal in die gemeente is weggeraap, behalwe die ou man aan die buitewyke van die dorp. Hy het nie in God geglo nie.

    Lees ook Middernagstories (Deel I)

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top