Maandag

  • 0

Maandag

jy fladder bo my begrip
van konsep na prinsiep
moerse indrukwekkend
los my leeg
tekenloos
as die maan skyn
huil ek saam met die stedelike wolwe
snuif jou literêre spoor
die drupsels van jou digitale ink
snuffel jou uit tussen die plat letters
van my slimfoon se raakskerm
ek voel dom
my tong knoop
vingers verstar
ore doof
isoleer my tot ek naderhand
net jou gedagtes
beproe(f)

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top