LitNet Akademies: Produksiebestuurder

  • 0

LitNet benodig ’n persoon met ’n belangstelling in:

  • Afrikaanstalige navorsing
  • die dryf van gesprekke rondom akademiese en aktuele sake en
  • die benutting van nuwe tegnologie binne ’n akademiese en aanlyn-omgewing

Die suksesvolle aansoeker sal as produksiebestuurder van LitNet se geakkrediteerde aanlynjoernaal, LitNet Akademies, optree en so gou moontlik by die LitNet-span aansluit.

Hierdie pos bied ’n uitmuntende geleentheid vir ’n jong, ontwikkelende akademikus wat insig en ervaring wil kry op die gebied van die generering, bestuur en administrasie van navorsing, of vir ’n meer gevestigde persoon wat ervaring met nuwe inisiatiewe wil kombineer.

Daaglikse take sal onder meer die volgende behels:

  • Koördinering van alle aspekte rakende LitNet Akademies onder leiding van die redaksionele bestuurder en die hoofredakteur: LitNet Akademies
  • Bestuurskakeling (LitNet, LitNet Akademies-redaksie en Adviesraad)
  • Korrespondensie met navorsers, keurders, borge, die media, ens.
  • Finansiële administrasie
  • Koördinering van aanlynseminare, onderhoude en ander materiaal rakende  LitNet Akademies
  • Bemarking van LitNet Akademies op alle LitNet-platforms
  • Opstel van kwartaallikse en ander verslae
  • Byhou van verskillende produksielyste
  • Byhou en uitbreiding van databasisse
  • Voorbereiding van artikels vir portuurbeoordeling volgens die stylriglyne
  • Laai van artikels op LitNet en formatering van tydskrifuitgawes (PDF-formaat)
  • Inisiëring en koördinering van nuwe LitNet Akademies-projekte, wat tegnologiese innovasie sal insluit
  • Organisasie van sosiale geleenthede vir LitNet Akademies
  • Aanverwante pligte.

’n Gesonde akademiese oordeelsvermoë wat tot intelligente redaksionele besluite in samewerking met die hoofredaksie sal lei, sal in ’n kandidaat se guns tel.

Rekenaarvaardigheid en uitstekende Afrikaanse taalvermoë is noodsaaklik, asook ’n belangstelling in die aanlyn-omgewing.

Die pos is ’n kontrakpos van een jaar en werksure en vergoeding is onderhandelbaar. Die aansoeker sal vanuit die LitNet-kantoor in Dorpstraat, Stellenbosch, werk.

Stuur ’n CV en dekbrief aan Etienne van Heerden én Naomi Bruwer by onderskeidelik etiennev@mweb.co.za en naomibruwer@litnet.co.za of skakel Naomi by 021 886 5169 vir enige navrae.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir onderhoude in die tweede week van Januarie 2012. Aansoeke sluit op 9 Januarie 2012.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top