LAPA se Valiant Swart-weggee: Sonvanger

  • 0

Die eerste keer toe ek hierdie liedjie hoor, het daar so ‘n onverklaarbare hartseer en verlange in my opgewel. Die woorde het my werklik ontroer. Dit was asof die sanger sing van ‘n tyd wat was maar nie meer kon wees nie. Hy verlang na die verlede en hoop dat daar weer ‘n son vir hom sal skyn in die donker van sy huidige bestaan. Telkens as ek die lied hoor, veral as Valiant hom sing, dan verlang ek ook na dinge wat verby is, maar nie meer kan wees nie. Die liriek is pragtig en dis een van my gunsteling liedjies in my versameling.

Groetnis,

Susan Brits

Wat is jou gunsteling-liedjie van Valiant Swart en waarom? Stuur jou antwoord aan wen@litnet.co.za en staan ’n kans om ’n kopie van Trouens en terloops, ’n versameling van Valiant se gewildste rubrieke, met die komplimente van LAPA Uitgewers te wen. Klik hier vir nog besonderhede.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top