Die week in woorde
![]() |
| Peter Gabriel se album Scratch my Back |
In 2010 verbreek Peter Gabriel ’n lang stilte met sy eerste studio-album in agt jaar. Die album se titel is Scratch my back en bevat 12 snitte – almal cover-weergawes van ander bands se musiek. Blykbaar word ’n tweede album beplan: I'll scratch yours gaan na bewering Gabriel-covers bevat wat opgeneem is deur die bands wat hy op Scratch my back gecover het.
Hierdie wedersydse gerugkrappery maak my opgewonde. Dis altyd opwindend om te sien hoe mense dieselfde teks verskillend interpreteer, en hoe kruisbestuiwing met ander se werk jou eie pogings kan verryk. En in baie gevalle is die cover-weergawe nog ’n entjie cooler as die oorspronklike.
Ek is nie ’n musiekkenner nie, ek weet net ek is mal oor Scratch my back, en dat die vertalings wat ingestuur word vir ons vertaalkompetisie my weer daaraan laat dink het. Ek hoop dat dié van julle wat nog nie kans gehad het om Hughes, Plath of Ginsberg se rug te krap nie, die laaste week om so te maak sal benut. Mens weet nooit op watter manier hierdie bietjie vars invloed jou eie skryfrug terugkrap nie.
Met ander (se) woorde
Hier is ’n bietjie motivering van die man self:
“If you’re going to reinterpret something, then really do something. Nail your colours to the mast and say, ‘This is different, and it isn’t everybody’s cup of tea.’”

( Peter Gabriel, oor Scratch My Back. Bron: Wikipedia)
Voorgeskrewe luister- en kyk-stof
Poësie in die nuus
Joan Hambidge se jongste bundel, Lot se vrou, word volgende week in Kaapstad bekendgestel. Klik hier vir al die inligting.
René Bohnen se tweede bundel, in die niks al om, word volgende week by Skoobs in Monte Casino bekendgestel. Klik hier vir meer inligting.
Op my bedkassie
Alles wat ek op die oomblik lees, is herlees as voorbereiding vir die Woordfees, so dit gaan meer opwindend wees om dit dan eerder by musiek te hou. Op my bedkassie lê my nuwe iPhone (!!!!! en 🙂 🙂 🙂 ) en op my nuwe iPhone is twee albums wat nou al ouerig is, maar vir my nog splinternuut: Leonard Cohen se Old Ideas en Florence + The Machine se Ceremonials. Op die Cohen, wat verskeie knoppe in ’n wye area van die keel veroorsaak, is "Show me the place" en "Anyhow" tot dusver my gunstelinge. Florence se "All this and heaven too" veroorsaak twee strydende impulse:
1. om gedeeltes van die lirieke op my arms te laat tatoeëer
2. om baie vinnig en ver te gaan draf (ten spyte van die feit dat ek nog nooit vinnig kón draf nie, en nou ook ’n kniebesering opgedoen het van stadig en ver draf).Op my nuwe iPhone is daar ook ‘n klomp ou-ou gunstelinge van my, wat ek hier sal uithang soos wasgoed. Die amateur-psigoanaliste daar buite kan die lys gebruik om uit te werk wie ek waarlik is.
- ’n Custom-made break-up playlist wat net uit Alanis Morissette-liedjies bestaan – sy is ’n expert op die gebied. Ek reken sy breek minstens een maal per jaar met iemand op net om goeie liedjies daaroor te kan skryf. (Nagedagte – haar baba se naam is "Ever" – ek besluit nog of dit cool is of net die Kanadese antwoord op "Apple".)
- ’n Klomp albums en verskeie losloper-liedjies deur Regina Spektor.
- ’n Handvol Tom Waits-albums.
- Paul Simon se jongste, So Beautiful or So What, hand aan hand met Graceland en The Simon and Garfunkel Collection.
- Cee Lo Green se single "Fu*k you" – vir psigiese noodgevalle.
- Ella Fitzgerald se weergawes van Cole Porter-liedjies.
- King of Leon se Aha Shake Heartbreak – sodat ek minstens een maal per dag na "The Bucket" kan luister.
- 3 Bon Iver-albums – vir as dit so warm raak dat ek eerder graag wil koud kry.
Dis dalk eers genoeg vir nou. Besluit maar wat vir jou die luister werd klink. Of Google die lirieke en maak dit ’n leeslys. Veral Tom Waits en Leonard Cohen is die lees werd.
Wen
Hierdie week is jou laaste kans om in te skryf vir die vertaalkompetisie. Klik hier vir meer inligting. Die kompetisie sluit 29 Februarie.
Gedigte op LitNet
Volg hierdie skakel vir die nuwe gedigte wat vandeesweek op LitNet gepubliseer is.
Klik hier vir al die inskrywings in die vertaal-kompetisie.





Alles wat ek op die oomblik lees, is herlees as voorbereiding vir die Woordfees, so dit gaan meer opwindend wees om dit dan eerder by musiek te hou. Op my bedkassie lê my nuwe iPhone (!!!!! en 🙂 🙂 🙂 ) en op my nuwe iPhone is twee albums wat nou al ouerig is, maar vir my nog splinternuut: Leonard Cohen se Old Ideas en Florence + The Machine se Ceremonials. Op die Cohen, wat verskeie knoppe in ’n wye area van die keel veroorsaak, is "Show me the place" en "Anyhow" tot dusver my gunstelinge. Florence se "All this and heaven too" veroorsaak twee strydende impulse: