Kortlyste van die M-Net Toekennings 2013 weerspieël die betowering van Suid-Afrikaanse skryfkuns

  • 0

Innovering en waagmoed kenmerk die kortlyste van M-Net se Literêre Toekennings vir 2013. Gekies uit ’n totaal van 96 romans in al 11 amptelike tale, reflekteer die kortlys vir die M-Net Toekennings weer eens die betowering van Suid-Afrikaanse skryfkuns.

Kortlys Afrikatale:

Gambu, SJ Leqotjane (Een wat strewe) - Scorpion Uitgewers
Mathaba, Siphamandla Clement Intando Kamufi (Die wens van die oorledene) – Oxford University Press
Mngadi, Matthew Jabulani Bayeza Abanqobi (Die ware oorwinnaars kom nog) – Indwa Uitgewers
Mokae, Sabata-mpho Ga Ke Modisa (Ek is nie jou hoeder nie) Geko Uitgewers
Mtsweni, July Innocent Inzinto Zyaphenduka (Dinge is besig om te verander) – Pelmo Boek Uitgewer
Mphaphuli, N.M. Mbofho dza Malofha (Bande van bloed) – Scorpion Uitgewers

Kortlys Afrikaans:

Brink, A.P. Philida (Human & Rousseau)
Brynard, Karin Onse Vaders (Human & Rousseau)
Van der Vyver, Marita Die blou van onthou (Tafelberg)
Steinmair, Deborah Die neus (Human & Rousseau)
Winterbach, Ingrid Die aanspraak van lewende wesens (Human & Rousseau)

Kortlys Engels:

Barris, Ken Life Under Water (Kwela Boeke)
Coovadia, Imraan The Institute for Taxi Poetry (Umuzi)
Gordimer, Nadine No Time Like the Present (Pan Macmillan)
Morgan, Alistair The Land Within (Penguin Boeke)
Whyle, James The Book of War (Jacana Media)

"2013 was vir ons ’n rekordjaar met die voorlegging van romans in al 11 tale, iets wat lanklaas gebeur het. Om die kortlys te bepaal was geen maklike taak nie, gegewe die besonder sterk narratiewe in al die kategorieë. Desondanks het die keurders hulle uitstekend van hul taak gekwyt met die waardige nominasies vir vanjaar se kortlyste. 

’n Welkome verwikkeling by die toekennings hierdie jaar is die toevoeging van ’n nuwe kategorie vir ’Beste Debuutroman’. Ons glo dis belangrik om beginnerskrywers aan te moedig om hul stories te vertel in die taal van hul keuse," aldus Lani Lombard, Hoof van Publisiteit by M-Net.

’n Verdere verwikkeling in die Nguni en Sotho kategorieë word ook allerweë verwelkom.

In vorige jare is slegs een wenner gekies uit elk van hierdie kategorieë, maar vanaf hierdie jaar staan skrywers in al die tale (Xhosa én Zulu, Sotho, Sepedi, Setswana, siSwati en Ndebele elk ’n kans om R50 000 te wen. 

So word alle tale gelyk behandel, ’n unieke kenmerk van die M-Net Literêre Toekennings.

Die wenners sal aangekondig word tydens ’n toekenningsgeleentheid in Johannesburg op 20 September 2013.

Vir meer inligting oor die M-Net Literêre Toekennings, kontak gerus vir Neo Phele by (011) 686 6288 of neo.phele@mnet.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top