Kobus,
Jy moet tog jou briewe aanpas om dit meer leesbaar te maak, asseblief.
Jy moet byvoorbeeld nie voor elke dubbele negatief ("nie") 'n komma in druk nie. Oor die algemeen gebruik jy te veel kommas. Al die aanhalings uit en verwysings na Bybelversies is ook steurend, dit laat die teks minder vlot lees.
Groete,
Pieter van Crieff


Kommentaar
Dankie vir jou kommentaar, Pieter.
Ek gebruik juis kommas om die nodige poses aan te dui wanneer ek normaalweg langerige sinne gebruik. Meeste mense vind dit behulpsaam. Indien mens nie van kommas gebruik maak nie, is mense geneig om bloot heen te gly oor die teks en dan meer as gewoonlik irrelevante stellings oor die teksinhoud maak, omdat hulle nie behoorlik en sinvol lees en begrippe onderskei nie (dit is nou, soos in die geval van meeste agnostici, bo en behalwe dat hulle in ieder geval dikwels nie in staat is, nie).
Wat die aanhalings uit die Woord aanbetref, vind meeste mense dit glad nie steurend nie – meeste mense is gelowiges en heg baie waarde aan die Woord – maar inderdaad ook relevant en nuttig. Vir agnostici, egter, sal aanhalings uit die Woord altyd steurend wees. Trouens, omdat hulle is soos hulle is, vind hulle bykans alles wat ek skrywe, steurend ... en soos jy en algar anders nou al kon agterkom, skrywe ek nie om hulle te plesier nie – want dan sal ek die Woord moet verloën en daartoe is ek mos nie bereid, nie.
Sommige mense gebruik nie ’n dubbel nie, nie, maar ek verkies dit en die gebruik van die komma voor die tweede 'nie' is opsioneel.
Dalk is dit ook nuttig om in te sien dat ek nie poog om prosa of poësie te skrywe, nie.
Kobus de Klerk
,,,,Kobus, ek vind, nie jou bybel-vers-verwysings,, steurend, nie, net, gewoonlik irrelevant. Jy,, skryf, nie om ons, te plesier, nie,, maar ek, kraak myself elke, keer, as ek, iets van jou, lees.