Kobus de Klerk, sjalom

  • 45

Sjalom.

Vertrou die werf se staande sensasie en prediker, die berugte ou grote Kobus de Klerk om een of ander sensasionele en hol geryde onderwerp te "herbesoek", en die hel is weer los.

Nes ’n wafferse Satanskind, dring Kobus dringend en altyd daarop aan om op sonde voor die Troon van God te fokus.

Dis ondanks die liefde en genade wat juis in die Bybel vir ons geleer word naamlik; "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons medemens is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag (Openbaringe 12)"

Vir jare reeds veronderstel Kobus de Klerk in sy priesterheerskappy en drogma op die werf ’n soort farisese skrifgeleerdheid en intellektualisme bokant ’n persoonlike verhouding met ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Met sy parakundigheid aan’t hand, verskeur hy ander se bydraes in sy hartelose werfkerk met bespotlike verdraaiinge en geforseerde halwe waarhede - sy gewydheid - om "braakland te breek".

Kobus het geen saak waar ander hulself op hul lewensweg in die liefde en genade van GOD bevind nie.

 

In nog ’n klimaks elders, vloek Kobus die volgende aan my; "Kan jy (Cornelius) een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer (ek is seker hulle verag jou ook daarvoor) en selfs aanmoedig, terwyl jy die HERE se Naam gedurig oor jou vals lippe laat strooi ..."

Die teendeel is egter wel waar naamlik dat ek Kobus en sy huiskerkbende gereeld in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE vermaan.

Anders as Kobus se tipiese en bombastiese verwensing, is my berisping gewoonlik om eers die balk in eie oog te soek. Vandaar die ongelukkigheid dat Kobus van tyd tot tyd aan sy oneervolle dwalinge in die regte lewe moet herinner.

My gereelde vermaninge uit die Bybel (byvoorbeeld die hele Mattheüs 23), val Kobus natuurlik ook totaal verby. Hy beskou dit as die krasste denkbare en ergste persoonlike belediging; net omdat ek as mens in die hand van God hom nie aanstaan nie want hy word vanselfsprekend nie daarin geëer nie.

Kobus het egter wel ’n punt. Ek stel nie belang om enigeen se sonde, ook nie syne, ’n middelpunt te maak nie.

Die brandpunt in my bydraes op die werf is dat Jesus Christus ons almal se GOD is wat ’n regte mens vir ons geword het.

Ja, vir hierdie Goeie Nuus het menige hul lewe gegee.

Ek sal dit ook met groot vreugde en blydskap doen.

Daarom vervolg Kobus my vir jare reeds in sy egotiste waan met; "Jesus Christus is NIE ons Hemelse Vader nie".

Lees dus die res van Kobus se vloek in die Lig van my verkondiging van die Evangelie - die vervolg daarvan in Kobus se eie woorde; "... jy sien (Cornelius), ’n rugsteker soos jy is nêrens welkom nie - ook nie by die vyand, nie. Want as jy jou eie soort in die rug steek, soos jy met jou Godslasterlike druil in die Naam van die HERE gereeld doen, kan en sal jy hulle ook in die rug steek. Daarom is jou soort, altyd op- en indringers, en nêrens welkom, nie, omdat jy altyd ’n verskuilde self-dienende agenda het. Nie eens by jou kerk, waar jy jouself indring, nie, want as hulle moet weet wat jy werklik glo en kwytraak, en hoe jy hulle leerstellings doelbewus verdraai, sal hulle jou ook uitskop. Jy laat my dink aan die sataniste wat hulle by die kerke en op kerkrade inwurm om van binne af, vernietigingswerk te probeer doen... Maar die HERE sal julle dit vergeld!"

Kobus, ek vergewe jou.

 

 

Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe en in Sy liefde en genade gesond maak.

 

Namaste!
Cornelius

 

NS Ek skrop eintlik vir ’n onbepaalde tyd weer diep in die bos. Ek belowe egter sonder om te veel te onderneem, om so gereeld as moontlik ’n eier te kom lê. Moenie moed verloor as my nessie bietjie leeg begin raak nie. Kobus, en moet my asseblief nie teleurstel nie – ek sal beslis kom loer ...

 

  • 45

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Daar is nie eintlik iets nuuts om van jou te sê nie, want alles omtrent jou is mos al gesê en weereens raak jy net 'n spul snert kwyt. Jy kom weer met al die ou basislose bewerings - maar in die verlede het ons dit in besonderhede bespreek en is jy uitgewys vir die uiters lasterlike kwaksalwer, die religiesmous, die hutspotter wat op waansinnige wyse met die HERE omgaan en jy is as sulks uitgewys en dit is daarmee afgehandel, totdat jy herroep, wat jy nog nooit gedoen het, nie.

    Ly jy dalk, by al jou ander dinge, ook aan geheueverlies? Moet ek jou herinner aan jou gruwels? Besef jy nie dit is tot jou eie nadeel om dit weer aan die groot klok te kom hang, nie? Ek dink nie jy besef meer die implikasies van enigiets wat jy doen, nie.

    Jy moet eerder probeer eerlik wees en vir mense sê, vir die wat dit nog nie weet nie, wie en wat die 'jesus' is waarna jy verwys en waaraan jy die Woord van die ware HERE Jesus Christus wil toeken, saam met die ander pagan afgode se dinge, om mense daarmee om die bos te probeer lei. Maar eerlikheid is nie jou manier nie. Die skakels waar jou waansinnigheid en uiterste lasterlikheid kwytraak, asook 'n behoorlike verduideliking omtrent my geloof en die Woord se openbaring van die HERE Jesus Christus, is al 'n paar keer deur my geplaas. Instede dat ek nou alles weer hier herhaal, voorsien ek maar die skakel na my laaste brief daaroor, wat alreeds al die lasterlike snert wat jy kwytraak, behoorlik ondervang :

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=113181&cat_id=0 ;

    Boonop is jy heeltemal verward oor die aard en wese van God, terwyl jy ander, wie nie verward is nie, daaroor aanval. Hier is die brief waar daardie kwessie en nog meer ander kwessies omtrent jou in daardie verband, aangespreek word en bevat boonop skakels wat uitwys hoe jy die ergste Godslastering by agnostici komplimenteer:

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=107722&cause_id=1270 ;

    Sodat diegene wat nog hoegenaamd belangstel om te sien wat jy in jou verwaande waansin sê, self kan lees.

    Daarbenewens is daar ook nog die lasterlike manier hoe jy die Naam van die HERE misbruik om Hom te probeer gelykstel aan al die pagan gode wat deur heidene geskep is en waar jy die HERE as 'n mite bestempel. Daar is baie sulke voorbeelde uit jou donker, lasterlike siel: 

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=83100&cause_id=1270 1270 .

    Wil jy jouself nog verder verneder? Dit is verstommend dat jy dit net nie self kan besef nie.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, soos menigmaal aan jou uitgewys; net omdat jy dit vloek beteken nie jy is reg nie. Besin!

  • Die versamelde werke kom dan weer na vore: 
     
    Collage van waansin – Deel I; Collage van waansin – Deel II; Collage van waansin – Deel III; Collage van waansin -Deel IV; Collage van waansin (met die okkulte) – Deel V; en dan Collage van waansin (met die okkulte) – Deel VI. 
     
    (Alhoewel die skakels daarna nie werk nie). 
  • Cornelius,

    Ek skryf nie hierdie stuk enigsins om Kobus de Klerk te verdedig nie. Maar ter inligting van hoe ek, as aanspraakmaker daarop dat ek 'n Christen is, vir God, Sy Genade en Sy Woord verstaan. Dit dien ook nie as 'n les vir jou of enigiemand anders wat hulself as Christene sien nie, maar werp dalk lig op die onderwerp - al is dit dan net vir sommige mense wat dit lees (miskien selfs vir jou).

    Dit is so dat ons (ware Christene - en jy sal nou agterkom wat ware Christene is) uit Genade gered is - God se Genade - wat HY (en Hy alleen) as versoening bewerkstellig het deur Sy Seun, Jesus Christus ons Saligmaker se verdienste aan die kruis en Sy Opstanding daarna. Ek dink jy sal met my saamstem dat ons GEEN bydrae hiertoe gelewer nie. Deur God se vesoening te aanvaar, dus - Jesus Christus te erken as God se Seun en onself tot Hom te bekeer deur die Geloof wat die Heilige Gees in ons wek (onthou Geloof is ook 'n gawe van God), word ons gered. 

    Wat is dit wat ons kwalifiseer vir God se Genade Versoening deur Christus Jesus? Dit is ons bewuswording en erkentenis dat ons sondaars is! Ons het almal gesondig en vedien nie die Genade van God nie. Maar dit is juis deur God se onbegryplike Wysheid, Liefde en Genade (omdat Hy ons gemaak het en ons deur-en-deur ken), dat Hy geweet het dat ons gaan dit nie maak op ons eie nie! Hier kom dit dus tot die keuse wat ons maak - Jesus Christus staan by die deur en Hy klop - ons keuse is of ons daardie deur oopmaak of toe hou. (Soos ek elders gelees het - daar is net een handvatsel aan daardie deur - en dit sit aan die binnekant!) 

    Indien ons dan God se Genade en versoening aanvaar in Geloof,  is dan ook, nadat ons (as sondaars) tot bekering kom, dat ons die pad van Heiligmaking begin stap - al agter Jesus Christus aan deur die krag en ondersteuning van die Heilige Gees. Ons sien af van ons sondes en probeer om nie weer te sondig nie (al meer Hy - al minder ons). Hierin faal ons egter baie - maar weereens is God se genade genoeg - Hy vergewe ons weer-en-weer as ons ons sondes opreg in Jesus Christus bely. Hoe weet ons wat sonde is? Ons kry dit uit God se Woord. Dit is ook nie moeilik nie, God se Woord is juis geskryf dat ons as leke dit kan verstaan. Dit is dan ook op hierdie pad wat daar allerlei versoekings opkom waaroor ons dan keuses moet uitoefen. Die bose val ons, as ware Christene, dan ook gedurig aan. Die keuses wat ons dan ook (of behoort te) maak moet op ons Geloof gebasseer wees - ons meet dit aan die Woord van God, ons put wysheid en rigting daaruit en God praat met ons daaruit. Ja-ja, ek weet God se Woord gaan baie dieper as dit en ons delf dan ook dieper en dieper uit God se Woord soos wat ons op ons pad van Heiligmaking loop, verseker is dit so - ons groei so. Die pad van Heiligmaking is ook 'n pad van beproewings wat God juis tot ons voordeel gebruik - Hy louter en vorm ons - om meer en meer soos Sy Seun, Jesus Christus te word. 

    Ja, dit is ook verseker so dat Jesus Christus se verdienste (wat God aanvaar het) ons van ons sondes bevry het en dat ons nou tot die Vader (God) in verootmoediging kan nader, ons sondes bely en van ons sondes vergewe word - die sondes wat ons gedoen het en die sondes wat ons nog gaan doen. Daarmee bedoel ek nie dat ons eenvoudig in ons sondes kan volhard nie - (met die verskoning dat Jesus het mos nou vir ons sondes gesterf! so ons is mos nou almal OK!). Ons is Nie almal OK Nie. Ongelukkig leef baie mense in selfregverdiging - in 'n mindere of medere mate. Wat ek bedoel is dat baie mense sal, wanneer hul gewete hulle aankla, verskonings uitdink of uit die Woord aanhaal (en dan ook verdraaierig en verkeerdelik so) om hulself en hul optrede te regverdig. 

    God is Liefde! Dit weet al ons ware Christene maar al te goed - dankie tog daarvoor anders was ons lankal gedoem. Maar soms is dit nodig om ons onself herhinner dat God ook SOEWEREIN is. HY doen wat HY wil en HY maak NIE FOUTE NIE! Sy Besluite Staan Vas net soos Sy Woord! Daarom dat, waar God in Sy Woord aandui dat iets sonde is, IS DIT SONDE! en geen selfregverdiging (van watter aard ookal) gaan dit verander nie. Die Skepper moet NIE by die skepsel aanpas NIE! Die Woord van God moet NIE by die wereld aanpas NIE! Die skepsel MOET by God sy Skepper aanpas en die wereld MOET by die Woord van God aanpas - Dit Is Hoe Dit Werk! Punt. Die Woord van God is net so van toepassing vandag soos wat dit eeue al van toepassing is. Ek is daarvan oortuig dat dit juis die feit is dat die wereld weg van God en Sy Woord beweeg het en sy eie dwaasheid (wat mense tog so graag as wysheid en slimheid wil sien) gevolg het, dat die wereld in so 'n gemors is waarin dit is vandag. Goeie Goddelike beginsels in die huis is/word verruil vir wereldse dwase beginsels. Maar dit daar gelaat. 

    Ek dink jy sal met my saamstem - Jesus Christus het nie die wet (10 Gebooie) kom wegneem nie, Hy het dit juis betekenis kom gee! Wat is die betekenis - Liefde - Liefde vir God (in die Eerste plek) en liefde vir jou naaste - die 10 Gebooie gaan dus oor Liefde. Dus, waar daar in God se Woord geskrywe staan (as voorbeeld), "Jy mag nie steel nie" dan beteken dit Jy Mag Nie Steel Nie! Dit beteken nie - jy kan maar die potlood by die werk vat vir boetie in Graad 1 of die honger kindjie kan maar 'n broodjie steel by die bakery omdat hy regtig baie honger is, Nie! Net so ook met enige ander sonde wat in die Woord van God aangedui word. Ek weet nou gaan die ongelowiges met die wettiese reels in Livitikus voorendag kom - hulle verstaan eenvoudig net nie - soos wat Kobus de Klerk ook telke male al tereg uitgewys het. Dus gaan ek nie meer iets daaroor kwytraak nou nie - miskien op 'n ander geleentheid. 

    Waarby ek, na hierdie lang geskrewe, wil by uitkom is dit. Jesus Christus het ons kom leer wat Liefde is en hoe dit uitgeleef moet word. Maar baie is geneig om daar vas te haak - by Jesus se Liefde. Ons vergeet soms dat Jesus Christuis ook die Leeu van Juda genoem word en dat Hy, wanneer Hy weer kom, kom om te oordeel (Swaard met twee snykante). Hy kom Nie om "Cumba-ja" saam ons om die vuur te kom sing Nie. Ja-ja ons moet Sy Liefde uitleef - ons Mag dit nie vir onsself hou nie! Maar indien ons soos Jesus Christus wil Liefde uitleef - Beteken dit Nie 'n kwessie van "Live and let live" en "Jesus sal vergewe" Nie! Dit beteken (en dit is waar ek eintlik wil uitkom) dat ons uit Liefde mense wat ons sien wat op die verkeerde pad is of wat ons weet die verkeerde ding doen - MOET AANSPREEK. Ook moet ons oop wees om AANGESPREEK te word wanneer ons afdwaal. Dit is ons as ware Christene se verantwoordelikheid. Hoe weet ons dat ons reg aanspreek of aangespreek word - Weereens uit God se Woord - dit is die maatstaf! 

    Ons Kan Nie toelaat dat iemand wat sondig en daarvan Nie wil afsien Nie, nie die Waarheid Hoor nie. Net soos God die tugtig wat Hy liefhet, durf ons nie 'n blinde oog draai wanneer dit by sonde kom nie. Dit is Juis uit Liefde uit dat ons die persoon of pesone moet aanspreek. Ja-ja dit moet met nederigheid, sagmoedigheid en in liefde geskied - maar dit Moet gedoen word. Dit is dus daarom dat ek Nie met jou kan saamstem dat Kobus de Klerk "soos 'n wafferse satanskind" optree Nie, Inteendeel, met sy uiteensetting/s kom daar niks mee kort nie - dit is dienooreenkomstig die Woord van God en hoe ek dit verstaan (soos hierbo "kortliks" uiteengesit). Ek kan nie kommentaar lewer met watter sagmoedigheid en/of nederigheid hy skryf nie - maar hoe dan anders - hy spreek die sonde direk aan - soos ons almal behoort te doen. Hy draai nie doekies om as dit by sonde en God se eer kom nie - en absoluut tereg so. Ons is te geneig om alles net te aanvaar en mense net te veel te pamperlang met wat hulle wil hoor! 

    Jy kan nie iemand aanmoedig in hul sonde deur hulle te vertel "God verstaan" of "Jesus sal vergewe" indien jy nie die persoon reghelp en sy sonde uitwys vir wat dit is nie, naamlik Sonde! - maar dan ook terselfdertyd, die Ware Verlossing en Vergiffenis in Christus uit te wys en vir daardie persoon te bid in Geloof ook. Dit is Nie oordeel om iemand op die regte pad te help deur Woord verwante teregwysing nie! Dit is hoe dit werk, soos iemand eendag gese het - "Ons is in baie gevalle die enigste Bybel wat baie mense ooit sal lees". Maak dus die beste gebruik van elke geleentheid. Onthou - God laat nie met Hom spot nie - wat jy saai sal jy ook maai! 

    Ek dink ook een van die groot misverstande is dat ons soms verkeerdelik Vrede verstaan. Vrede gaan nie oor "Vrede bewaar" nie, dit gaan oor "Vrede MAAK! Die verskil? Vrede bewaar is waar ons nie mense wil aanspreek nie, omdat ons nie wil mense seermaak of kwaadmaak of wil "stir" nie of wat ook al nie wil nie. Vrede maak, daarinteen, is waar ons juis sonde aanpreek (ook om aangespreek te word indien nodig) om juis vrede tussen God en ons asook tussen ons en ons medemens te bewerkstellig - In ooreenstemming met God se Woord en Sy Liefde wat ons by Christus Jesus ons Here geleer het! 

    Ek hoop werklik dit maak vir jou (en ander) sin. Daarom sal ek nie Kobus de Klerk se uitwysing/s en teregwysing/s sien as duiwelsgeestes(?) nie. Beslis nie - inteendeel lees mooi wat hy skryf, toets dit aan God se Woord en dalk kan dit net bevrydend en self lewensreddend vir jou en andere wees. 

    Mag ons wat in Christus is en elkeen wat Hom werklik soek en liefhet - 'n Heilige Gees vervulde, Jesus Christus gefokusde en God gesentreerde lewe lei - tot SY eer en verheerliking alleen! 

    Vrede vir jou! 

    Dolf

  • Cornelius,

    Ek skryf nie hierdie stuk enigsins om Kobus de Klerk te verdedig nie. Maar ter inligting van hoe ek, as aanspraakmaker daarop dat ek 'n Christen is, vir God, Sy Genade en Sy Woord verstaan. Dit dien ook nie as 'n les vir jou of enigiemand anders wat hulself as Christene sien nie, maar werp dalk lig op die onderwerp - al is dit dan net vir sommige mense wat dit lees (miskien selfs vir jou).

    Dit is so dat ons (ware Christene - en jy sal nou agterkom wat ware Christene is) uit Genade gered is - God se Genade - wat HY (en Hy alleen) as versoening bewerkstellig het deur Sy Seun, Jesus Christus ons Saligmaker se verdienste aan die kruis en Sy Opstanding daarna. Ek dink jy sal met my saamstem dat ons GEEN bydrae hiertoe gelewer nie. Deur God se vesoening te aanvaar, dus - Jesus Christus te erken as God se Seun en onself tot Hom te bekeer deur die Geloof wat die Heilige Gees in ons wek (onthou Geloof is ook 'n gawe van God), word ons gered.

    Wat is dit wat ons kwalifiseer vir God se Genade Versoening deur Christus Jesus? Dit is ons bewuswording en erkentenis dat ons sondaars is! Ons het almal gesondig en vedien nie die Genade van God nie. Maar dit is juis deur God se onbegryplike Wysheid, Liefde en Genade (omdat Hy ons gemaak het en ons deur-en-deur ken), dat Hy geweet het dat ons gaan dit nie maak op ons eie nie! Hier kom dit dus tot die keuse wat ons maak - Jesus Christus staan by die deur en Hy klop - ons keuse is of ons daardie deur oopmaak of toe hou. (Soos ek elders gelees het - daar is net een handvatsel aan daardie deur - en dit sit aan die binnekant!)

    Indien ons dan God se Genade en versoening aanvaar in Geloof,  is dan ook, nadat ons (as sondaars) tot bekering kom, dat ons die pad van Heiligmaking begin stap - al agter Jesus Christus aan deur die krag en ondersteuning van die Heilige Gees. Ons sien af van ons sondes en probeer om nie weer te sondig nie (al meer Hy - al minder ons). Hierin faal ons egter baie - maar weereens is God se genade genoeg - Hy vergewe ons weer-en-weer as ons ons sondes opreg in Jesus Christus bely. Hoe weet ons wat sonde is? Ons kry dit uit God se Woord. Dit is ook nie moeilik nie, God se Woord is juis geskryf dat ons as leke dit kan verstaan. Dit is dan ook op hierdie pad wat daar allerlei versoekings opkom waaroor ons dan keuses moet uitoefen. Die bose val ons, as ware Christene, dan ook gedurig aan. Die keuses wat ons dan ook (of behoort te) maak moet op ons Geloof gebasseer wees - ons meet dit aan die Woord van God, ons put wysheid en rigting daaruit en God praat met ons daaruit. Ja-ja, ek weet God se Woord gaan baie dieper as dit en ons delf dan ook dieper en dieper uit God se Woord soos wat ons op ons pad van Heiligmaking loop, verseker is dit so - ons groei so. Die pad van Heiligmaking is ook 'n pad van beproewings wat God juis tot ons voordeel gebruik - Hy louter en vorm ons - om meer en meer soos Sy Seun, Jesus Christus te word.

    Ja, dit is ook verseker so dat Jesus Christus se verdienste (wat God aanvaar het) ons van ons sondes bevry het en dat ons nou tot die Vader (God) in verootmoediging kan nader, ons sondes bely en van ons sondes vergewe word - die sondes wat ons gedoen het en die sondes wat ons nog gaan doen. Daarmee bedoel ek nie dat ons eenvoudig in ons sondes kan volhard nie - (met die verskoning dat Jesus het mos nou vir ons sondes gesterf! so ons is mos nou almal OK!). Ons is Nie almal OK Nie. Ongelukkig leef baie mense in selfregverdiging - in 'n mindere of medere mate. Wat ek bedoel is dat baie mense sal, wanneer hul gewete hulle aankla, verskonings uitdink of uit die Woord aanhaal (en dan ook verdraaierig en verkeerdelik so) om hulself en hul optrede te regverdig.
     

    God is Liefde! Dit weet al ons ware Christene maar al te goed - dankie tog daarvoor anders was ons lankal gedoem. Maar soms is dit nodig om ons onself herhinner dat God ook SOEWEREIN is. HY doen wat HY wil en HY maak NIE FOUTE NIE! Sy Besluite Staan Vas net soos Sy Woord! Daarom dat, waar God in Sy Woord aandui dat iets sonde is, IS DIT SONDE! en geen selfregverdiging (van watter aard ookal) gaan dit verander nie. Die Skepper moet NIE by die skepsel aanpas NIE! Die Woord van God moet NIE by die wêreld aanpas NIE! Die skepsel MOET by God sy Skepper aanpas en die wereld MOET by die Woord van God aanpas - Dit Is Hoe Dit Werk! Punt. Die Woord van God is net so van toepassing vandag soos wat dit eeue al van toepassing is. Ek is daarvan oortuig dat dit juis die feit is dat die wereld weg van God en Sy Woord beweeg het en sy eie dwaasheid (wat mense tog so graag as wysheid en slimheid wil sien) gevolg het, dat die wêreld in so 'n gemors is waarin dit is vandag. Goeie Goddelike beginsels in die huis is/word verruil vir wêreldse dwase beginsels. Maar dit daar gelaat.
     

    Ek dink jy sal met my saamstem - Jesus Christus het nie die wet (10 Gebooie) kom wegneem nie, Hy het dit juis betekenis kom gee! Wat is die betekenis - Liefde - Liefde vir God (in die Eerste plek) en liefde vir jou naaste - die 10 Gebooie gaan dus oor Liefde. Dus, waar daar in God se Woord geskrywe staan (as voorbeeld), "Jy mag nie steel nie" dan beteken dit Jy Mag Nie Steel Nie! Dit beteken nie - jy kan maar die potlood by die werk vat vir boetie in Graad 1 of die honger kindjie kan maar 'n broodjie steel by die bakery omdat hy regtig baie honger is, Nie! Net so ook met enige ander sonde wat in die Woord van God aangedui word. Ek weet nou gaan die ongelowiges met die wettiese reels in Livitikus voorendag kom - hulle verstaan eenvoudig net nie - soos wat Kobus de Klerk ook telke male al tereg uitgewys het. Dus gaan ek nie meer iets daaroor kwytraak nou nie - miskien op 'n ander geleentheid.
     

    Waarby ek, na hierdie lang geskrewe, wil by uitkom is dit. Jesus Christus het ons kom leer wat Liefde is en hoe dit uitgeleef moet word. Maar baie is geneig om daar vas te haak - by Jesus se Liefde. Ons vergeet soms dat Jesus Christus ook die Leeu van Juda genoem word en dat Hy, wanneer Hy weer kom, kom om te oordeel (Swaard met twee snykante). Hy kom Nie om "Cumba-ja" saam ons om die vuur te kom sing Nie. Ja-ja ons moet Sy Liefde uitleef - ons Mag dit nie vir onsself hou nie! Maar indien ons soos Jesus Christus wil Liefde uitleef - Beteken dit Nie 'n kwessie van "Live and let live" en "Jesus sal vergewe" Nie! Dit beteken (en dit is waar ek eintlik wil uitkom) dat ons uit Liefde mense wat ons sien wat op die verkeerde pad is of wat ons weet die verkeerde ding doen - MOET AANSPREEK. Ook moet ons oop wees om AANGESPREEK te word wanneer ons afdwaal. Dit is ons as ware Christene se verantwoordelikheid. Hoe weet ons dat ons reg aanspreek of aangespreek word - Weereens uit God se Woord - dit is die maatstaf!

    Ons Kan Nie toelaat dat iemand wat sondig en daarvan Nie wil afsien Nie, nie die Waarheid Hoor nie. Net soos God die tugtig wat Hy liefhet, durf ons nie 'n blinde oog draai wanneer dit by sonde kom nie. Dit is Juis uit Liefde uit dat ons die persoon of pesone moet aanspreek. Ja-ja dit moet met nederigheid, sagmoedigheid en in liefde geskied - maar dit Moet gedoen word. Dit is dus daarom dat ek Nie met jou kan saamstem dat Kobus de Klerk "soos 'n wafferse satanskind" optree Nie, Inteendeel, met sy uiteensetting/s kom daar niks mee kort nie - dit is dienooreenkomstig die Woord van God en hoe ek dit verstaan (soos hierbo "kortliks" uiteengesit). Ek kan nie kommentaar lewer met watter sagmoedigheid en/of nederigheid hy skryf nie - maar hoe dan anders - hy spreek die sonde direk aan - soos ons almal behoort te doen. Hy draai nie doekies om as dit by sonde en God se eer kom nie - en absoluut tereg so. Ons is te geneig om alles net te aanvaar en mense net te veel te pamperlang met wat hulle wil hoor!
     

    Jy kan nie iemand aanmoedig in hul sonde deur hulle te vertel "God verstaan" of "Jesus sal vergewe" indien jy nie die persoon reghelp en sy sonde uitwys vir wat dit is nie, naamlik Sonde! - maar dan ook terselfdertyd, die Ware Verlossing en Vergiffenis in Christus uit te wys en vir daardie persoon te bid in Geloof ook. Dit is Nie oordeel om iemand op die regte pad te help deur Woord verwante teregwysing nie! Dit is hoe dit werk, soos iemand eendag gese het - "Ons is in baie gevalle die enigste Bybel wat baie mense ooit sal lees". Maak dus die beste gebruik van elke geleentheid. Onthou - God laat nie met Hom spot nie - wat jy saai sal jy ook maai!
     

    Ek dink ook een van die groot misverstande is dat ons soms verkeerdelik Vrede verstaan. Vrede gaan nie oor "Vrede bewaar" nie, dit gaan oor "Vrede MAAK! Die verskil? Vrede bewaar is waar ons nie mense wil aanspreek nie, omdat ons nie wil mense seermaak of kwaadmaak of wil "stir" nie of wat ook al nie wil nie. Vrede maak, daarinteen, is waar ons juis sonde aanpreek (ook om aangespreek te word indien nodig) om juis vrede tussen God en ons asook tussen ons en ons medemens te bewerkstellig. In ooreenstemming met God se Woord en Sy Liefde wat ons by Christus Jesus ons Here geleer het!
     

    Ek hoop werklik dit maak vir jou (en ander) sin. Daarom sal ek nie Kobus de Klerk se uitwysing/s en teregwysing/s sien as duiwelsgeestes(?) nie. Beslis nie - inteendeel lees mooi wat hy skryf, toets dit aan God se Woord en dalk kan dit net bevrydend en self lewensreddend vir jou en andere wees.
     

    Mag ons wat in Christus is en elkeen wat Hom werklik soek en liefhet - 'n Heilige Gees vervulde, Jesus Christus gefokusde en God gesentreerde lewe lei - tot SY eer en verheerliking alleen!
     

    Vrede vir jou!

  • Kobus de Klerk
  • Henry Oosthuizen

    Cornelius,

    Cornelius se bybel lees as volg: "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons medemens is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag (Openbaringe 12)" 

    Die ware Bybel lees as volg: Openbaring 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 

    Cornelius het sowaar die Woord gaan verdraai (verander). Daar is ’n reuse verskil tussen “medemens” en “broeders”. Die broeders waarvan Johannes in Open 12:10 praat is Wedergeboorte kinders van God, die losgekooptes deur Jesus Christus met Sy Bloed. Die broeders het Hom aanvaar as hul Verlosser en leef Christus in hulle en is hulle in Christus en is daar geen meer veroordeling vir hulle nie. Rom 8:1 

    Nou sê Cornelius se bybel: “medemens”. Wie is ons (broeders) se medemens? Almal, die res van die wêreld. Ateïste, homosexualiste, Hindus, Moslems, Jode, Vleestelike christene, ens ens. Dus is die laaste “onse God” in jou vers 10 nie die ware God nie, maar die god van die wêreld. Daar is dus veroordeling vir die wat nie in Christus is nie.

    Wat jy dus hierbo doen deur jou verdraaiing is om vir Kobus te beskuldig dat hy ’n Satanskind is wat gelowige kinders van God aankla dag en nag, en pas jy dit so toe om jouself en jou verkondiging te pas.

    Nee Cornelius dis nie reg nie, en maak dit jou hele verkondiging hierbo vals. 

    Groete

    Henry

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Baie dankie dat jy vir ons HERE, die Woord van God, so openlik en in detail in die bres tree, veral ook dat jy die wonderlike genade-voorreg wat dit vir ons as ware gelowiges en dienaars van die HERE is, en die voorreg om daaroor te kan getuig en met ander te kan deel, so duidelik betuig. Watter verfrissing is dit nie! Die HERE sal jou seën daarvoor - soos Hy belowe om te doen.

  • Kobus de Klerk

    Dankie vir jou ywer, Henry, om Cornelius se versinsels met sorg na te gaan en te ondersoek, en die resultaat ook uit te wys. Dit is bemoedigend om die ywer van mede gelowiges te bemerk, want die HERE inspireer ons daartoe.

    Cornelius se vergrype aan Gods Woord en Gods Naam, om sy eie doeleindes te dien en sy eie lasterlike versinsels waarvan ek al lankal praat en waarteen ek telkens waarsku, dat hy nie skroom om Gods Naam en Gods Woord te verdraai en te misbruik nie, word nou duidelik vir almal en so ook sy valsheid wat hy so bedryf asof dit reg is om so te doen.

    Hy is desperaat. Maar waarom? Is die HERE se Liefde en Genade dan nie vir hom genoeg nie? Dink hy dan werklik hy kan beter doen op sy eie, vir homself, met n god wat hy vir homself versin wat nie sy gemaksones sal versteur nie, ten koste van die Waarheid en die ware HERE? Besef hy dan werklik nie hoe hy sy eie ondergang bewerkstellig nie?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ek het drie verskillende Afrikaanse Bybelvertalings nagegaan.

    Openbaring 12:10 in die Ou Vertaling, verwys in vers 10 na “ons broeders”. Dit verwys na wedergebore gelowiges wie in Christus, die Nuwe Adam, broederskap het (sluit uiteraard ons susters mos ook in), net soos Henry verduidelik.

    Die 1983 Nuwe Vertaling, verwys in vers 10 na “ons medegelowiges”, wat dieselfde betekenis as “ons broeders”, het.

    Die heel nuutste vertaling, Die Bybel vir Almal, die mees ‘liberale’ Afrikaanse vertaling, as ons dit só kan noem, verwys in vers 10 na “die mense …wat saam met ons glo.” Ook dus betekenis ooreenkomstig “broeders” en “mede gelowiges”.

    Dit is duidelik dat, soos Henry hierbo uitgewys het, dat Cornelius die Woord verdraai en verander om sy versinsels te pas. ‘Medemens’, soos Cornelius dit na sý sin subtiel verander het, het heeltemal ’n ander betekenis en sluit selfs ongelowiges in. Dit is onwaarskynlik dat die satan ongelowiges sal verklae by die ware God, want hulle, só meen die duiwel, is mos dan reeds in sy kamp. Sou hy hulle verklae en God werk uit Sy genade met hulle, kom hulle straks tot bekering en verloor hy wat die satan is, sy ongelowige metgeselle wat hom in die ewigheid wat kom, in die ewige vuur moet geselskap hou en dit wil die satan sekerlik nie hê nie ... Dít sal die satan waarskynlik nie waag nie. Die satan kla eerder graag gelowiges by God aan, soos die Woord in Openbaring 12:10 bevestig, in die hoop dat hulle sal struikel en van God vervreemd raak - kyk maar na die agnostici - net soos hy met Job probeer doen, het. Maar, sy aanklagte is leuens, soos dit in die geval van Job óók was – want die satan is die vader van die leuen en bedrog en moord (Johannes 8:44). Sy klagtes teen gelowiges is ongegrond en lei tot beproewinge wat hulle geloof net versterk, soos in die geval van Job ook gebeur, het. Beproewing vir ’n gelowige, bring hom net nader aan God en maak hom al meer en meer weerbaar teen die aanslae van die satan, die duiwel en maak hom net meer en meer voorspoedig in sy verhouding met God, al neem dit tyd, want Jesus Christus die HERE, ons Middelaar, aan Wie ons as gelowiges behoort, getuig vir ons (Lukas 12:8-9).

    Maar soos Cornelius dit verdraai, probeer maak hy van God, ’n wêreldse god, sy eie versinsel afgod, net soos Henry dit verduidelik.

    En dit alles, om my te probeer bykom.

    Wat inspireer Cornelius om telkens die leuen te verkondig? Wie is die vader van die leuen?

    Cornelius se gruwelike werke is al lankal geopenbaar en word deesdae al meer en meer aan die kaak gestel. Die ergste van alles is dat Cornelius waarskynlik sal probeer regverdig (in sy eie oë) wat hy doen.

    Ek verwerp Cornelius se werke algar.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Dolf,

    Dankie vir jou kommentaar.

    Kobus de Klerk het egter self sy duiwelbesete rol as "breker" gekies. In direkte teenstelling tot Kobus se ruheid op die werf, staan daar geskrywe: 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop (lees gerus die hele Mattheüs hoofstuk 12).

    In ooreenstemming met die res van jou kommentaar, voeg ek die volgende by: Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie (uit Romeine 7).

    In teenstelling met Kobus de Klerk se vuur-en- swael-vervloekinge, deel ek ook die volgende: Mededienaars, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus (uit Galasiërs 6).

    Maar wat kan sagmoedig als beteken?

    Seker maar enigiets in 'n Kobus de K se koker.

    Dolf, ek het nie 'n idee hoe lank jy al belangstel op die werf nie, maar ek moet egter bely dat ek ook al in 'n mate afgestomp geraak het met al die gebroke harte deur die ou grote Kobus veroorsaak om my op die werf (let wel dat Kobus self na hom as 'n "ou grote" hier verwys).

    So het (ongelowige) Thomas dan ook die ou grote Kobus geloof vir sy ywer om goeie ateïste te maak.

    Die lys is eindeloos. Jy kan egter begin as jy wil by Kobus de Klerk se "gesaghebbende kaleidoskoop van waansin" in sy woernaal hierbo waarin hy my op sy gebruiklike manier tot groot vermaak van "Wouter Ferns" hoon. Die punt is egter dat byna al die aanhalings waarmee hy daarin spot uit die godsdiens van Kopte, Hellene, Roomses, Anglikane, Moslems, Hindoes, Jode, ... als behalwe Afrikaner Protestante ideologie kom.

    Kobus de Klerk het tans sy eie huiskerkstelsel in bedryf juis weens sy onvermoë om by ander in die samelewing te kan pas. Sy drogma is op haat, neerhaling en die onderdrukking van ander geskoei. Die Bybel (wet) in sy hande is soos 'n vuurwapen in die hand van enige ander soort boef. Dis nie die wet (wapen) wat die verwoesting meebring nie, dis die bose hart daaragter wat dit misbruik wat soveel hartseer veroorsaak.

    Ons is almal by verskillende mylpale. Op my weg het ek op menige bankie agter in 'n katedraal, tempel, sinagoge, moskee en kerk gaan sit. Oral het die aanbidding van my medemens tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper my nederig gelaat.

    Dit gaan nie oor dit wat ek kan begryp nie; GOD alleen is die middelpunt daarin.

    Ek kon nog altyd die Goeie Nuus in die liefde en genade van Jesus Christus ons God met my medemens deel. In elkeen se eie taal en kultuur kan ek deel dat Jesus Christus-, HaShem, Allah, Jumala, Brahman, !Kagen, Big Chief, ... of welke ander aanroep vir ons Almagtige Lewende Skepper is.

    Dolf, blaai maar self deur Kobus de Klerk se haat en minagting vir my uitdra van die Evangelie, en besluit dan of "duiwelsbesetene" dalk beter gepas is vir Kobus de Klerk.

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    "Henry", in Kobus se woernaal kort na joune, haal Kobus uit DRIE verskillende "ware Bybels" TWEE verskillende verwysings na "broeders" soos in jou "ware Bybel" aan ... daar mag dalk 'n honderd wees, maar wat ek ookal sou aanhaal, dit sal in jou blinde haat niks beteken nie - net omdat ek dit aanhaal ... so, wat is dan nou die punt? Is jou "ware Bybel" die enigste? Hoekom is jy so skaam vir jou uitdra van die Woord dat jy agter 'n skuilnaampie moet wegkruip?

  • CorneliusHenn

    Kobus, jy het DRIE verskillende Bybel Vertalings nagegaan.

    Jou alter-ego "Henry" se "ware Bybel" verwys nes jou een na "broeders". Die tweede na "medegelowiges". Die derde sogenaamde "liberale Bybel" na "die mense … wat saam met ons glo".

    Wat veronderstel jy daarmee; dat jou DRIE Afrikaanse Bybels die enigste is; dat DRIE Bybels genoeg is om jou punt te maak al sou die VIERDE die woord "medemens" gebruik; dat als wat jy uitbraak waar is? ...

    In 'n totale verdoeming voer jy met jou uitgebreide span aanklaers jul saak asof dit die mees bepalende is.

    "Cornelius word uitgewys" ... hel ou Kobus, jammer om jou teleur te stel ... nie dat dit jou en jou duiwels om jou ooit van stryk sal bring nie ... nee, ons wag maar op die Wederkoms daarvoor.

    Nietemin, vir my beteken naasteliefde liefde vir 'n medemens (ja, vir alle mense want so lief het GOD die hele wêreld gehad ...) In jul fundamentaliste se Bybels beteken naasteliefde net liefde vir jul "broeders" (ja, en met 'n bietjie vernieling daarvan sluit dit soms die "susters" in).

    Jy en "Henry" het egter duidelik min vir jul medemens oor - behalwe dat Satan darem die res buite jul boewebende nie volgens jul waansin sal aankla nie.

    Nee wat ou Kobus, waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit ... jy sal ander se werke wie jou nie eer nie altyd algar verwerp en so ongunstig moontlik in jou demoniese aanslag vertolk ...

    Ek vergewe jou nogmaals Kobus.

    Jou Amigo in Adam,

    Cornelius

    (O ja, ek het Openbaringe 12:10 uit 'n elektroniese weergawe van die Bybel aangehaal. Dis deel van 'n groot databasis verskillende Heilige Skrifte - onder meer 'n Afrikaanse Bybel. Dit het geen verdere beskrywing van die betrokke Afrikaanse Bybel nie. Ek het egter vrede met die woord medemens daarin aangesien Satan en sy trawante ook die Jode, Moslems, Hindoes, Katolieke en Boeddhiste aankla ... nes Kobus de Klerk en sy duiwelsgeestes bende reeds menigmaal gedoen het).

  • CorneliusHenn

    Woutie, ek verstaan jou opgewondenheid ... maar kan jy jou vriend "die ou grote Kobus" dalk aanmoedig om ook die bronne vir sy braak aan te dui? ... ek meen, of dien ou Kobus jou agenda genoegsaam om sommer so op sy eie as uiters gesaghebbend in sy gewaande "kaleidoskoop van waansin" te kwalifiseer? ...

  • Kobus de Klerk

    Jy het, soos te wagte, weereens jouself 'n geweldige onguns bewys met jou reaksies, Cornelius.

    Dit behoef geen hantering nie. Dit is werklik pateties.

    Maar ek sal wel een aanmerking in jou midde laat - jy is geen geknakte riet nie. 'n Geknakte riet, is 'n weerlose, misleide mens. Maar, jy is 'n moedswillige adder, wat doelbewus en geslepe gaan en leuens omtrent mens en God gaan verkondig, vir jare nou al. Na alles, jy kan nie aanspraak maak op onskuldige misleiding, soos 'n geknakte riet en 'n rokende lamppit, nie. Nee, jy roem lankal oor al die boeke op jou boekrak, en hoe jy al die religieë se kerke besoek en daar gaan luister en boonop het jy verskillende gelowiges wie voortdurend vir jou probeer reghelp - en jou reaksie is telkens verwerping en siedende aanvalle.

    Daardeur is jy al so verblind en afgestomp en insigloos, dat jy nie eens begryp wat Dolf vir jou aan die hart probeer bring, nie ... wat nog te sê, Henry.

    Nee, jy is 'n adder - en so uitgewys. Te veel male al. En tog verkies jy daardie weg. Die HERE Wie se Naam en Woord jy so verdraai en misbruik, het baie hard, direk en duidelik gepraat met die adders ... Wie is die mens dan, om jou daarin te wil pamperlang? Ter wille van wat en wie?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Terloops, Cornelius, waar verwys ek na myself as 'die ou grote'  soos jy beweer? Jou leuenaar. Kan jy dan nie anders as om te lieg, nie?

    Daar is slegs Een Wie groot is, en dit is die HERE Wie ek dien.

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Die enigste mense wie se lewe ek vergal is waarskynlik joune en die res van die fundamentele onderdrukkers om jou wat hul "vermaning" so onvanpas in die openbaar hier op die werf bysleep.  

    Jy ken my nie. Derhalwe is elkeen by 'n verskillende mylpaal in die lewe. Deur jou so gedurig verwaand oor ander te stel met jou sogenaamde "vermaninge", dien jy jou net eie eer. 

    Sagmoedigheid berus inderdaad ook op oordeelkundigheid.

    Goeie oordeel is net moontlik met genoegsame kennis van iemand en daarom ook in die gemeenskap van 'n gemeente - 'n regte kerk.

    Die werf is nie kerk nie. Die werf is ook nie virtueel genoeg dat jy jou vieslike veroordelings met soveel geraamtes in jou eie kas, jou vernieling van ander se harte ongesiens sal kan voortsit nie.

    Had jy maar die vele gelykenisse van die Saaier geag. Welke ek tog eweneens en gelyk aan jou het dat “... hierdie is nie geredelik die plek vir gewone getuienis-saad nie.” Ja Kobus, jy't self so geseg jare gelede ...

    GOD, die Engel van die HERE, die Opperste van alle dimensies, Jesus Christus onse lieflike Allah, en al Sy dienaars, word ook geken vir hul nederigheid en sagmoedigheid.

    Soos daar geskrywe staan; ...NUM 12:3  Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. MT 11:29  Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; MT 11:30  want My juk is sag en my las is lig. 1KOR 4:2 Wat wil julle hê? Moet ek (Paulus) met die roede na julle kom of met liefde en in die gees van sagmoedigheid? 2KOR 10:1  En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, GAL 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. TIT 3:2  om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys. JAK 1:21  Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. JAK 3:13  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon ...

    Sagmoedig; minsaam, sag van inbors, sag van aard, welwillend, saggeaard, minsaam, teer ...

    Jesus Christus onse HERE, het groot skares na Hom gebring weens die liefde en genade wat Hy in sagmoedigheid en nederigheid gestraal het.

    Daarteenoor kan jy gerus jou sensasionele "vermaninge" en "breek van braakland" aan die volgende gedeelte uit die Skrif meet (dink gerus ook daaraan hoe jy byvoorbeeld homoseksualisme as sonde wat God haat teenoor egskeiding wat ook deur God gehaat word in jou kommosies met "die Woord" onder jou arm vir aandag op die werf uitsonder).

    (vervolg)

  • CorneliusHenn

    Soos daar geskrywe staan:  

    Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot. En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges en die begroetings op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self. Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?  En: Elkeen wat sweer by die altaar--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig? Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is; en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? (uit Mattheüs 23)  

    Dus Kobus, ek gee nie om as jy my 'n adder wil noem nie. Ek's seker die Duiwel het selfs veel meer aanklagte teen my as jy. Lees die aangehaalde gedeelte hierbo en sien self na wie Jesus Christus onse HERE as adders verwys - ja, die sogenaamde skrifgeleerdes (spiritueel intelligentes) en Fariseërs (wie na hul eie mening onberispelik voor God staan wyl hulle ander aan die Wet "vermaan").  

    Kobus, jy roem nie net as "breker" en 'n "ou grote" nie, jy roem ook gedurig as "spiritueel intelligent" en as iemand wat "onberispelik voor God staan".

    Mag Jesus Christus, ons Almagtige Lewende God (die Saaier, ons Tuinier), ons almal vergewe. Mag Sy naam geheilig word. Mag Sy Koningryk kom. Mag Hyself ons almal se harte bewaar, en genees. Mag Hy ons harte skoon was in Sy Bloed, en sag maak weg van alle selfvoldaanheid, selfbeheptheid, selfbejammering, woede, haat, bitterheid, en wraak. Mag Sy lig en liefde, die krag en troos in ons harte wees - tot in alle ewigheid.

    Namaste.

    Jou amigo in Adam,

    Cornelius

  • Henry Oosthuizen

    Ek haal vir Cornelius aan: 

     “"Henry", in Kobus se woernaal kort na joune, haal Kobus uit DRIE verskillende "ware Bybels" TWEE verskillende verwysings na "broeders" soos in jou "ware Bybel" aan ... daar mag dalk 'n honderd wees, maar wat ek ookal sou aanhaal, dit sal in jou blinde haat niks beteken nie - net omdat ek dit aanhaal ... so, wat is dan nou die punt? Is jou "ware Bybel" die enigste? Hoekom is jy so skaam vir jou uitdra van die Woord dat jy agter 'n skuilnaampie moet wegkruip?” 

     Cornelius. Die punt wat ek maak is duidelik. Jy het uit die OU vertaling gaan "kopie" en toe die woord “broeders” in Openbaring 12.10 weggeneem en die woord “medemens” gaan invoeg sodat dit jou haatspraak kan pas. Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. Cornelius, Openbaring 22:18 waarsku duidelik hier.  

    Wanneer  gaan jy tot inkeer kom Cornelius? MOENIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE!! 

     Groete 

     Henry (Nie ’n skuilnaam)  

  • Cornelius,

    Dit blyk uit jou talle geskrewes hierbo (en andere) dat jy die Essensie van die WARE EVANGELIE nie verstaan (of eenvoudig nie wil verstaan nie) en dat jy jou eie idee daaromtrent gevorm het. Ek se weer - Jy blyk nie te verstaan nie.

    Jy het oa opgemerk en aangehaal (blykbaar ter ondersteuning van wie jou medemens is) uit Joh 3:16 - "want so lief het God die wereld gehad..." - maar jy eindig daar (ek hoop nie vir grieflikheidshalwe nie!). Die vers(e) van Joh 3:16 tot 18 -  vorm deel van die ESSENSIE van die Christelike Geloof - en ek haal aan (die hoofletters, "bolding" ens. bygevoeg is my intensie om die DUIDELIKHEID daarvan uit te lig): "16. Want so lief het GOD die wêreld gehad dat Hy Sy ENIGSTE Seun gegee het, sodat die wat in HOM glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17. God het nie Sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur HOM GERED kan word. 18. Wie IN HOM GLO, word Nie veroordeel Nie; wie Nie Glo Nie, is reeds veroordeel omdat hy Nie in die Enigste Seun van God Glo Nie." DUIDELIKER kon Johannes (deur die leiding en inspirasie van die Heilige Gees) dit nie gestel het nie! Daar IS veroordeling vir die wat Nie In Christus Jesus is Nie! God se Woord stel dit duidelik So! - Punt. Lees asseblief ook verse 19 tot 21. Dit sal LIG bring! Jesus Christus is God se reddingsplan - van die Begin af al - vir ons as sondaars. Ja-ja dit is so dat Hy al van die Begin af daar was - God het alles deur Hom en vir Hom geskep, maar Hy is God se Enigste Seun en ons Broer (ons wat In Christus is). Hy is ons Middelaar by God ons Vader en deur Hom staan ons skoon voor God ons Vader - Hy het gegaan om vir ons - ware gelowiges - plek te berei in Sy Vader (God) se huis! Jy MOET dit GLO - Slegs wanneer ons as sondaars KIES (die keuse bly ons s'n) om dit te glo en God se Genade versoening deur en in Jesus Christus te aanvaar - bring dit ware redding en bevryding!

    Ek weet ek hammer daarop, maar dit is belangrik en hopelik sal jy met my saamstem dat ons as sondaars se redding - soos hierbo aangedui - alleen deur GOD ons VADER bewerkstellig is deurdat Hy Sy ENIGSTE SEUN (JESUS CHRISTUS) na die wêreld toe gestuur het. Soos ek in my vorige skrywe aangedui het - Dit is uit GOD se Liefde en Genade Versoening deur Sy Enigste Seun - Jesus Christus - dat ons wat sondaars was, gered is. Dit is ook DUIDELIK dat ons NET deur GOD se Genade versoening deur SY Enigste Seun, gered word. Onthou - Jesus Christus is die Weg en die Waarheid en die Lewe en NIEMAND kom na die Vader (GOD), behalwe deur Hom nie. So, waaroor gaan die Ware Christelike Geloof dan - Dit gaan oor Jesus Christus ons Saligmaker en Redder - deur God se Genade en Liefde wat Hy aan ons bewys het. Dit is ook DUIDELIK daarom dat Jesus Christus ons - wat die WAARHEID ken en AANGENEEM het, dus ware Christene - Sy broers noem, waarvan HY die EERSTE is!  Die Ou Testament wys na Jesus Christus se koms na die wêreld en die Nuwe Testament is die vervulling van die Profesie daaroor. Dit is dus hier waaroor ons as sondaars 'n keuse moet uitoefen - Neem ons God se Genade Versoening deur Sy Seun - Jesus Christus - aan of nie - Ek het dit ook vantevore uitgelig! Dit is ook so dat mense wat 'n ware ontmoeting met Jesus Christus gehad het, 'n RADIKALE verandering ondergaan - hulle sien AF van hulle sondes en loop agter Jesus aan. Indien "sogenaamde" bekeerde mense net eenvoudig aangaan om te lewe, soos wat hulle het, voordat hulle hul bekeer het - het hulle Nie 'n ontmoeting met die Ware Jesus Christus gehad Nie! - Dit maak nie saak wie wat se nie! - Jou lewe MOET verander as jy In Christus is. Kant en Klaar!

    Verder blyk dit ook uit jou skrywe dat jy - soos wat ek dit noem - 'n "All roads lead to Rome' godsdiens beoefen (terloops net soos die Hindoes ook doen). Dit dui daarop dat alle godsdienste kom "eventually" by God uit, dit maak nie saak watter godsdiens jy aanhang/navolg nie - of dit nou Boeddhiste, Hindoe, Islam of wat ookal is nie. Dit is Totale en Veragtelike DWAALLEER!!! en indien jy sulke valse godsdiens verkondig, beteken God se Genade Versoening deur Sy Enigste Seun - Jesus Christus - vir jou en diegene wat sulke twak glo en aanhang - absoluut niks nie en klassifiseer jy en diesulkes, julself onder valse profesie! Ek stem daarom ook nie met jou saam dat die satan en sy trawante Boeddhiste, Hindoes, Moslems, ens ook aankla by God nie (bloot omdat hulle ons medemense is nie) - dit is omdat diesulkes NIE JESUS CHRISTUS ERKEN EN AANVAAR AS DIE ENIGSTE SEUN VAN GOD NIE EN DAAROM GOD SE GENADE VERSOENING OOK IN DIE PROSES VERLOOR!!!! soos hierbo DUIDELIK uit God se Woord aangehaal en verduidelik is aan jou - dit is die maatstaf! So, hoekom moet satan hulle (Boeddhiste, Hindoes, Moslems, ens) by God aankla, hulle is dan klaar in sy kamp! Hiermee oordeel ek nie, ek haal dit woord vir woord uit God se Woord (die Lewe) aan! Ek is oortuig daarvan dat dit ook die rede is hoekom die Ware Christelike Geloof, die enigste geloof is wat deur die wêreld so fanaties mee die spot, ens gedryf word, want die wêreld is klaar veroordeel en hulle hou nie daarvan nie! Ons, ware Christene, daarinteen, is miskien van hierdie wêreld maar ons is lankal nie meer in die wêreld nie - Nee-nee, ons is nou IN Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker en staan daarom nie meer onder God se oordeel nie!

    Ek wil ook vir jou sê dat ons wel almal op pad is. Maar dat die pad, die pad van Heiligmaking is, nadat ons tot volle en ware bekering IN Jesus Christus gekom het, wat ons loop. Dit is ook so dat ons, as ware Christene, almal op verskillende plekke op hierdie Heiligmakingspad is, maar ons is almal op pad agter Jesus Christus aan na die ewige lewe by God ons Vader toe - met die ondersteuning en krag van die Heilige Gees - Juis omdat ons die ware versoening wat God deur Sy Enigste Seun - Jesus Christus - bewerkstellig het, aanvaar het en nou IN Christus is. Daarom MOET ek jou waarsku - Daar is NET EEN WARE EVANGELIE (soos Johannes 3:16 ook aandui) en GEEN ander nie! Daarom dat Paulus ook die Galasiërs so ernstig en onomwonde waarsku dat enigeen wat valshede verkondig en afwyk van die ware Evangelie van Jesus Christus - as God se Enigste Seun - ek haal aan uit vers 8b "..die vloek van God sal hom tref".

    Ek het ook al geskryf dat ware Liefde draai nie 'n blinde oog vir mense wat op die verkeerde pad is nie - hetsy dit die beoefening van 'n valse godsdiens en/of sonde is wat die persoon of persone Nie van wil afsien Nie - Jesus Christus het ons geleer dat ons as ware Christene sulke dinge Moet aanspreek en diesulkes op die regte pad moet help. Dit doen ons deur die Goeie Nuus (die Redding en Verlossing in Jesus Christus wat God ons Vader bewerkstellig het) aan diesulkes, in liefde en sagmoedigheid en nederigheid, mee te deel. Dit is dan ook daarom dat Jesus Christus ons uitstuur om die ENIGSTE WARE EVANGELIE aan alle mense - tot aan die uithoeke van die Aarde - te gaan verkondig. Mense moet nie kan se "Maar ek/ons het nie geweet nie". Nee-nee ons almal weet - dit gaan dus oor 1 van net 2 keuses wat ons Moet maak: Onvoorwaardelik vir Jesus Christus of teen Hom! Daar is geen ander keuse nie - Geen keuse is ook die verkeerde keuse!

    Ek ken Kobus de Klerk en Henry glad nie. Maar dit pla my werklik geensins of Kobus de Klerk 'n huiskerk stelsel het, al dan nie. Die essensie is of hy en Henry, ware Christene is, al dan nie - en soos ek voorheen uitgewys het - daar kort niks met Kobus (en Henry) se uiteensetting/s en/of teregwysing/s nie - dit is dienooreenkomstig die ware Christelike geloof en die Woord van God. En daarom dat hulle so aanhou om die ware redding in en alleen deur Jesus Christus - die Enigste Seun van God onse Vader - so volhoudend te verkondig. Jy sal hulle nie van stryk kan bring nie - hulle is IN Christus - en jy sal hulle nooit daaruit kry nie. Ja-ja geeneen van ons is sonder sonde nie, maar deur opregte verootmoediging en belyding van ons sondes voor God ons Vader word ons vergewe JUIS deur Jesus Christus, Sy Enigste Seun se verdienste aan die Kruis EN Sy Opstanding daarna! God het SY Seun se Offer vir ons almal se sondes aanvaar en DEUR Hom is ons gered. Maar ons MOET van ons sondes en dwaalleer afsien en die enigste manier van hoe om dit te doen en reg te lewe kry ons uit die Woord van GOD en wat Sy Seun- Jesus Christus - ons geleer het van hoe om Liefde - God se Liefde - uit te leef. Altyd Alles Tot Eer en Verheerliking van God ons Vader.

    Weereens hoop ek dit maak sin vir jou en ander wat dit nie verstaan het nie en bring julle dan ook tot beter insig.

    Mag ons wat IN Jesus Christus is - 'n Heilige Gees vervulde, Jesus Christus gefokusde en God gesentreerde lewe lei en uitleef!

    Vrede vir jou.

    Dolf 

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    In een van jou woernale hierbo daag jy my met die volgende: "Terloops, Cornelius, waar verwys ek na myself as 'die ou grote'  soos jy beweer? Jou leuenaar. Kan jy dan nie anders as om te lieg, nie? Daar is slegs Een Wie groot is, en dit is die HERE Wie ek dien." 

    Kobus, soos letterlik honderde male voorheen, maak jy 'n stelling wat jy veronderstel waar is net omdat jy dit tik.

    Intussen huigel jy soos enige boewe advokaat ter verdediging van jouself en sal jy by jou slenter probeer staan tot in der ewigheid - want jy reken mos jouself 'n spirituele intelligent en oneervolle prokurower daarby - en daarom SAL jy!  

    Nes jou DRIE Bybels waarmee jy my op jou gewone laakbare manier probeer verdag laat het sonder om gedagte aan 'n moontlike vierde of vyfde te gee, net so speel jy met jou onsin in aanhalingstekens met "waar verwys ek (Kobus de Klerk) na myself as 'die ou grote'".  

    Nee Kobus, jou presiese woorde aan Altruïs destyds was: Jy skryf aan Cornelius oor ek (Kobus de Klerk) wat jou sou “boelie”? Op watter manier? Jy moet onthou, jy skuur nou skouers met die ou grotes, en is ’n skrapie aan die ego hier en daar onvermydelik, en tog ...  

    Nou ja Kobus, weereens 'n vriendelike uitnodiging aan jou; na wie anders behalwe jouself verwys jy in jou veronderstelling as een van die "ou grotes" op die werf aan Altruïs hierin - http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=79725&cat_id=160

    Kobus, jy is nog altyd die oneervolle en agterbakse baashuigelaar wat dink jy kan jou spore en geraamtes in die kas wegsteek wyl jy ander uit jou Bybel vermaan.  

    Ek vergewe jou nogmaals.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

    (miskien verdien hierdie skynheilige poging van Kobus 'n "volledige bydrae")

  • CorneliusHenn

    Henry, soos reeds elders verantwoord; ek het Openbaringe 12:10 uit 'n elektroniese weergawe van die Bybel aangehaal. Dis deel van 'n groot databasis verskillende Heilige Skrifte - onder meer 'n Afrikaanse Bybel. Dit het geen verdere beskrywing van die betrokke Afrikaanse Bybel nie. Ek het egter vrede met die woord medemens daarin aangesien Satan en sy trawante ook die Jode, Moslems, Hindoes, Katolieke en Boeddhiste aankla ... nes Kobus de Klerk en sy duiwelsgeestes bende reeds menigmaal gedoen het. Is jou “ware Bybel” die enigste? Hoekom is jy so skaam vir jou uitdra van die Woord dat jy jou volle name moet wegsteek? Wat dink jy; moet ek my Afrikaanse Bybel op my rekenaar delete omdat dit nie jou soort nasionalistiese fundamentalisme en ideologie pas nie?

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    Ek het jou hele kommentaar met so min moontlik vooroordeel gelees as wat menslik moontlik in die gesindheid tans op die werf is.   Nes in die geval van Henry, is joune ewe moeilik om die volle waarheid agter vals of half naampies te lees. 

    Hierdie slegte stand van name is egter lank gelede deur die ou grote Kobus self geskep deur 'n ieder wat by my sou aansluit as my "alter-ego" neer te haal. Nou moet ek maar om die moontlikheid kyk ten spyte van jul byna identiese soort vyandigheid en dat jy nie maar net nog 'n lid van Kobus de Klerk se huiskerkbende is nie.  

    Nietemin, ek aanvaar jou woord dat jy nie lid is van sy groep nie en vra verskoning vir my verdagtheid daaromtrent.   Ek verstaan ook jou beskouing omtrent my uitdra van die Evangelie midde my belewenis van soveel ander Godsdienste. Ek het die afgelope ruk weer gereeld Sondae in die NG Kerk dienste bygewoon.  

    Dis ongelooflik hartseer vir my om te moet erken dat my hare al 'n paar keer gerys het met die aanhoor van die preekstoel dat die katolieke so is, en dat die "ware kerk" anders is.  

    Die punt is egter dat geen kerk nie oor my gaan nie, maar dat daar menige opregte hart daarin tot eer van Jesus Christus onse HERE dien. Daarom sal ek nog menigmaal in vreugde ook saam met my Afrikaanse broers en susters daar wil saam sing en dien.  

    Ek het voorts ooreenstemming met jou in die meeste van jou kommentaar.  

    Wat ek wel duidelik aan jou moet maak is die vrede in my hart om te weet dat Jesus Christus, God is. So aanbid ek saam met die Roomses, Kopte, Hellene en Anglikane dat Jesus Christus ons Hemelse Vader is. Die Anglikane dien Jesus Christus ook met die Tao in hul hart - die vroulike simbool en heenwysing na die Heilige Gees - of te wel God ons Moeder. En dis slegs enkele aspekte wat Kobus de Klerk en sy meelopers gedurig hoon op die werf.  

    Jou veronderstellinge berus hoofsaaklik op Protestante dogma. Dis gewoon dom om sulke dogmatiese gesprek op die werf te wil voer. As enigeen van ons die ander kan oortuig, sal daar waarskynlik nie meer 'n Protestante weg op aarde wees nie.  

    En dis my respek; die werf is nie kerk nie en niemand hier is spiritueel intelligent genoeg om eeue se dogma te verander nie.  

    Dis die HART waarmee ons daarin leef wat saak maak. 

    Waar ek tussen my Moslem broers en susters deel, dra ek die Goeie Nuus dat Jesus Christus, Allah is. Waar ek tussen my Hindoe broers en susters is, deel ek dat Jesus Christus, Brahman is. En waar ek tussen my Joodse broers en susters is, dra ek dat Jesus Christus, HaShem is. My voorgeslagte het bely dat Jesus Christus, Jumala is ... en so kan ek dae lank uitwei oor die wonderlike genade om die Evangelie tussen andersgelowiges uit te dra.  

    Dolf, ek sal graag nog met jou wil deel, maar sal jy net eers weer die vrede in jou hart hierin ook met my deel voor ek daarop uitwei.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    Jy tik ook; "Verder blyk dit ook uit jou skrywe dat jy - soos wat ek dit noem - 'n ‘All roads lead to Rome’-godsdiens beoefen (terloops net soos die Hindoes ook doen). Dit dui daarop dat alle godsdienste kom "eventually" by God uit, dit maak nie saak watter godsdiens jy aanhang/navolg nie - of dit nou Boeddhiste, Hindoe, Islam of wat ook al is nie. Dit is Totale en Veragtelike DWAALLEER!!! en indien jy sulke valse godsdiens verkondig, beteken God se Genade Versoening deur Sy Enigste Seun - Jesus Christus - vir jou en diegene wat sulke twak glo en aanhang - absoluut niks nie en klassifiseer jy en diesulkes, julself onder valse profesie! Ek stem daarom ook nie met jou saam dat die satan en sy trawante Boeddhiste, Hindoes, Moslems, ens ook aankla by God nie (bloot omdat hulle ons medemense is nie)."  

    Dolf, ek kan dae lank met jou die Oosterse idioom waar in die hele boek Openbaringe geskryf is deel.  

    Daar is 'n lang geskiedenis van Israel in ballingskap en die Vedas se invloed ook op Hebreeuse Heilige Skrifte in die Ou Testament.  

    Ek het egter nie 'n idee waar jy jouself op jou weg bevind nie, maar wil jou tog daarop wys dat jou vooroordeel teenoor ander Godsdienstiges op onkunde dui. 

    Namaste!

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Henry,  

    Ek moet toegee dat jou aandrang my in 'n mate laat nadink het. Jou veronderstelling daarin is eintlik so abusiewelik dat ek my op geen manier daartoe kan bepaal nie.

    Die punt wat jy probeer maak is nie belangrik vir my nie maar gee ek daaraan toe sal ek gewoon oneerlik wees.  

    Ek doen dus my bes hiermee om my gedagte daaromtrent oor te dra met die hoop dat jy in jou vyandigheid sal bedaar. 

    Ek het Openbaringe 12:10 al menigmaal uit verskeie vertalinge op die werf met dieselfde bedoeling in die verlede aangehaal. In my aanhalings staan die woord broeders, mededienaars, medegelowiges en medemens in afwisseling soos en waar ek dit ook al aanhaal.  

    Self het ek al gelet dat vertalings elkeen op sy eie manier polities korrek met terme soos "broeders" omgaan. Dis egter nie 'n brandpunt in my beskouinge nie.

    Dis ook glad nie noodwendig dat hedendaagse vertalinge meer liberaal as die ouer vertalinge daarmee omgaan nie. In 'n erfstuk van my Oupa Corrie uitgegee deur die VERENIGDE PROTESTANTE UITGEWERS (EDMS) BPK KAAPSTAD 1959, word daar ongekwalifiseerd in die aantekeninge na "gelowiges" in plaas van "broeders" verwys. 

    Ek het ook oudergewoonte my verklarende woordeboeke nader getrek en die woord "medemens" word eenstemmig as ewemens, ewenaaste, medebroeder, ampgenoot, geesgenoot, lotgenoot en dan heel belangrik - as NAASTE verklaar.  

    Jy kan dus in jou fundamentele anderhaat rustig raak met die woord "medemens", aangesien dit steeds net na diegene wat jy in jou hart as jou naastes, geesgenote, lotgenote of medebroeders beskou, verwys.  

    Ek beskou egter alle mense op aarde as my naaste (hetsy dit vriend of vyand is). Daarom sal ek nou doen soos jy veronderstel en Openbaringe 10:12 as volg uitdra;  

    "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons NAASTES is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag."

    Henry, in jou aanvanklike kommentaar veronderstel jy ook die volgende: "Cornelius het sowaar die Woord gaan verdraai (verander). Daar is ’n reuse verskil tussen “medemens” en “broeders”. Die broeders waarvan Johannes in Open 12:10 praat is Wedergeboorte kinders van God, die losgekooptes deur Jesus Christus met Sy Bloed. Die broeders het Hom aanvaar as hul Verlosser en leef Christus in hulle en is hulle in Christus en is daar geen meer veroordeling vir hulle nie. Rom 8:1 Nou sê Cornelius se bybel: “medemens”. Wie is ons (broeders) se medemens? Almal, die res van die wêreld. Ateïste, homosexualiste, Hindus, Moslems, Jode, Vleestelike christene, ens ens. Dus is die laaste “onse God” in jou vers 10 nie die ware God nie, maar die god van die wêreld. Daar is dus veroordeling vir die wat nie in Christus is nie."

    Nou ja Henry, ek bid helaas dat jy nou kan sien dat jou veronderstelling omtrent die betekenis van die woord "medemens" totaal verkeerd was. Selfs al vervang ek die woord "broeders" met die woord "naastes", kan dit steeds net beteken wat jy in jou hart daaraan koester.

    Jy waarsku my ook aan die hand van; "Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. Cornelius, Openbaring 22:18 waarsku duidelik hier."

    Henry, dit lees ook so in Deuteronomium  4:2  "Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel." En Deuteronomium 12:32  "Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie."

    Ek weet nie waar jy jouself op jou weg in die lewe vind nie, maar sou jy wel die voorreg had om katkisasie hierin te ontvang sou jy leer dat dit 'n welbekende antieke eed (spel) in menige Godsdiens is om dit wat in enige Heilige Skrif opgeteken staan te bewaar. Ja, wie beter weet as God self en bedenksels van eie wysheid (spirituele intelligensie) byvoeg, sal getref word deur die plae waarvan die boek spreek.

    Weereens Henry, menige vertaling het al gekom en gegaan en soos Kobus ook aan jou uitgewys het, is daar minstens DRIE "ware Bybels" (want dis dan op Kobus se rak) wat DRIE verskillende plekhouers vir die woord NAASTES in Openbaringe 10:12 gebruik.

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en die ware Boodskap in alle Heilige Skrifte in 'n ieder van onse harte bring.

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Soos te wagte van jou, Cornelius, om mens se woorde te verdraai. Die ‘ou grotes’ – meervoud, let wel, en nie soos jy dit op my persoonlik wil van toepassing maak nie en verwysende na die bydraers wat al jare op die forum skrywe met al die dinamika wat daarmee gepaard gaan – oor hierdie woeste forum en al die alterkasie en dinamika wat daarmee gepaard gaan en báie duidelik, tong in die kies (die hele brief waaruit jy dit aanhaal, is op skertsende trant geskrywe, duidelik vir algar te siene) - hoegenaamd nie soos jy dit valslik voorstel nie en beslis nie met verwysing na my stand voor God, nie.

    Dit is goed jy het die skakel geplaas, want weereens is jy as die oneerlike een uitgewys.

    Let liewer op die goeie raad wat Henry en Dolf ook vir jou gee.

  • Henry Oosthuizen

    Cornelius

    Sal jy asb die "link" verskaf van die elektroniese weergawe wat die woord "medemens" dan so in Openbaring 12:10 aantoon.

    Dankie Cornelius

    Henry (Nie 'n Skuilnaam Nie)

  • Kobus de Klerk

    Henry,

    Ek het Google deursoek vir die Afrikaanse weergawe waarvan Cornelius praat. Selfs die buitelandse skakels, waar Afrikaanse Bybels geplaas word, en gevind dat hulle meestal die 1953 en hier en daar, die 1983 weergawe voorsien. Ek kon egter nie een opspoor wat die verdraaide weergawe van Cornelius weergee nie. Self die Bybelgenootskap het nie so 'n vertaling elektronies beskikbaar, sover ek kon vasstel, nie.

    Dalk is dit Cornelius se eie 'vertaling', net nog 'n leuen tussen die menige ander. Ek hoop ek is verkeerd ... maar ek twyfel.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Henry,  

    Ek het die "about" gedeelte vir jou nagegaan en al wat daar staan is "this is freeware not to be sold  you may copy and distribute freely adapted form original MS Access version 2000 registered to :0 for further information on available plugins visit http://www.origin.org"  

    Henry, ek maak myself egter hiermee in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE met oorgawe skuldig aan jou veronderstelde aanklag en dra Openbaringe 12:10 voortaan as volg uit;  

    "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons NAASTES is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag."  

    Jy en jou bose broeder Kobus de Klerk moet maar jul aanklag dag en nag voor onse God in die hel hier op die werf in jul kammahof voortsit.

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Hahaha ...,

    Kobus jou ou boef!  

    Nee Kobus, jou presiese woorde aan Altruïs destyds was: Jy skryf aan Cornelius oor ek (Kobus de Klerk) wat jou sou “boelie”? Op watter manier? Jy moet onthou, jy skuur nou skouers met die ou grotes, en is ’n skrapie aan die ego hier en daar onvermydelik, en tog ...    
    Kobus, ek's egter geheel en al oortuig dat jou nuwe meelopers (nes die ander voorheen) absoluut oortuig sal wees van jou slenter dat jy op geen manier jouself in jou eiewaan hierbo impliseer nie - want jy seg mos so ...  

    Ek lag nou so lekker dat ek nie kan help om die vorige keer ook te onthou nie ...  

    Elders haak die ou grote Kobus ook met die volgende aan Angus uit: "Daar is die afgelope tyd 'n pletora (sic) van deskundige opinies hier op die forum weergee wat jou darwinistiese religie in vlamme laat opgaan - asook die skamele pogings wat jy kan aanbied om dit te probeer red."

    PLETORA???  ... hahaha ... ek't so gelag (en skater steeds) dat dit my lewe sal bybly! Kliek hier - http://www.youtube.com/watch?v=-mTUmczVdik  - om te sien hoe ander amigos onse Bose Kobus sou verstaan ...

    Skertsend ... hahaha ...tong in die kies ... is jy dan nie nog altyd die grootste in "spirituele intelligensie" oppie werf nie ou Kobus?

  • Kobus de Klerk

    Let op hoe Cornelius weereens Openbaring 12:10 se "broeders", met sy eie 'naastes' vervang - dit is duidelik dat hy dit versin, om sy eie agenda te pas.

    Mense wat al oor die jare met Cornelius aankom op hierdie forum, weet al hoe hy sy eie religieuse poespas saamgestel het en as evangelie verkondig - sy eie evangelie. Niks met Jesus Christus se Evangelie te make nie - soos hy hierbo ewe subtiel in antwoord op Henry se vermaning en onderrig sy kommentaar afsluit  met "die ware boodskap in alle heilige skrifte" - nie die HERE se Heilige Woord in skrif nie, maar ALLE 'heilige' skrifte - wat ook die dwaalleringe van die Hindoes, Boeddhiste, Mohammedane en andere ook insluit. Op so 'n manier weerspreek hy direk die uniekheid van die evangelie van Jesus Christus die HERE, Wie vir ons leer dat HY en HY alleen, die Waarheid, die Weg en die Lewe, is en dat niemand tot die Vader kom, behalwe deur Hom, Jesus Christus, die HERE, nie. Al die ander religieë wat so dikwels deur Cornelius voorgehou word, sommige waarvan hierbo deur my genoem is - insluitende die judaïsme, misken Jesus Christus as Enigste Verlosser, Middelaar en Seun van God en soos wat Dolf baie moeite doen om vir hom te verduidelik.

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Jy's totaal blind in jou godsdiensboewery.  

    Wat het jy "ontdek" as ek dan openlik in my kommentaar aan Henry die volgende bely het: "Ek (Cornelius) beskou egter alle mense op aarde as my naaste (hetsy dit vriend of vyand is). Daarom sal ek nou doen soos jy (Henry) veronderstel en Openbaringe 10:12 as volg uitdra;  "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons NAASTES is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.""  

    Kobus, jy wil eenvoudig net die een of ander held wees wat ander kan "uitwys" sodat jou skynheiligheid ongesiens verby kan gaan.  

    Derhalwe borduur jy in jou duiwelsgeestige kammahof met jou nuwe assistente aan die hand voort met: "Henry, ek (die ou grote Kobus de Klerk) het Google deursoek vir die Afrikaanse weergawe waarvan Cornelius praat. Selfs die buitelandse skakels, waar Afrikaanse Bybels geplaas word, en gevind dat hulle meestal die 1953 en hier en daar, die 1983 weergawe voorsien. Ek kon egter nie een opspoor wat die verdraaide weergawe van Cornelius weergee nie. Self die Bybelgenootskap het nie so 'n vertaling elektronies beskikbaar, sover ek kon vasstel, nie."  

    Hoeveel maal het bydraers en ander belangstellendes jou verafgoding van Google uitgewys Kobus?  

    Dis presies waar ons jare gelede begin het - as die ou grote Kobus dit nie kan Google nie - dan bestaan dit nie.  

    Lees asseblief weer my bydrae om 'n idee te kry hoe Kobus de Klerk belangstellendes met sy obsessie  in kitsnaslaan treiter.  

    Ek het egter reeds 'n bron uit vele in my databasis Heilige Skrifte aan Henry gegee - http://www.origin.org

    Cornelius  

  • Kobus de Klerk

    Hierbo doen jy dit weer - 'naastes' terwyl dit 'broeders' moet wees. Die belangrike relevansie van die onderskeid is elders in besonderhede bespreek.

    Jou sinnelose rookskerms werk nie. Mense sien gou-gou daardeur.

  • Tant Alie (Aletta)

    Cornelius, Ek hoop jy skrop lekker daar in die bos, en verder hoop ek dat die Here aan jou sal verskyn en dat jy in die stilte Hom weer kan vind. Ek wil nie reageer op die dinge wat jy in jou brief aan Kobus de Klerk kwytraak nie. Daar is egter een ding wat my altyd opval met jou briewe, en ek sal baie graag 'n paar antwoorde wil hê daarvoor. Jy eindig altyd met 'n elle lange paragraaf waarin jy verskeie gode se naam in een gebruik. 'n Ruk gelede het jy my nogal erg aangevat toe ek genoem het dat God nie ons Moeder is nie, maar ons Vader. In jou Sjalom-brief, eindig jy toe met die bekentenis dat God ons Pater (Vader) is. Hoekom nou die skielike verandering? Ek is baie bly dat jy God nou as jou HERE en Vader aanvaar, en wil jou daarmee geluk wens. Kan jy egter net verklaar wat jy bedoel met LOGOS en I?soûs. Ek neem aan dat I?soûs, Jesus beteken, maar hoekom dit nie in Afrikaans getuig nie? Aletta

  • CorneliusHenn

    Hallo Alie

    Sonder enige verdere en onnodige omhaal van gedagtes, herinner ek jou aan die volgende standpunte soos gehuldig deur jul hoëpriester op die werf, die ou grote Kobus (soos hy graag "tong in die kies" in sy eiewaan na homself verwys).

    Alie, onthou jy hierdie leerstuk van jou Kobus?  

    “Godsdiens in die Heilige Gees en Woord van God, is die ware Godsdiens. Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17). En die Heilige Gees ís voorskriftelik én konsekwent. Dit is die Een Gees wat almal lei, en sekerlik nie teen Homself sal spreek nie (Johannes 14:23-26), en aan almal sy eie interpretasie gee, wat die Woord weerspreek, en mekaar, nie.”  

    Ja, en toe kraai die haan die eerste keer ...  

    Onthou jy hierdie van Kobus?  

    “Nou waarsku ek (Kobus de Klerk) jou weer, ek gaan jou (Cornelius Henn) finaal mettertyd uitwys as die liefdelose fake wat jy is … en natuurlik is jou skrywes oor my, olie op daardie vuur wat jy aangesteek het vir jouself. So, wees gewaarsku – jy kan nou al uit die Woord begin om jou liefdeloosheid te probeer regverdig. Wanneer ek jou klaar uitgewys het, wanneer die tyd reg is, sal jy ’n negatiewe geloofwaardigheidskurwe hê, wat jou in werklikheid sal weerspieël. Jy ly aan ’n siekte – jy borrel en gorrel sonder ophou, die mees onsamehangende, liefdelose snert – alles peul uit jou binneste uit omdat jou eie selfbeeld só aan flarde is. Intussen – ’n uitnodiging aan jou – Verbasend genoeg haal jy gedurig my (Kobus de Klerk) aan, waar ek skrywe ‘Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei’. Jy haal my natuurlik korrek aan, en dit is steeds verbysterend dat jy nie kan insien dat daardie woorde van my een honderd persent in akkoord met die Woord is, nie. Hou maar gerus op om jouself te verwar, met onsamehangende kontekslose verwysings na die King James Bybel.”  

    En die haan kraai toe die tweede keer ...  

    Ja Alie, en onthou jy hierdie?  “Cornelius kan ook nie verstaan wat ek sê, wanneer ek (Kobus de Klerk) uitwys dat Jesus Christus nie die Hemelse Vader is nie, maar die Woord van die Vader. Wanneer hy my dus hieroor aanhaal, laat hy hierdie laaste deel van my uitwysing uit, want dit verleen perspektief aan wat ek sê en dít pas Cornelius nie.”  

    Toe kraai die haan die derde keer ...  

    En in plaas daarvan dat hy soos ? Petrus nederig berou toon na sy verloëning van Jesus Christus as onse Ewige Vader, hoon hy my hart voor GOD in sy hooghartige waan sonder om ? woord verantwoording te doen vir sy dwalinge aan Jes 9:6.  

    Soos daar geskrywe staan:   “Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.”   (onse Veel-enige God)

    Hierdie gedeelte in die Bybel, word met groot vreugde vir eeue reeds in sang en musiek in byvoorbeeld Handel se “Messias”, deur katolieke en ander gelowiges gewy.  Kyk hier [ http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=105018&cat_id=562 ]

    Kobus de Klerk misken sonder enige omhaal Jesus Christus onse HERE se Ewige Vaderskap in direkte stryd met my belydenis aan die hand van die Evangelie daarvan.  

    Hoekom moet ek in suiwer Afrikaans aanbid Alie?

    Daar is menige pragtige taal en klank - in 'n menige ander se hart in aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Laat vaar asseblief jou gedurige waan en belediging teenoor ander se harte voor GOD.  

    I?soûs beteken YAHSHUA (Jesus), Christus beteken Messias (Verlosser), en LOGOS beteken WOORD.

    Alie, ek vergewe jou "geheuverlies".  

    Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe.  

    Sola Gratia,  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Nes Sataniste die katolieke se Nagmaalritus as kannibalisme bespot, net so bespot Kobus de Klerk die katolieke se kommunikasie in die Geesteswêreld as okkulte in sy dobbelsteen met ses kante genaamd "Collage van waansin" ( Deel 1; Deel 2; Deel 3; Deel 4; Deel 5 en Deel 6. Verwag hiernaas 'n "deel 7" in Kobus se desperaatheid om te ontvlug van sy kenbare duiwelsgeestigheid).  

    Ek dink tog dat redelike wesens onderskeid tussen kommunikasie en aanbidding kan maak.

    Katolieke aanbid nie engele nie. Soos daar geskrywe staan; En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God. (Openbaringe 22:8)   

    Katolieke aanbid ok nie die moeder van Jesus, die Heilige Maria of enige ander Heilige die afgelope 2000 jaar nie.  

    Engele is ook nie mediums nie maar dienaars. Soos daar geskrywe staan; En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete? Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? (Hebreërs 1:13)  

    Maar, engele dien wel as ons beskermers. Soos Jesus Christus onse HERE self waarsku; Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies (minder spiritueel intelligentes) verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is. (Mattheüs 18:10)  

    Kommunikasie in Geestelike Wereld tot eer van God en ons beskerming, is nie okkute nie.

    Okkulte het ten doel soos Kobus de Klerk se ywer op die werf, om ander neer te haal en te benadeel.

    Dis slegs 'n enkele moontlike teregwysinge omtrent Kobus de Klerk se haat in sy dobbelsteen "collage van waansin" teenoor my.  

    Kobus het doelbewus die bronne van sy aanhalings weggelaat sodat geeneen die redeverband daarvan behalwe sy wraak daarin kan ken nie. Dit sal my lank neem om als te verantwoord. Ek bid wel dat daar in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE, die tyd daarvoor tog eendag aan my gegun sal word.  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Cornelius    

  • CorneliusHenn

    Oral op aarde word ons almal se Almagtige Lewende in die een of ander taal en kultuur gedien. Nie almal ken die openbaring van God in Jesus Christus nie. Dis die wat die wel ken se roeping om dit aan die ander in God se liefde en genade uit te dra. 

    Intussen vloek Kobus en sy gevolg teen die aanroep van ons almal se Almagtige Lewende Skepper as Allah, HaShem, Jumala, !Kagen, Brahman, ... en enige ander wat anders as sy Germaanse klanke klink.   Dis uiteraard iets wat saam kom met die meerderheid Afrikaners in hul apartheid Protestante ideologie waarin die kapitalistiese Anglo en Amerika gedien word.   ANDERHAAT, het iemand dit lank gelede op die werf gedoop ...  

    Dus, ek staan nederig teenoor ander se aanbidding tot ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper en deel die Goeie Nuus nes Paulus dit gedoen het naamlik dat Agnostos Theos, ten volle mens vir ons in Jesus Christus geword het.  

    Soos daar geskrywe staan; Want terwyl ek (Paulus) rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor. En so het Paulus van hulle weggegaan. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle. (uit Handelinge 17).  

    Let asseblief veral dat Paulus nie Hebreeuse dogma aan die Grieke gaan verkondig het nie, maar dat hy 'n Godsbeeld (Agnostos Theos) wat reeds aan die Grieke bekend was gebruik het en die Evangelie daarby gevoeg het.  

    Net vir interessantheid; my beskouinge en ervaringe van engele waarmee Kobus so spot kom onder meer uit katolieke werke wat juis met Dionísius, die Areopagiet verbind word.  

    Enige belangstellende kan ook my bydrae oor Agnostos Theos hier lees: http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=78323&cause_id=1270  

    Cornelius

  • Tant Alie (Aletta)

    Cornelius, In plaas daarvan dat jy my Vraag beantwoord trek jy te velde teen Kobus en iets wat hy alreeds aan jou tot vervelens verduidelik het.

    Jy is welkom om in enige taal te aanbid, soos jy se. Maar ek betwyfel of jy Hebreeus kan praat. Antwoord net my vraag : Glo jy nou onomwonde en bely jy dat God ons Vader (Pater) is en het jy nou afgesien van die lasterlike gedagte dat God ons moeder is?

  • Tant Alie (Aletta)

    Cornelius, verder is jy ook welkom om my kommentaar te lees onder die brief wat Kobus oor jou dwalinge geskryf het. Dit is harde kommentaar oor jou, maar ek moes dit van my hart afkry, omdat dit so onaangenaam geraak het om tot jou te probeer deurdring. Jy het dit deur die jare reggekry om my te beswadder en my woorde te verdraai, Alles ten doel om my soos 'n emosielose monster te laat lyk.

    Dit juis oor God die moeder, wat jy so verkondig het hier op SeNet, waar jou duidelike haat en veldtog teen my begin het . As jy dus nou skielik Getuig dat God die Vader is, beteken dit wel dat my woorde wel erens jou aangeraak het.

  • CorneliusHenn

    Kobus de klerk se alie is terug!  

    Alie, lees 'n mens jou gewone beledigende trant hierbo is jy nog steeds en ongetwyfeld die ou grote Kobus se stertjie.  

    As jy heel bo aan hierdie bydrae kyk, sal jy lees dat hierdie bydrae juis oor Kobus de Klerk en sy duiwelbesete meelopers handel.  Of jy dit gaan insien is natuurlik enigeen se raaiskoot. 

    Ja, jy staan klaar met jou vurk ... 

    Maar "Aletta", in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE bely ek reeds jare voor jy jou boosheid hier kom manifesteer het dat God ons Hemelse Vader is.

    Ek bely ook dat Jesus Christus, God is en daarom ook dat Jesus Christus ons Hemelse Vader is.  

    En dis presies waarvoor jou hoëpriester die ou grote Kobus my so verag.

    Alie, jy is in werklikheid net 'n bose versoeking van agter jou skynheiligheid en vals naampies.

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    (begin van aanhaling uit kommentaar elders)

    Wouter Ferns 24 May 2012 @11:01 AM

    Siep sop en braaiboud vir Cornelius Henn aan die hand van "ou grote".   

    Ugh vir die "ou grote".   

    Vir wat dit werd en sonder die "spirituele intelligensie" wat onfeilbaarheid aan De Klerk waarborg word die volgende vir Henn se verdediging ingedien:   

    Revelation 12:10

    New International Version (NIV)  

    Then I heard a loud voice in heaven say: “Now have come the salvation and the power and the kingdom of our God, and the authority of his Messiah. For the accuser of our brothers and sisters, who accuses them before our God day and night, has been hurled down.  

    "broers en susters versus medemens vs broeders?   

    Maar nog steeds is dit nie einde niet:   

    Revelation 12:10

    Contemporary English Version (CEV)10   

    Then I heard a voice from heaven shout,“Our God has shown his saving power, and his kingdom has come! God’s own Chosen One has shown his authority. Satan accused our people in the presence of God day and night. Now he has been thrown out!"  

    "Our people"    Wie sal die "people" wees?   

    Net my gebroeder? of darem my suster ook en so per definisie my medemens?  

    Revelation 12:10

    Today's New International Version (TNIV)  

    Then I heard a loud voice in heaven say: “Now have come the salvation and the power and the kingdom of our God,and the authority of his Messiah.For the accuser of our brothers and sisters, who accuses them before our God day and night, has been hurled down.   Daar is daardie "onse broers en susters" alweer.   

    Revelation 12:10

    New Living Translation (NLT)  

    Then I heard a loud voice shouting across the heavens,“It has come at last—salvation and powerand the Kingdom of our God, and the authority of his Christ.[a] For the accuser of our brothers and sisters[b] has been thrown down to earth—the one who accuses them before our God day and night.  

    Footnotes: Revelation 12:10 Or his Messiah. Revelation 12:10 Greek brothers.   Hierdie bevestig weereens broers en susters maar erken wel die bron van "brethen" en die betekenis daarin ingesluit en wat De Klerk se broeders in Christus omsluit.   

    Revelation 12:10

    New International Reader's Version (NIRV)   

    Then I heard a loud voice in heaven. It said, "Now the salvation and the power and the kingdom of our God have come. The authority of his Christ has come. Satan, who brings charges against our brothers and sisters, has been thrown down. He brings charges against them before our God day and night.  

    Nou 'n magdom gelowiges lees bogenoemde vertalings en bekou dit die "ware Bybel" te wees. Dit sal nie van my af kom dat hulle die verkeerde weergawe lees nie en sonder insig aangesien "spirituele intelligensie" nie, die sal slegs van 'n "ware christen" soos De Klerk kom wat gereeld sy medegelowiges tugtig omdat hulle nie op sy "standaarde" is nie.   

    Die tendens is egter daar, broeders en susters en die pad na medemens.   

    Baie dankie  
    Wouter 

    (einde van aanhaling)


    Baie dankie aan jou Wouter ... hierdie keer staan ek klein en nederig teenoor jou in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE ... Groete, Cornelius

  • CorneliusHenn

    Henry Oosthuizen en Dolf van Loggerenberg, dankie dat julle intussen jul volledige en regte name aan jul bedoeling in die uitdra van die Evangelie gebind het.

  • CorneliusHenn

    Sjalom, 

    In antwoord op die volgehoue bespotting van die openbaring van GOD ons MOEDER (deur veral Kobus de Klerk se stertjie in "haar" woernale hierbo), deel ek die volgende in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE met elke hart wat hier lees.

    "Tao in woorde weergee, is nie die Ewige Tao nie. 'n Naam genoem, is nie die Ewige Naam nie ... "Onnoembaar" is die Skepper van Hemel en Aarde. "Noembaar" is die Moeder van alles wat bestaan. Beide uit dieselfde Oorsprong - hul verskil net in naam. In hul enigheid die misterie. Die geheim in die geheim, 'n poort na wonders ..."

    Dis die inleiding van die Tao Te Ching, die leer van die Sjinese wysgeer Laotsze (± 600 v.C.)

    Dis ook die oudste beskrywing van die woord Tao na my wete.

    Ja, ons Almagtige Lewende Skepper is in werklikheid onnoembaar (nie manlik, vroulik, engel, mens, vis, plant of dier nie...)

    Al wat ons in 'n mate van weet sonder enige werklike begrip ooit (ongeag oor watter mate van spirituele intelligensie enige skepsel beskik), is die openbaringe van ons Almagtige Lewende Skepper in al die tale en kulture op aarde.

    Taoïsme is so 'n openbaring - 'n godsdiensvorm met 'n diepe Hindoe inslag.

    Hindoe godsdiens het ook 'n groot invloed op die Judese koning Jojagin, sy hofhouding, "die magtiges van die land" en al die ander ballinge langs die Eufraat gehad.

    Hoewel hul lot nie krygsgevangenskap beteken het nie (en ons uit Jeremia 29:5,6 weet dat die ballinge 'n normale bestaan kon voer), moet ons tog die tydperk van ballingskap as 'n gedrukte, beïnvloedbare en sombere tyd in die geskiedenis van die Hebreërs sien.

    Esegiël was die seun van Busi, 'n priester van wie ons verder niks weet nie. Die seun (selfs moontlik dieselfde generasie as die wysgeer Laotsze), was saam met Jojagin in ballingskap.

    Sy woonplek word as Tel-Abib aan die Kebarrivier in die omgewing van Nippur, skaars 100 Km van Babel aangewys.

    Babilonië (Irak vandag) was die bron van beskawing in daardie antieke tye wat invloed tot vêr anderkant Laotsze se tuiste in die Zhou dinastie, letterlik duisende kilometer verder gehad het. In die vyfde jaar na die wegvoering in ballingskap is Esegiël tot profeet geroep.

    Esegiël se prediking word in hoofstuk 36: 22 saamgevat: "Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het." Nes die boek Openbaringe se verwysing na drake met baie koppe en wesens met baie ledemate en oë 'n duidelike samehang met Hindoe mitologie verklaar, net so staan Esegiël se leringe vol wesens met baie ledemate, oë en vlerke in 'n diep Hindoe mitologiese verband.

    Die begrip "Tao", was algemeen in die meesters Esegiël en Laotsze se tyd. Beide here het die begrip op wonderlike wyse in hul leringe begryp.

    Soos daar geskrywe staan (Esegiel 9:4-6): "En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak Tao op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word ... slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die Tao is nie, en begin by My heiligdom." Vergelyk ook Openbaringe 7:3 en 14:1.

    Die woord Thau, Dao, of Taw ..., in enige van die vele variasies daarvan, dui op Sjinese tot Hebreërs se aanroep tot GOD ons MOEDER daarin.

    Die laaste letter in die Joodse alfabet word geskryf as /\, X, + of T, en word uitgespreek as "tav". Hierdie laaste letter se geestelike betekenis staan vir die vervulling van GOD se belofte en verlossing aan die hele mensdom.

    Jesus Christus onse HERE is daardie vervulling.

    Die wat Jesus Christus ons GOD se merk, die Thau - GOD ons MOEDER (Heilige Gees) - in hul harte dra, sal daardeur gered word.

    In die troos en dankbaarheid van Jesus Christus - GOD ons MOEDER.

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

    Cornelius

  • Sjalom.

    Vertrou die werf se staande sensasie en prediker, die berugte ou grote Kobus de Klerk om een of ander sensasionele en hol geryde onderwerp te "herbesoek", en die hel is weer los.

    Kobus dring dringend en altyd daarop aan om op sonde voor die Troon van God te fokus.

    Dis ondanks die liefde en genade wat juis in die Bybel vir ons geleer word naamlik; "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons medemens is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag (Openbaringe 12)."

    Vir jare reeds veronderstel Kobus de Klerk in sy priesterheerskappy en drogma op die werf ’n soort farisese skrifgeleerdheid en intellektualisme bokant ’n persoonlike verhouding met ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Met sy parakundigheid aan’t hand, verskeur hy ander se bydraes in sy hartelose werfkerk met bespotlike verdraaiinge en geforseerde halwe waarhede - sy gewydheid - om "braakland te breek".

    Kobus het geen saak waar ander hulself op hul lewensweg in die liefde en genade van GOD bevind nie.

    In nog ’n klimaks elders, vloek Kobus die volgende aan my; "Kan jy (Cornelius) een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer (ek is seker hulle verag jou ook daarvoor) en selfs aanmoedig, terwyl jy die HERE se Naam gedurig oor jou vals lippe laat strooi ..."

    Die teendeel is egter wel waar naamlik dat ek Kobus en sy huiskerkbende gereeld in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE vermaan.

    Anders as Kobus se tipiese en bombastiese verwensing, is my berisping gewoonlik om eers die balk in eie oog te soek. Vandaar die ongelukkigheid dat Kobus van tyd tot tyd aan sy oneervolle dwalinge in die regte lewe moet herinner.

    My gereelde vermaninge uit die Bybel (byvoorbeeld die hele Matteus 23), val Kobus natuurlik ook totaal verby. Hy beskou dit as die krasste denkbare en ergste persoonlike belediging; net omdat ek as mens in die hand van God hom nie aanstaan nie want hy word vanselfsprekend nie daarin geëer nie.

    Kobus het egter wel ’n punt. Ek stel nie belang om enigeen se sonde, ook nie syne, ’n middelpunt te maak nie.

    Die brandpunt in my bydraes op die werf is dat Jesus Christus ons almal se GOD is wat ’n regte mens vir ons geword het.

    Ja, vir hierdie Goeie Nuus het menige hul lewe gegee.

    Ek sal dit ook met groot vreugde en blydskap doen.

    Daarom vervolg Kobus my vir jare reeds in sy egotiste waan met; "Jesus Christus is NIE ons Hemelse Vader nie".

    Lees dus die res van Kobus se vloek in die Lig van my verkondiging van die Evangelie - die vervolg daarvan in Kobus se eie woorde; "... jy sien (Cornelius), ’n rugsteker soos jy is nêrens welkom nie - ook nie by die vyand, nie. Want as jy jou eie soort in die rug steek, soos jy met jou Godslasterlike druil in die Naam van die HERE gereeld doen, kan en sal jy hulle ook in die rug steek. Daarom is jou soort, altyd op- en indringers, en nêrens welkom, nie, omdat jy altyd ’n verskuilde selfdienende agenda het. Nie eens by jou kerk, waar jy jouself indring nie, want as hulle moet weet wat jy werklik glo en kwytraak, en hoe jy hulle leerstellings doelbewus verdraai, sal hulle jou ook uitskop. Jy laat my dink aan die sataniste wat hulle by die kerke en op kerkrade inwurm om van binne af vernietigingswerk te probeer doen ... Maar die HERE sal julle dit vergeld!"

    Kobus, ek vergewe jou.

    Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe en in Sy liefde en genade gesond maak.

    Namaste!
    Cornelius

    NS Ek skrop eintlik vir ’n onbepaalde tyd weer diep in die bos. Ek belowe egter sonder om te veel te onderneem, om so gereeld as moontlik ’n eier te kom lê. Moenie moed verloor as my nessie bietjie leeg begin raak nie. Kobus, en moet my asseblief nie teleurstel nie – ek sal beslis kom loer ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top