KKNK-terugvoer

  • 4

Hierdie jaar was vir my teleurstellend.  Ooglopend was daar minder as die helfte feesgangers vergeleke met vorige jare by die fees.  Die kampterreine was onder helfte vol.  Vorige jare indien nie vooraf bespreek nie, kon jy nie ‘n staanplek bekom nie.  Met die Steve Hofmeyr se vertoning wat ek bygewoon het, na sy sang van die “Blou Bul”-lied, vra hy van Blou Bul-ondersteuners om hande op te sit.  Net ‘n handjievol hande gaan op, dieselfde geld vir die Cheetahs.  Toe hy vra wie is Shark-ondersteuners, gaan omtrent ‘n derde van die gehoor se hande op.  Die Stormers was meer as helfte hande op. ‘n Deursnit aanduiding van die opstel van feesganger bywoning.

Ek het drie opvoerings bygewoon.  Ben, Babsie en familie, Lag jou gat af en die Steve Hofmeyr-vertoning.  Al drie het ek terdeë geniet.  Wat opvallend was, was hoe ‘n Engelsman Afrikaners vir een en vyftig jare met sy “comic strip”, Ben, Babsie en familie, vereers in die Brandwag, en later in Rapport vermaak het. 

Die Steve Hofmeyr-vertoning is geopen met twee liedere van sy seun Armand, waarvan ek nie ‘n enkele woord van kon uitmaak nie. Behalwe vir  “Pampoen” en die “Blou Bul lied”, het Steve se eie liedjies van omtrent 40% van sy program, my nie geval nie.  Die ander 60% was Amerikaanse liedjies, toe hy Tom Jones, Kris Kristofferson, en ander Amerikaanse kunstenaars se stemme in Engels nageboots het.  Sy program is afgerond met ‘n nabootsing van Ge Korsten se stem, en afgesluit met ‘n huldeblyk aan die vermoorde boere.  Ek dink Jan Rap sou gegril het met Steve se Engels/Afrikaanse spraak mengelmoes.

Lag jou gat af het sy titel goed gestand gedoen.  Emo Adam; Wayne Mc Kensie; Dowwe Dolla en die Flooze, het lagkrampe vir die mage gesorg. Die vertoning se tyd was te vinnig verby.

Ek het ‘n lesing deur prof Herman Giliomee bygewoon, met die vraag “is daar nog ‘n geskiedenis vir die Afrikaner”.  Die opskrif was geensins behandel nie, maar gepraat oor die leierskap van  vorige Afrikaner Eerste Ministers en Presidente.  Die prof het gesê hy het ‘n ander toespraak voorberei, toe besef dit handel toe nie oor die onderwerp nie. Die aanbieder het hom toe beredder deur die prosedure te volg deur vrae aan hom te stel wat hy sou beantwoord, met Jan-Jan Joubert, verslaggewer op die verhoog wat aandag afgetrek het met sy kop wat soos ‘n kalkoen op en af in aanhoudende eenstemming beweeg het.  Oor die algemeen ‘n teleurstellende vertoning van die prof van wie ek beter verwag het. 

Die Karroo was lowergroen.  Die weer bewolk, reënerig en saans koud.  Ek het by my jong boervriend te Lategansvlei, net buite Oudtshoorn gebly.  Weens die gure weer, kon ons nie met sy pa se helikopter, soos met vorige jare, ry nie.  Ons het wel met hul 4X4 Merc, die Hel valley in die Swartberge in gery, en by die Mostert-winkeltjie daar geëet. Die natuurskoon op pad soontoe was asemrowend.  Berge waarvan groot stukke uitgeval het; die smal pad soontoe het my hare laat penregop staan.

Ons het ook “Fiela se kind” verhaal herleef vanaf Uniondale oor die skrikwekkende Prins Alfred-pas tot in Knysna gery.  Daarvandaan tot die Bloukransbrug.  My vriend het my uitgenooi om saam met hom te bunjee jump van die brug te voltooi.  Ek het verkies om liewers te kyk hoe hy sy sprong voltooi.

Saterdagoggend, 6 April, het ek die alleenrit terug huis toe deurgevoer.

 Jaco Fourie

  • 4

Kommentaar

  • Hello Jaco, 

     
    Die prof Herman Giliomee toespraak is deur Beeld gedek en die bevestig die leierskapkwessie. Die lesing wat oor die geskiedenis van die Afrikaner sou kon wees, kon dalk waardevol gewees het, maar wie sal weet. 
     
    In die Beeld word dit aangedui dat die sestig of so wat by die lesing was as die 'laaste Afrikaners' beskou kan word. 
     
    Hoe geldig dit is kan ek nie bevesitig nie. 
     
    In die algemeen is ek nie meer so gaande oor die Giliomee nie, na hy 'n paar jaar terug 'n 'verdediging' oor apartheid geskryf het wat aanvoer dit kon nie ekonomies haalbaar gewees het om al eerder apartheid te eindig nie. 
     
    Nou sit die land met ongelykheid en 'n erge brandpunt. 
     
    Dit is jammer dat jy nie 'balbesit' gesien het nie, aangesien dit 'n positiewe verslag in die Beeld gehad het en dalk dieselfde tema as 'Mies Julie' aanspreek, naamlik die vraag oor hoe die grondvraagstuk besleg moet word en ek graag 'n mening wou hoor van iemand wat dit gesien het, die artikel in die Beeld brei nie uit op die temas in detail nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter. 
  • Hierdie het ek al reeds elders geplaas en herhaal dit vir konteks: 

     
    Die historikus prof. Hermann Giliomee het by die Absa KKNK beweer is die mense in die saal waarskynlik van die laaste Afrikaners. Hy sê vir veral Afrikaanse mense is die gemeenskapslewe nie meer sentraal nie, maar eerder hul eie, persoonlike lewe. “Ons lewe net vir ons gesin, vir ons viertrekvoertuig en die natuuruitstappies. Daar gaan geweldig baie sosiale kapitaal verlore wanneer mense nie meer in gemeenskappe met mekaar saamleef nie.” 
  • Beste Wouter,

    Dankie vir jou twee response hierbo. 

    Ek het basies KKNK toe gegaan om plesier te soek, die dat ek die drie plesierige opvoerings hierbo genoem, uitgekies het.  Giliomee was eintlik 'n "after thought", my tyd daar  vermors.  Die gemiddelde ouderdom onder die gehoor was ver oor die 50's.

    Dat hy wel gesê het die huidige gehoor is moontlik die laaste Afrikaners, het ek daarin gelees as 'n enkele sin in die konteks van sy seminaar oor vorige leiers, en nie volgens die opskrif waaroor sy lesing eintlik hoort nie.

    Sy opsomming van al die vorige eerste ministers en presidente, was geensins vleiend nie.  Mbt Verwoerd het hy gesê dat die bevolking toe omtrent 15mil swart was, wat tot 30mil in 1994 gegroei het, 'n faktor wat hy  (Verwoerd) nie kon voorsien het nie, en wat bepalend was in die mislukking in die konsep van aparte state.

    Ek was beslis in die man teleurgesteld.  Dis die eerste keer wat ek hom gesien het.  Wat my verder van die man afgesit het, was sy minagting vir die Afrikaner-jeug van vandag.  Hy het hulle keuses van Afrikaner-musiek goed afgekraak, wat my in sy objektiwiteit in die breë laat twyfel het.

    Tyd vir vrae was aangebied, maar op die ou end, nie toegestaan nie.  Die seminaar is stomp afgesluit.  Ek wou hom gevra het, aangesien daar nie meer Afrikanerleiers is nie, is die Afrikaner-musiek dan nie 'n middel tot uitdrukking van samehorigheid onder ons jeug juis as gevolg van hierdie leemte nie.  Na sy praatjie, was hy omsingel deur te veel ander, dat ek dit toe nie die moeite geag om verder te wag nie.

    Daar was hierdie jaar 'n skaarste aan jongmense by die fees gewees.  Die gemiddelde ouderdom was in die 40 -50's, met die gevolg dat ek dit nie reggekry, soos in vorige jare, om "trade" op te tel nie.  Seker ook een van die redes vir my suurgeit oor die fees.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Jammer om te hoor die gelukkies was so skraal en bied dit geen troos om aan jou te bevesitig dat my twee niggies daar was, nudge, nudge wink, wink.....
     
    Dit is goed om te hoor dat darem nog 'n 'mate' van kritiek in sy argumente is en was ek ook net soos jy verbaas oor hoekom hy so uitvaar teen Afrikaanse-musiek, aangesien dit 'n aspek is waar Afrikaans floreer en die uitlewing fantasties is en verstommend so. 
     
    Die toneel is werklik florerend volgens wat ek kan sien en wys glad nie op die 'uitsterwe' van Afrikaans nie, mos 'n goeie ding, is dit nie? 
     
    Wat die ouderdomme betref, is dit maar nie die norm nie? 
     
    'n Jaar of twee gelede het 'n vriendin van my wat Zanta Hofmeyer ken my na hul 'proeflopie' geneem vir hulle aanbieding van Bach se 'Goldberg variations' en sou ek graag daarna wou luister en dan die 'ernstige' toneelstukke by die KKNK.
     
    Dit is dalk maar die 'nerd' in my.  
     
    Hopelik is dit 'beter' volgende jaar?  
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top