
Spoor
Theo Kleynhans
Solo-uitstalling

“Wegspringpunt” – Digitale geraamde druk
Theo Kleynhans, bekende kunstenaar en kurator bring vanjaar ’n uitstalling van sy eie werk na die ABSA KKNK. Spoor spreek die afdruk of teken wat agtergelaat word deur iemand in die verbygaan aan. Kleynhans kyk na die rit op pad na die ABSA KKNK vanaf Kaapstad en dokumenteer gedeeltes van hierdie pad of spoor. Nie alle spore is leesbaar nie, sommige spore is ook emosionele spore wat agtergelaat word. Dit sluit aan by die ondersoek van herinnering en vergeet wat sentraal tot sy werk staan. Soms raak mens die spoor byster en soms het die spoor dof geraak. Partykeer loop die spore dood en soms trap ons twee rye spore. Al hierdie betekenisse van die woord “spoor” word nagespoor aan die hand van die reis na die fees. Objekte word versamel op pad en hierop word fragmente van skilderye aangebring as rigtingwysers, memento mori en ’n onderskrywing van die vae narratief wat agtergelaat is.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


