Kinders, sosiale media en lees

  • 1

Op 11 en 12 September 2012 bied Unisa se Departement Inligtingkunde sy 4de jaarlikse Children’s Reading Conference aan. Vanjaar is die tema Kinders, sosiale media en lees. Die sosiale media (internet, Facebook, Twitter, ens) speel ‘n al hoe belangriker rol in kinders se lewens en daar is bekommernis oor die invloed daarvan op kinders, en spesifiek ook op lees deur kinders.

Tydens die konferensie sal sprekers van die VSA, Rusland, Ghana, Maleisië, Nigerië, Pakistan en verskillende instansies in Suid-Afrika die onderwerp vanuit verskillende oogpunte bespreek, onder andere die sosiale media en leesgedrag, die gebruik van sosiale media in die klaskamer, die rol van sosiale media in die biblioteek en die impak van sosiale media op onderwys.

Op Dinsdagaand 11 September 2012 word ‘n wynproe en skemerkelkie-aandete aangebied, waarna alle konferensiegangers Unisa se jaarlikse Storievertelaand kan bywoon. Storievertellers van die Filippyne, Zimbabwe en Noorweë sal saam met kinders van die Oost-Eind Primary School in Sunnyside optree.

Meer inligting oor die konferensie is hier beskikbaar of van prof Thomas van der Walt by vdwaltb@unisa.ac.za of 012 4296520.

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Yammers Smith

    Was lekker om hieroor te bly dink. Daar is 'n paar interessante stukke inligting waarna ons moet kyk. En ek is bly dat daar 'n paar temas en onderwerpe is om na te kyk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top