“Eerste Mens”, op alle gebiede nog laaste,
in ry, range van renteniers, begunstigdes,
uitgesluit, regstegnies nie genoeg Sapiens
“Eerste Mens” as’t onveranderd sou voortduur,
indien stereotipering, pejorativering, ongedaan,
ongestraf, ongrondwetlik, gelaat, laat los word,
“Eerste Mens” onbetyds, ongereed, vir Oordeeltyd,
vir uitsoekproses, keuring, selektering, benoeming,
van diegene wat pregedestineerd, verkies, gekies is,
saam’t Omnioloog, Skepper, Almagtig Vader, Lug kan skep,
in Geregtigheid, Volmaaktheid, van Sy Paradys, min g’pla,
m’t res, ergens iewers, steen-‘n-been aan’t kreun, Gewete-loos.
sedert slawerny word volk aan dopstelsel, dronkenskap, gebind,
soos’t nou lyk, “Eerste Mens” se allerenigste, onverdiende troos,
amper asof “Eerste Mens” nie primêr, op outydserfenis gerig is
Jacobus Faasen

