
Vang solank Kersfees-gees en deel dit met die LitNet-gemeenskap. Skryf ’n Kersverhaal (maksimum 500 woorde) vir ons Kersverhaal-kompetisie en jy kan Die Een Jaar Kinderbybel van Lux Verbi en Jakkals en Wolf deur Pieter W Grobbelaar wen.
Hoe skryf ek in? Stuur jou Kersverhaal (met posadres en kontaknommer) aan wen@litnet.co.za. Gebruik die woord KERSFEES in die titel.
Wat ek wen? Die Een Jaar Kinderbybel van Lux Verbi en Jakkals en Wolf deur Pieter W Grobbelaar
Wenner: Martie Swanepoel met haar kersverhaal "Dakarai se beste Krismis"

