
Ek was 'n kathater. Daai goed wat maauw, skuur en man se klere vol drade trek. Hierdie 2 grys katte, is soos 'n hond met toiletmaniere. Ek voer hul lewende rotte, muise en rou hoenderlewers. Hul is nie vet nie en het 'n hoë energie verbranding met hardloop, spring en stoei met mekaar. Slaap ek in dag, dan maak wyfie my wakker teen middag, 12:00. Slaap ek in nag, is opstaantyd 04:00. Die wyfie sit op die gym bank in die slaapkamer en roep my met 'n 'mirr'-roep. Sit ek voor TV, lê hul by my voete. Ek kan hul so 5 sekondes optel, dan wil hul uit die hande. Die katte hardloop en kan tot so 1,5 m in lug spring. Nou ja, hul toilet is beslis nie 'n 'zen'-tuin wat man in bak hark nie en waar hul lê op die mat is hare. Ek dink dat 'n man kan verander van siening oor voorkeur?
Hans Richardt


Kommentaar
Liewe Hans,
So bly om te sien jy het verander van siening oor voorkeur? Wie weet, dalk ontdek jy nog dat ons vrouens wel opinies het en nie so sleg is soos jy dink nie. Sou graag jou verlede-storie wou gehoor het wat jou siening oor ons gevorm het.
In elk geval, die katjie lyk pragtig, en wie weet, dalk leer sy jou wat liefde en warmte is ...
Sterkte
Trienie