die motorfiets
knal verby my venster
in die straat
ek word wakker met die ou gevoel in my
– ons is op pad
en aan weerskante
van ’n tonnel lig
hang
die bossies en die koppies van die groot karoo
halfpad teen die maan
iewers tjank ’n jakkals
en tjier die naguil
teen die halfnag in
ek wikkel die komberse styf om my
en draai weer om

