Kan ons omkeer?
Vandag kan ek sê ek kan niks meer sê
en vandag kan ek sien ek, ek is blind
Ek kan hoor die wêreld lag vir ons
en hoe die lag van die nag deur die dag kan eggo
Hoe ek dit deur die modder kan sleep
weet net die duiwel alleen
En hoe ek dit gaan oorleef
weet geen mens op Aarde nie
REFREIN:
Ek voel my hart raak dood
Wat jy bedoel is dat dit moet einde kry
Kan ons omkeer
en die haat van ? hartelose laat vaar?
More gaan ek kan hoor, hoor dat ek doof is
en vandag raak my woorde klaar
My vingers gaar van elke snaar se akkoord
Het jy tyd vir my vanaand?
Droom jy ook elke aand van my?
Want ek kan nie my oë sluit sonder om te dink aan jou
REFREIN
En oplaas sien ek myself in jou
Ons het bewys ons kan omkeer
Wat nou?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


