Jaco en sy ANC

  • 2

Nee, Jaco,

Wat jy probeer sê, werk nie:

My huldeblyk aan die ANC se 100 jaar bestaan is geensins ’n stelling van ondersteuning van die huidige bewind nie, en ek het dit uitdruklik ook so gesê, nl: “ek wil my persoonlike gelukwensing aan hulle uitspreek, ten spyte daarvan dat ek teen die huidige bewind van die ANC gekant is.”

Dis soos die Rooi Indiane van Amerika altyd gesê het: “White man speaks with forked tongue.”

In die Engelse wêreld verwys hulle daarna as sogenaamde “double-speak.” Insiggewend is dat jy spesifiek verwys na die “bewind” van die ANC, en nie na die ANC as organisasie nie. En dan ook slegs die “huidige” bewind en nie die voorafgaande of toekomstige bewinde nie, wat bevestig dat dit ’n erg verskraalde en feitlik niksseggende “teenkanting” aan jou kant is. Erge vorm van “double-speak.”

Jaco, jy gee voor dat jy teen die ANC se “huidige bewind” gekant is, maar inderwaarheid is jy “gemesmeraais” deur hulle en ’n lojale ondersteuner van hulle.

Wat my betref: Dankie, maar nee, dankie. En duisend maal nee.

Groete,
Judge Dredd

  • 2

Kommentaar

  • Judge

    Ek het sowat ’n jaar gelede vir jou bloedneus uit die SêNet-kryt uitgedonder. Nou wil jy my weer aanvat vir ’n nog ergere bloedneus, oor juis dieselfde onderwerp waaruit jy nou onlangs eers blyk jou bewussyn te herwin het. Terwyl jy in nimmerland was, het baie water intussen in die see ingevloei, ou.

    Jou soort ken nie eers die vaagste benul van redeneer nie. Maar ja. Laat ons maar die handskoene aansit.

    Regverdig en bewys jou stellings, nl:

    "Jaco, jy gee voor dat jy teen die ANC se 'huidige bewind' gekant is, maar in der waarheid is jy 'gemesmeraais' deur hulle en ’n lojale ondersteuner van hulle".

    Vir Dup het jy die volgende bog kwytgeraat, nl: "Ek dink (dink? Kan blykbaar nie ’n feitlike weergawe gee nie!) die enigste volhoubare oplossing vir Suider-Afrika is ’n konglomeraat van outonome volkstate", ou tossie. Gee ons ’n volledige uitleg hoe jy beoog om dit te bewerkstellig, veral die Afrikaner-volkstaat! Die ander stellings wat jy aan Dup gemaak het kan ons aanraak wanneer jy jou uit hierdie moeras eers gepraat het.

    Laaskeer was jy sodanig ’n verleentheid vir jou ander ultra-regse vriendjies hier op die net, dat hulle probeer het, sonder sukses, om vir jou in die bresse te tree. Ek wonder of hulle dit weer gaan doen, en indien wel, wees verseker, wanneer dit gebeur is dit weer omrede jy opnuut ’n verleentheid vir hulle is en hulle weer "damage control" probeer toepas.

    Jaco Fourie

  • Thys Human (PTA)

    Jaco, ek het gesukkel om ons onderonsie oor Afrikaner-samewerking weer te vind, maar het dit darem nou weer kon lees, maar dit is so weggesteek dat ek liefs hier antwoord. (LitNet – julle argiewe werk nie lekker nie – kry ’n beter stelsel) In daardie artikel maak jy onder meer die bewering dat Afriforum besig  is om die belangrikste Afrikanerorganisasies onder sy sambreel saam te trek en dat die kleiner "verregse" groepe maar by julle moet inval (indien aanvaarbaar vir julle – en Dan Roodt en sy Praag en blykbaar die VVK is nie) want julle het die meeste geld en julle siening gaan wen. Eerstens, verstom dit my dat jy die ATKV as ’n "Afrikaner"-organisasie kan beskou. Ja, dit bevorder Afrikaanse dinge, maar onder leiding van ’n bruin man van die Kaap wat dikwels uitgesproke anti-Afrikaner is. Ja, dit is seker so dat die meeste van hul lede Afrikaners is, maar waarskynlik net omdat hulle as lede voorkeurbespreking by die oorde kry! Een of ander tyd gaan daar nog ’n skerp reaksie teen die huidige ATKV-leiding wees, maar hulle klou vas met ’n ysterhand en allerlei gekonkel agter die skerms. Ek weet, ek was ’n klompie jare gelede daar en ’n slagoffer daarvan. Tweedens, jou weergawe van pogings om samewerking te kry is nie alleen skeef nie, dis sommer doodgewoon vals. Daar is verlede jaar in September op ’n vergadering van verskeie groeperings (selfs die AB en IsraelVisie en ook ek namens die Vereniging van Vrydenkende Afrikaners was daar). Daar is ’n komitee gestig om Jaap Kelder se idees van kantons verder te vat – en dit probeer nog om bestaanserkenning te kry in terme van bestaande wetgewing. Daar is ook ’n klein komitee aangestel om gesprekke met ander organisasies wat nie daar was nie te voer en samewerking (nie samesmelting nie) te probeer bewerkstellig vir iets soos ’n Afrikanerraad en gesamentlike werk aan idees en planne. Ek was nie lid van die klein komitee nie en moes dus eers die afgelope dae probeeer om terugvoer te kry oor wat hulle bereik het. So paar maande gelede het ’n groepie van ons vergader en gehoor dat hulle sukkel om met julle kontak te maak. Ek verstaan nou van een van die lede dat die komitee probeer het om gesprekke met julle aan te knoop, maar dat alle pogings summier deur Afriforum afgewys en afgeskiet is. Afriforum se houding is, word ek meegedeel, dat almal by Afriforum aansluit en onder sy sambreel inbeweeg en as hulle dit nie wil doen nie word hulle bestempel as verdelers, eenheidsbrekers en verregs! Jaco, miskien het julle die geld en miskien kan julle mense soos die ATKV-leiding by julle intrek (maar julle gaan sukkel!), maar julle verteenwoordig duidelik nie die Afrikaner nie. En jou aanhoudende verwysing na ultra-regses bevestig net dat julle nie so sterk teen die hudige ANC-bewind is nie. Lyk my Judge Dredd is reg as hy sê dat "jy 'gemesmeraais' is deur hulle en ’n lojale ondersteuner van hulle is".

    En dan stem ek met hom saam: Nee, ’n duisend maal nee. Dan maar eerder met die godsdiensbekrompe VVK en die uitheemse IV saamwerk – lyk meer vir my soos MY mense as julle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top