LitNet soek na ’n dinamiese raakvatter om in hierdie opwindende tyd van verandering en vooruitgang by ons span aan te sluit.
Jy moet ’n passie vir kulturele sake hê, asook ’n lewendige belangstelling in die heersende sosiale debat.
Daarbenewens moet jy oor die volgende beskik:
- ’n goeie kennis van LitNet en ’n passie vir die projek se bevordering
- ’n gevoel vir die tydsgees
- bewese redaksionele flair en ’n neus vir kulturele nuuswaardigheid
- geesdrif om spesiale LitNet-projekte te bedink en borgskappe vir sodanige projekte te werf
- die vermoë om aanloklike, betekenisvolle inhoud te werf en te skep sodat lesers voortdurend gelok en behou word
- ’n reeds bestaande netwerk kontakte en goeie netwerkingsvaardighede
- uitstekende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels en ’n oog vir skoon kopie en uitleg
- ywer vir die bedryf, uitbou en instandhouding van ’n internetruimte, en dus gemaklik met die gebruik van HTML en pakkette soos Dreamweaver, Photoshop, ens
- ’n passie vir sosiale media en nuwe multimedia-toepassings
- ’n belangstelling in die ooptoegang-beweging tov akademiese navorsing, soos vergestalt in LitNet Akademies, LitNet se onderafdeling vir akademiese skryfwerk
- ’n aanvoeling en voorliefde vir die aanlyn-werksomgewing en die vermoë om nuwe sagteware vinnig te bemeester en aan te wend.
Ondervinding in die werwing van aanlyn-advertensies en borgskappe sal sterk in jou guns tel; so ook toepaslike opleiding of kwalifikasies, fotografievaardighede en minstens twee jaar ondervinding van span- of projekbestuur, verkieslik in ’n aanlyn-omgewing.
Persoonlike eienskappe
- energiek, entoesiasties en kreatief
- lojaal
- vermoë om binne ’n kreatiewe omgewing vinnig en akkuraat onder druk te werk en stylriglyne te volg
- betroubare administratiewe vaardighede
- uitstekende interpersoonlike vaardighede
- ’n harde werker en trots op eie werk
- goeie tydsbestuur en die vermoë om daaglikse en langtermyn-take sonder toesig te prioritiseer en uit te voer
- die vermoë om gefokus binne ’n kantooromgewing te werk en take noukeurig af te handel
- ’n puntenerige oog vir fyn besonderhede
- die bereidwilligheid om geleenthede na ure by te woon
- die bereidwilligheid tot daaglikse roetinewerk.
Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die:
- generering en bestuur van LitNet-inhoud
- joernalistieke dekking van geleenthede vir LitNet
- koördinering en bestuur van spesiale LitNet-projekte
- algemene instandhouding, bestuur en bemarking van LitNet
- bestuur van leseropinies
- uitbreiding van die LitNet-gemeenskap en -netwerk
- tegniese vernuwing van die LitNet-platform
- laai van materiaal, insluitend die ontwerp van internetbladsye en grafika
- algemene administrasie
- bystand met voorleggings en advertensie- en borgwerwing.
Jy sal aan die uitvoerende redakteur van LitNet, Etienne van Heerden, en die Senior Inhoudsbestuurder, Naomi Bruwer, rapporteer.
Hierdie pos is ’n kontrakpos van een jaar met die waarskynlikheid van hernuwing. ’n Proeftydperk van drie maande sal van krag wees. Vergoeding: oop vir gesprek – afhangend van aansoeker se senioriteit.
Aansoek
Motiveer jou aansoek deeglik, sluit getuigskrifte in, gee kontaknommers van persone wat jou werk ken, en sluit ’n volledige curriculum vitae by jou aansoek in.
Die pos is ’n kontrakpos van een jaar en werksure en vergoeding is onderhandelbaar. Die aansoeker sal vanuit die LitNet-kantoor in Dorpstraat, Stellenbosch, werk.
Stuur ’n CV en dekbrief aan Etienne van Heerden én Naomi Bruwer by onderskeidelik etiennev@mweb.co.za en naomibruwer@litnet.co.za of skakel Naomi Bruwer by 021 886 5169 vir enige navrae.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir onderhoude in die tweede week van Januarie 2012. Aansoeke sluit op 9 Januarie 2012.

