"In my drome" deur Joy Landman

  • 0

In my drome

Hier tussen die sterre
Waar ek my soms bevind
Hier naby die maan
In die sprokies van ’n kind
Dis hier waar ek jou kry, hier wag jy vir my
In my drome, hier sal jy bly.

Hier tussen die wolke
Waar my dagdrome begin
Hier naby die son
Maak jou woorde skielik sin
Dis waar ek jou kry, hier wag jy vir my
In my drome, hier wil ek bly.

Hier hoog bo die aarde, ver van die gewemel
Waar liefde vlerke kry, in ons eie hemel
Dis hier waar ek en jy vry op die wind kan ry
Hier vou jy jou arms veilig rondom my

Hier tussen die semels
Waar ek my nou bevind
Hier tussen die mense
Waar tyd en geld verblind
Dis waar jy my kry, hier kom haal jy my
In my drome kom jy my bevry

Hier hoog bo die aarde, ver van die gewemel
Waar liefde vlerke kry, in ons eie hemel
Dis hier waar ek en jy vry op die wind kan ry
Hier sluit jy jou arms vir ewig rondom my

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top