In Suid-Afrika is dit midsomer
Mandela is oorlede op 95
Ouma en Oupa ook
ek het 'n dogtertjie
sy is twee en lyk soos jy en Pa
“Wreckingball” is die nr 1-song
hipster is die nuwe cool
twerking is 'n nuwe move
ek verstaan dit nie
want ek is nie 'n hipster nie
Amerika het medies en skuld
Cornelis en Nicole het 'n huis en twee honde
Christiaan het dieselfde girl vir langer as twee maande
Naweke werk Ma in die tuin en Pa ry bike
Smiley leef soos 'n koninklike hound
Vandag is Maandag en ook jou verjaarsdag
Ons sou 25 kerse op jou koek moes gepak het
Geluk Boeta, ons mis jou vreeslik baie
Sonder jou is niks meer dieselfde nie

