Halloskiphallo

  • 1

Soms soek ek liefde, soms soek ek pret
Soms gaan loer ek op chatroulette
Maar daar’s gans te veel tollies
En gans te veel druk
Word daar van my verwag om ook handuit te ruk?

Boonop maak dit seer as iemand my skip
Of as ek “hallo” sê en waai
En al wat ek hoor is piep
Die ergste steeds is as hulle lag
bufferende gekekkel sny dieper elke slag.

Klap tóé die skerm. Weg van my skoot.
So kan die siel vergaan. So sal ’n man dood. 

  • 1

Kommentaar

  • Andrei de Law

    Hierdie is die mooiste van al die gedigte ... behalwe Die Breingevaar. Daardie twee is by verre die mees verbeeldingrykstes. Ek hoop inderwaarheid hulle wen!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top