as kind het ek onvoltooide dinge agtergelaat ... o die hartseer hanswors! Die snaakse kermiseend!
Nou om dit klaar te maak …
te groot was die skoene vir my voete!
dra dit later, dra dit later …
ha ha ha ha …
nóg toffieappels nóg spookasem! die reën het te lank aangehou, my broekspante het gekrimp in die bui … niemand het my trane geglo nie … die vloedgolf van nuttelose applous, en die waansinnige gelag, die traan by die stekiesdraad … en die pleister …
ha ha ha ha …
die parodie het geëindig, die grimering afgevee … hiér, ’n wêreld-bloedklont op die punt van my neus! die vertoon van eensaamheid, die toeskouers, die gemaskerdes en die tweegesigte! my lewensduur vloei soos ’n rivier sonder skyn … ek het te oud geword en die souffleur se teken vergeet … o, daai pieperige seuntjie! die bollemakiesie-slanende liewenheersbesie! ek onthou dit!
sal ek plat op my gesig val, ek kan nie opstaan nie …
en die mense dink dis ’n toertjie
ha ha ha ha
ha ha ha
ha ha
ha
h
- Translated into Afrikaans by Charl-Pierre Naudé
[Die gedig kom uit die Turkse digter ?lyas Tunc se manuskrip wat die 2008 Ceyhun Atuf Kansu Poësietoekenning verower het. Die volledige manuskrip is deur ?lyas Tunc en die Suid-Afrikaanse digter Robert Berold in Engels vertaal. Die gedigte toon iets van die Mediterreense surrealisme van die Odusseus Elytis.]

