Groen en boos.
Virus geen troos
Mp3’s verlore.
Mp4’s verbode
Webblaaie vernietig.
Trane verdrietig.
Geselskap verwoes,
e-posse moet koes
Dit is instruksies en funksies.
Op die rekenaar se venster staan:
Hoofopskrifte rooi,
in wrede woorde
op die skerm.
Gevaarlik en eienaardig
kerm Facebook, Twitter en Google
ferm.
Tyd om die rekenaarprogramme
te beskerm
Virusse verbreek die normale beeld
Steel alles wat hy lees.
Steel alles wat hy weet.
Kleurlose grafika.
Kies eerder algebra,
Laggende robotgevaar!
Dans op rooilynkitaar.
Tik sag aan die snaar.
Internet in gevaar!
Soek die dot, botswart stippellyn?
Die virus het nog nie verdwyn?
Die brandmuur is hier!
O, beskerm die muurpapier!
Van bekende gesigte
en projekverpligtinge.
Van besige kalenders en memo’s.
Dokumente wat kreun en ween
drukkers wat treur, en
Yahoo.com wat ondersteun.
Rekenaardienste gereed,
lêers gemaklik. Baie verganklik.
Daarby kopseer-opgraderings.
En hardkoppige kragonderbrekings.
Slaan jou naam met ‘n plank.
Die virus is aan die gang! Glad nie bang.

