Gevaar vir die teatergemeenskap in Suid-Afrika

  • 0

Let your language and your culture go. – Sir Alfred Milner (na die 1902 Vrede van Vereeniging)

Hierdie aanhaling kom uit Martiens van Bart se artikel “Olive Schreiner: Kampvegter vir Afrikaans” (Die Burger, 3 Maart 2012). Dis my beweegrede om die meegaande skrywe te takel.

Mike van Graan het meer as tien jaar gelede onder my aandag gekom, weens sy sorgvuldige en demokratiese prosesse. Met die naam-debakel by Kunstekaap (destyds KRUIK) was hy as bemarkingshoof aan die spits van ’n hoogs demokratiese proses om die debakel te ontlont.

Onlangs skryf Mike op Artlink sy opinie oor die onlangse Fleur du Cap-toekennings. Dit bevat onder andere ondermynende kommentaar op ’n prys wat aan my uitgeloof is. Dis hoekom ek tot nog toe stilgebly het oor sy menings.

Maar dit spook by my, weens die wesenlike gevaar wat sy menings vir die teaterlandskap in Suid-Afrika inhou. Onthou, ek is ’n Bellville Burgersentrum- en KRUIK-baba. Dis waar ek as seuntjie elke denkbare opvoering bygewoon het. Fleur du Cap-pryse was destyds die Drie Blare-pryse. Dis hoekom ek byvoorbeeld in my toesprakie verwys het na die grote Babs Laker, wie se foto elke dag vanuit ’n raam vir my kyk. Vanaf 1990 is die bevoorregte posisie in my geskiedenis my ontneem. Selfs deelname aan TV op SAUK is my ontneem. Werk waarvoor ek en my tydgenote in die ’80’s betaal is, word nou gratis heruitgesaai, selfs op ander kanale, en soms dwarsoor die wêreld. Sonder kontrakte wat my menswees en my regte eer. Waarop sou ek aanspraak kon maak as geboortereg? Vanoggend lees ek die artikel oor Olive Schreiner, en ek verstaan dadelik my plig.

Die bogenoemde penarie vir Afrikaanssprekendes het die ruimte geskep vir visioenêre om op die mees ondenkbare plekkies kuns te begin huisves. So het die KKNK tot stand gekom. Selfs kykNET. Onlangs die Engelse teatergeselskap The Mechanicals – in Kaapstad.

Hul eerste Afrikaanse produksie, na jare se bestaan, was Die rebellie van Lafras Verwey, deur Chris Barnard. Die stuk word toe lof toegeswaai in elke denkbare publikasie – Engels en Afrikaans. En nie alleen wen dit toe drie pryse by die Fleur du Cap-toekennings nie – dit word deur gehore bestempel as die Gewildste Produksie deur The People’s Choice Award.

Dis hierteen dat Mike van Graan hom onomwonde uitlaat: “There has been much exasperation, disappointment and even anger expressed after the recent Fleur du Cap Theatre Awards.”

Mike van Graan is ’n besonderse administrateur van die kunste, en word deur feeste en streeksrade embrace. Daar’s nie ’n beter woord nie. Hy word nie “ontvang” nie; hy word betrek op elke denkbare vlak. Tans is hy weer in diens by die Kaapse gewese streeksraad, Kunstekaap. Hy voer drie stukke uit sy pen vanjaar daar op. En hy stig en lei allerlei positiewe teaterforums, soos PANSA* en The Arterial Network. Mike kry inderdaad baie gedoen.

Ek onthou die hordes gesprekke wat ek met Mike gehad het in die ’90’s. Die gesprekke was oor die benadeling van mense van kleur, die potensiaal wat daar opgesluit lê, en die benadeling van die Afrikaanse teatermaker, oa deur die regering se befondsingsliggame en die Lotto. In ’n skrywe van Mike in Die Burger (en elders) ontbloot hy die Nasionale Kunsteraad vir hul bevoorregting van hul eie direksie. Hy doen dieselfde met ’n raadsbesluit by Kunstekaap, wat duidelik dui op bevoorregting van ’n raadslid daar. Eienaardig genoeg kraai geen haan daarna nie. Die betrokke individue is hoogs bevoorreg en die instansies soos die Nasionale Kunsteraad en die lotery doen steeds net wat hulle wil.

Nou betree Mike weer die protesforum, oor die nominasies vir akteurs: “Four of the 68 nominees were persons of colour.” Hy vra: “Do they reflect the reality of the demographics within Cape Town’s theatre industry?”

Maar deel van my en Mike se gesprekke was (en ek onthou sy reaksie so duidelik soos gister) my voorstel dat hy, gegewe sy ongelooflike administratiewe vernuf, op die patroon van die ATKV, en deur sy skakeling met die ATKV, tienertoneel in swart gemeenskappe probeer uitbrei. Ek was oortuig die ATKV sou hul werkswyse en databasisse oopstel; selfs deelneem. Sodoende sou mens ’n lewendige kultuur bou van teater in die agtergeblewe gemeenskappe, en in gemeenskappe waar volkseie style van teater ongesiens bestaan. Tussen hakies, ek het al in die laat ’80’s vir die ATKV Xhosa-stukke beoordeel.

Terwyl Mike sy eie ambisies volvoer, het ontwikkeling in agtergeblewe gemeenskappe gelukkig ’n vastrapplek gekry deur die toedoen van Marlene le Roux (Gehoorontwikkeling; Kunstekaap), onder wie se leiding ’n tienertoneelkompetisie by Kunstekaap tot stand gekom het. Ek, Fatima Dike en June van Merch beoordeel die afgelope paar jaar daar. Nog projekte wat in die townships baanbrekers was, is die opvoerings wat ek in samewerking met Procare (maatskaplike werkers) vir 18 maande daar laat speel het. 600 000 mense is bereik met die teaterproduksies, in drie tale. ’n Universiteitstudie is gedoen mbt die statistiek. Die Wes-Kaapse regering se eertydse minister van gemeenskapsveiligheid, Leonard Ramatlakane, was die hoofborg van HOOC (Hands off our Children). Die stukke het kinders bewus gemaak van hul regte en tot tientalle arrestasies van kindermolesteerders gelei. Nog goeie werk is gereeld gedoen deur teatergeselskappe soos Cape Heart en Magnet, en deur The Baxter Theatre se jeuggroepe. Daar is nog sulke bydraers. Maar aandag aan tienertoneel en gemeenskappe - met hulp van die nasionale regering – is steeds ontoereikend.

Tydens ’n gespreksessie by The Baxter, nog met Pallo Jordan as regeringsverteenwoordiger, oor die nonprestasie van die Nasionale Kunsteraad, het Xhosa-mense – een swart vrou in trane – gevra hoekom hulle nie befonds word nie. Die enigste antwoord daarop was ’n brosjure wat ons almal in die pos ontvang het oor die Nasionale Kunsteraad.

Ramatlakane het die projek HOOC ook laat doodloop, weens druk om dit uit Afrikaanse mense se hande te neem.

Mike merk in sy Artslink-rubriek op: “Fingers were immediately pointed at the judges for 2011, the majority of whom were white, and most of these were Afrikaans-speakers.” Hy meld die kategorieë waar ontevredenheid bestaan: “… leading actor, leading actress and leading support actress, best performance in a cabaret/revue/solo performance, most promising student and best director”. Sy statistiek wys: “… 63 productions which were eligible for the awards, of which 53 (84%) were presented in 6 theatre spaces: the Baxter Theatre (15), UCT’s Intimate/Little theatre complex (9), Theatre on the Bay, Artscape and the Kalk Bay Theatre (8 each) and the Fugard Theatre (5)”.

Ironies genoeg is al hierdie ruimtes vreemd vir Afrikaanse produksies. Tydens die pas afgelope 5th PANSA*/NLDTF Festival of Reading of New Writing was nie één produksie Afrikaans nie. Voor Hennie van Greunen se verkwiklike Janneman was daar eeue gelede laas enige Afrikaanse teater in die Kunstekaap-teater te sien. My versoeke om enige van die stukke wat ek regie en vervaardig, wat met toekennings belaai kom, en ons klassieke skrywers vir die teater besing, soos Taraboemdery (Chris Barnard – opgevoer ter viering van sy 70ste, beloon met Innibos se prys vir Beste Kunstenaar), ’n Seder val in Waterkloof (PG du Plessis – Innibos se Mees Gewilde Produksie) en Mooi Maria (Pieter Fourie – Aardklop se Beste Afrikaanse produksie, met Beste Aktrise, Beste Regie) by Kunstekaap opgevoer te kry, lewer geen dividende nie.

Mike van Graan se gevolgtrekking dat die Fleur du Cap-pryse ’n opinie kan skep van “a relic of the apartheid past, and at best, a confirmation of the Western Cape and Cape Town being ’untransformed’” lyk na ’n mistasting. Sy waarnemings lyk selektief.

Veral as hy skryf: “Four of the six main theatre spaces – Theatre on the Bay, Kalk Bay Theatre, the Fugard Theatre and the Little Theatre/Intimate Theatre complex – provided more than 100 roles for actors during 2011, but fewer than 5% of these were filled by actors of colour”, val dit vreemd op dat hy teaters soos die Klein Libertas buite rekening laat. Weet hy hoeveel opheffingswerk daar plaasvind, met groepe soos dié van Given Jikwana uit Khayelitsha? En hy rep nie ’n woord oor die Woordfees se wenner van verlede jaar, Oom Anton by die See, wat nêrens ’n holtetjie vir hul voet gevind het nie. Die briljante werk van Juanita Swanepoel (regisseur) en ’n akteur soos Waldemar Schultz was net die paar Klein Libertas-gehore beskore. Waar is hierdie uitmuntende akteur se Fleur du Cap-nominasie? Waar is die erkenning en bevoorregting van die Afrikaanse teater wat Mike impliseer?

Mike skryf ook van teaterbesture en onafhanklike teatermakers “choosing to do plays and/or casting the plays in a manner that provides the judges with an overwhelmingly white pool – nearly 90% of the total number of actors – to choose from”.

Terwyl hy in die stelsel is by Kunstekaap, kan hy dalk navraag doen wat geword het van my teks wat ’n kollega so drie jaar gelede by Kunstekaap ingedien het. Dit was met die oog daarop dat dit kan kwalifiseer vir hul Nuwe Skrywers-program. Die titel was Gutter Politics, en die rolverdeling totaal verteenwoordigend van die gemeenskap. Tot vandag is daar geen reaksie nie. Net weer bewys van hoe reusagtig Mike se administratiewe vermoëns is om drie stukke binne die bestek van maande by Kunstekaap opgevoer te kry. Al drie in Engels, en met verteenwoordigende rolverdelings.

Mike, jy kan nog verder ook help en die regering steeds vasvat. Jy skryf oor die bedryf: “[D]oes it have the vision for and commitment to a theatre practice that serves, reflects and includes the diverse communities of people of the province?” Met die totstandkoming van my produksiemaatskappytjie Impresario in 2000 het ek en my toentertydse vennote, Bev Maritz en Dirk en Reinet Nagtegaal, vyf produksies na die KKNK geneem: Skilder (met Sean Arnolds en Renate Abrahams), Die Sideboard en Die Vuur (met Simon Bruinders), Rainbow Ensemble (met vier klassieke sangers, oa Matthew Overmeyer en Charlotte Stopforth), Plakboek en Petronel Baard - Lang Vrou.

Ons moes teen ’n groot verlies agterkom dat mense nie kaartjies koop vir onbekende werke of kunstenaars nie. Om dié rede woon swart gehore nie sommer my stukke by nie. Ek het ook met Faan se Trein deur die Noord-Kaap getoer, waar Afrikaans spreektaal is vir duisende Tswanas en bruin mense, en net geen sukses gehad om die gehore befonds te kry - om by te woon of selfs daar te kom nie. Die ANC-regering bring maar nie sy kant nie. Die verliese van duisende rande was myne.

Marlene le Roux het reuse-sukses om gehore by Kunstekaap se talle Xhosa-produksies te kry.

Mike skryf ook: “Only one director – Fatima Dike - was a person of colour, with 7 directors being responsible for just under 50% of the total productions under consideration.” Mike se jongste stuk word nie deur “a person of colour” geregisseer nie.Sou hy perdalks mik na ’n ander deelnemer op die Fleur du Cap-aand? Daar het Lara Foot-Newton, baas van The Baxter, ook die podium gebruik om haar uit te spreek oor die “wit” gehoor. Anders as Mike was sy nie soseer krities oor die Afrikaans nie. Maar Mike skryf: “[T]here needs to be much more participation by, more opportunities created for and upskilling of people of colour across the theatre industry in Cape Town regularly.”

Anders as Marlene by Kunstekaap kry Lara dit nie reg om die ryk nalatenskap wat Mannie Mannim by The Baxter geskep het, vol te hou nie. Om een of ander rede kon The Baxter vir ’n wyle nou nie kinderteater, wat tradisioneel deel van The Baxter se aanbod was, bestaande uit ’n bruin regisseur, met grotendeels bruin spelers, vir grotendeels bruin gehore, by hulle huisves nie. Elton Landrew moes glo risiko’s elders gaan loop, glo teen verliese van duisende rande, om sy diens te bly lewer en kos op sy tafel – en dié van ’n paar ander mense – te probeer hou. Met twee restaurante wat toegemaak het in ’n ry, laat dit The Baxter toe sonder pitkos en kos. Behalwe enkele produksies wat Lara – welbekend vir haar stukke met swart spelers – self skryf en regisseer. Hul hoogtepunt tans is ’n stuk uit Amerika.

The Mechanicals bestaan uit mense van enige kleur en geslag wat probeer besig bly, terwyl hul gemarginaliseer – en uit die aard van die werk – ledig is. Terwyl hulle hul eie potjie krap, gee hulle hul eie tyd gratis, bring werk op die planke, en hoop om ’n meevallertjie te verdien as die werk suksesvol is. Alle partye is welkom om voorstelle te maak, betrokke te raak. So om hul ywer teen hulle in te span, is wreed.

Toevallig was ek as regisseur betrokke by die bekroonde produksie Die rebellie van Lafras Verwey, wat vol in Mike visier is. Dis interessant dat ek in 2006 laas selfs in aanmerking gekom het vir ’n Fleur du Cap. Omdat my werke nooit in die Kaap gesien word nie. Dit dui op nog ’n mistasting wanneer hy sê die feeste, “all of which serve a primarily Afrikaans-speaking market – produce numerous plays between them annually so that inevitably, many of these plays will be staged in the city’s main theatres and will thus be eligible for the awards”.

Weer eens – met jou administratiewe vermoëns kan jy dalk vir mens ’n lansie breek by Kunstekaap, eerder as om Afrikaanses hierdie pak slae te gee.

Mike, I have to defend the Mechanicals, as well as you, by agreeing with you. Of the many stats you mention re designs (i.e. lights, costumes), The Mechanicals should have been nominated for more. Guy de Lancey’s lighting design for Lafras was quite superb – same as for Midsummernight’s Dream. Let alone his directing of this superb piece. So was Tinarie’s sound and costume design for Lafras excellent. I am alongside you in your wish for qualified, neutral adjudicating panels, who will satisfy all. This will go a long way in fulfilling your aspiration ’to produce a critical mass of nominees who stand a real chance of winning on the basis of merit rather than because of political correctness.’ But, Mike, that is a pipe dream.

I must add – the day when an Afrikaanse ou is privileged because he is labelled as ’politically correct’, I down a draught on tap straight away. Especially if it happens in this mainly Afrikaans outpost of the Western Cape.

The Afrikaans ou is the most marginalised of theatre-makers, as far as many institutions, including government, are concerned. The Lotto dishes out money to anyone – but deserving cases, ie the Saartjie Baartman institution for abused women and children, can wait, like anyone else, says Sershan Naidoo, Lotto’s spokesman. If that is the case, can you imagine how far back in the queue theatre is? Especially those of us who aren’t in line to see our work at The Baxter or Kunstekaap. And it is not as if the educational theatre in townships and on farms, for which I applied to the Lotto in 2000, without any answer as yet, would have been exclusively Afrikaans.

Mike, we all are in the long queue. I am much further behind you. The Afrikaans ou sort of doesn’t stand a chance. The participants of Die rebellie deserve, alongside all the parties you promote in your column, to be recognised and promoted. Let’s not eat each other because someone is stealing our food.

And to sift through many statistics and then come up with a statement that “this year’s awards event reflected poor political, business and artistic judgement” only appears to be logical. It is a cheap shot. You are right when you say the problem (your problem) “cannot be laid simplistically at the door of Distell”. This is what I am afraid of: that your loose shots will drive everyone on to the back foot and serve as a big setback – not only for the Afrikaans artist, but for the arts on the whole. Let’s address the real issues.

Let’s develop South Africa as we should. I also adjudicate, and I go to the utmost lengths to not be influenced by anything other than what I see in front of me on the stage. And I make big enemies, often, in a world where bias and prejudice often seem the deciding factor in winning or losing.

Let’s have our own gracious deeds determine how soon the day will come when adjudicating panels will give the same security as Dance should feel when adjudicated by Eduard Greyling.

King Lear sien liefde te laat en sê, wanneer hy sy gestorwe dogter sien:

Why should a dog, a horse, a horse, a rat have life,
And thou not breathe at all.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top