’n Baie belangrike saak noodsaak egter opheldering.
Dit gaan oor die vermelding van die werk wat hy in 1982 vir Radio Suid-Afrika van die SAUK gedoen het onder die titel "Die Bybel leef". In werklikheid is daar nie minder nie as 20 programme wat Ferdinand geskryf is, met my as regisseur, uitgesaai. Dit was bedoel om ’n boek onder die dieselfde titel, wat gehandel het oor die ontstaansgekiedenis van die Bybel, uitgegee deur J L van Schaik, bekend te stel. Van die bekendste teoloë van destyds het hoofstukke daarin geskryf en Ferdinand het as redakteur opgetree. Die boek is ook as voorgeskrewe leeswerk by Teologiese Fakulteite voorgeskryf. Nie nodig om te sê nie, dat dit ’n projek is wat 2 jaar geduur het en wat op ’n toer na Israel uitgeloop het. Dit was geen geringe prestasie nie en as omroeper-regisseur, was dit vir my ’n besondere eer om baie nou met Ferdinand Deist saam te werk. Die progamme behoort steeds vandag nog in die klankargief van RSG beskikbaar te wees. Ek het genadiglik my eie versameling!
Henk Bierman

