Etnisiteit en verslaggewing

  • 0

Ek wil ook graag my mening oor die skreiende etiketering van beriggewing in die media lug. Ek praat nie die aanval wat op die Moslem gepleeg is goed nie. KykNET het dit breedvoerig op hul nuus uitsending gehad. Daar is met ’n onherkenbare dame ’n onderhoud gevoer en haar woorde was iets in dier voege, "we experience a lot of racial comments especially from white Afrikaner men". As dit nie ’n gruwelike veralgemening is nie, weet ek wragtig nie. Een ding wat ek die Moslem toegee is dat hulle saam teen die "infidiles" staan. Indien een van hulle te na gekom word, skree hulle almal uit een mond.

Die naweek word ’n bejaarde paar aangeval en die man word met messe doodgesteek. ’n Jong vrou word doodgeskiet. "So what?" Dit word terloops genoem. Ek blameer myself in baie van die gevalle. Ek maak nie my bek oop en roer die media oor die argeloosheid waarmee hulle oor sekere halsmisdade  berig nie. Ons is al afgestomp oor die plaasmoorde. Dit is holrug gery. Dit is ou nuus. Ek het ’n vriend gehad wat op ’n keer vir my gesê het ek kan nou maar gerus ophou kla en kerm oor plaasmoorde. (My broer is op ’n plaas soos ’n hond doodgeskiet.)

Ek vra myself net af, hoe lank nog, hoeveel moet ons nog verduur voordat daar gesê word, tot hier en nie verder nie. Ek vertrou ook nie die sogenaamde Boeremag-verhoor nie. Ek ruik ’n rot. Ek weet net dat iemand die manne moes verraai het. Iemand is in hul midde gewees om die saak by iemand tuis te bring van die sogenaamde aanslag wat beplan word. Dit is ook vir my sprekend hoe verboureerd die regime is oor gerugte van Boeremag of sogenaamde regse bedrywighede. Ek glo nie die regime is so onnosel om te vergeet dat daar sowat driehonderdduisend opgeleide soldate in die land sit wat met die nodige motivering moontlik tot aksie sal of kan oorgaan nie. Ek glo ook nie jy het soveel manne nodig nie. Met ’n duisend gemotiveerde en gedissiplineerde manne sal dit nie eers ’n week vat om die land oor te neem nie. Die wil moet net daar wees om dit te doen. Die blanke kan dit ekonomies doen deur slegs belasting terug te hou.

Ons wag maar en sien.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top