Tik soek hier: [As al die vinger-tikkies op die sleutelbord van my rekenaar oor die jare opgetel kon word in ‘n majestieuse alwetende sakrekenaar, hoeveel sou dit altesaam geweeg het?]
Dis soos een van daardie lekker speel-drome van kind-wees:
As ek dood is eendag wens ek ek kon weet of die Amerikaners regtig in ’69 op die maan geland het, of Queen regtig in ‘Another one bites the dust’ geuiter het dat hulle lief is vir dagga en of elke sneeuflokkie regtig ‘n oorspronklike skepping is van God?
Wag ‘n bietjie, die mens het ‘n soortvan goddelikheid bereik met die internet, toe nie?
‘n Amper-alwetende brein wat jou kan vertel of wetenskaplikes werklik die Higgs Boson gevind het, dat ‘n volstruis se oog regtig groter as sy brein is, dat akupunktuur geen wetenskaplike basis het nie, dat Jigga se album regtig beter is as Yeezy s’n?
Maar my aandag word getrek deur Lexi Belle en haar nuutste vinger-video, en ek wil luister na Wildernessking se liedjie op youtube, wil lees oor hoekom ander mense ook dink Steven Erikson ‘n god is
Ek moet werk soek, tos
Skakels en nog skakels en skakels tot niet, skakels na die groot alomteenwoordige, alwetende kennis van die intranet, onophoudend: Skakels spesifiek gekies vir my, ‘n toetskonyn, ‘n bemarking’s myn
Geen afskakel vir my rekenaar, by die muur ingeprop, my hiper-brein, ingeskakel by Google.com
Of dot coza
Verslaaf
Daar’s geen pouse
Hoe meer nuttelose skakels op my skerm vermenigvuldig, hoe minder skakels wordend in my brein
Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.


Kommentaar
Ek soek 'n werk vanaf my huis op internet.
Ek soek na werk waar ek van die huis kan doen, want stilsit en niks doen is nie 'n opsie in ons daaglikse lewe nie. Ek wil hard werk om iets te bereik.
Hou hiervan.
Hi het u iets al gekry want ek is ook op soek na iets wat ek van die huis af kan doen.
Soek iets wat ek van af die huis kan doen om geld te maak
Hi.Ek soek werk van die huis af, rekenaar en tegniese toerusting beskikbaar.
Ek is opsoek na werk op die internet, waar ek opreg geld kan verdien.
Helen, ek soek ook baie graag so 'n werk.
Ek soek ook werk wat ek van die huis af kan doen.