Eers was daar ’n skrywer

  • 0

Eers was daar ‘n skrywer ... toe meer skrywers en toe kom die uitgewers en boekverkopers.

Ek het ‘n idee vir ‘n boek vir baie jare. Ek besluit om my idee die tema vir my navorsing vir ‘n doktorsgraad te maak. Dit, het ek gedink, sou gewig gee aan my boek. Dit is iets wat almal raak en ek gereken het is betekenisvol. Dit gaan oor sielkundige bemagtiging teenoor die tipe bemagtiging wat mense ‘n pos en geld gee en dink hulle moet bekwaam wees en voel. Dit was die maklike deel.

Ek betaal ‘n ‘editor’ want my boek is in my tweede taal, Engels. Ek koop nog ‘n boek oor hoe om jou akademiese werk leservriendelik te maak. Ek bestel selfs ‘n e-boek oor hoe om jou eie redigering te doen. Alles nog steeds maklik.

Toe vind ek uit jou naam moet iets soos Clem Sunter of Steve Hofmeyer wees voordat ‘n uitgewer na jou manuskrip sal kyk. Ag wat, het ek gedink.

Dan publiseer ek dit self. Ook nog baie maklik.

Ek leer soos ek aangaan al die belangrike stappe van hoe om jou boek self te publiseer en ek doen dit. Ek doen alles self van bladuitleg, omslagontwerp, ek kry ‘n ISBN nommer en ek kry ‘n drukker – van die ‘print-on-demand’ soort. Ek maak ‘n paar foute en dit kos my geld, maar ek skryf dit af aan die leerproses, want sien, my boek gaan oor “true empowerment in the workplace” en daar gaan dit juis oor om verantwoordelikheid te neem vir jou doelwitte en om te doen.

Maar kort-kort is daar nog mure en uitdagings. Ek weet niks van bemarking nie. Al wat ek weet is dat ordentlike bemarking baie geld kos. Die eerste toe hek wat ek teëkom is dat ek eers as verskaffer moet registreer voordat ek ‘n boek aan die biblioteek mag verskaf. Die vorms wat ek moet voltooi is vir besighede en ek is net ‘n skrywer met ‘n doelwit.

Ek probeer ‘n bietjie van dit en ‘n bietjie van dat. Ek adverteer op gumtree – gewoonlik as ek ‘n huureenheid in Bellville adverteer, lui my foon sonder ophou. Ek adverteer ‘n boek – niks.

Ek skryf vir boekverkopers en wat sê hulle: “Dis fantasties dat jy ook jou deel wil doen om lees te bevorder!” ‘n Lang verduideliking volg en dan: “Mag ek dus aanbeveel dat jy dit sterk oorweeg om ’n gevestigde uitgewer vir die publikasie, bemarking en verspreiding van jou boek nader.” Da.
Ansie Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top