Ek neul al jare oor die vrot geskiedenis wat in 'bekroonde' boeke opgedis word. Piet Retief en sy meelopers het dalk in hul dronkenskap Dingaan se 'maagde' op daai paartie lastig geval? Piet Retief was nie juis 'n 'skoon' voorbeeld van wetsgehoorsaamheid nie en eintlik moes hy trek om die tronkstraf onder Britse koloniale wetgewing vry te spring? Wat van sy 'mede trekkers'? Dalk almal uit 'poorte' van tronk wat gewink het?
Hans Richardt


Kommentaar
Hans, moenie vir jou simpel hou nie; as iemand al die slegte dinge wat met jou gebeur het, al die parkeer- en spoedkaartjies wat jy gekry het, al die klasse wat jy afgegee het, die kere wat jy stokkiesgedraai het, biblioteekboeke wat jy nooit ingegee het nie, die soort van ding, alles agtermekaar lys gaan jy ook nie die spreekwoordelike reuk van rose hê nie.
Buitendien, wat besiel ’n mens om jou eie geraamtes uit die kaste te trek? As jy dink dit gee jou ’n stralekrans in die oë van jou vyande het jy dit mis. En al sou dit, om watter rede wil mens gatkruip by jou opponente en vyande? Dit is erger as die gedurige askiesvraery en voetewassery; dit gee die wat jou kwaadgesind is net meer skietgoed.
Kry bietjie ’n wenk van die Engelse; hulle loof en prys gedurig hulle boewe soos Lord Nelson, Kitchener en Churchill. Die wat weet hulle was viskopboewe het beslis nie daardie inligting van die Engelse af gekry nie.
Hierdie ding doen elke nou en dan die rondte:
http://i.imgur.com/nYrz1.jpg
Ek het nie geweet hulle in 1838 al Facebook gehad nie, maar nou ja, daar het jy dit ...
Hila-four-king-rieus Brian