Dit is nie ware kuns nie, want dit is nie gemaak suiwer met die doel om kuns te skep nie. Dit is ’n aanval op die persoon van Zuma, ’n belediging met die doel om politieke wins te maak, of dan ten minste die "kunstenaar" se afkeur van Zuma se karakter te kenne te gee. As sulks is dit in swak smaak en totaal vulgêr en hoort dit nie in die openbaar vertoon te word nie.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Verbeel jou so 'n openbare afbeelding van President Obama.
Of enige Europese president.
Of Sjina en Rusland se presidente.
Dit sou in al daardie lande onmiddellik in alle media veroordeel en verwyder gewees het.
Maar nie in Suid-Afrika nie. Net hier in die hele wye wêreld is so iets moontlik, naamlik dat 'n wit Engelse man en 'n wit Joodse galery so iets aan ons swart tradisionele staatspresident kan doen in die naam van kuns en vryheid van spraak, en daarmee wegkom vir weke.
Ek glo vas dat as ek so iets sou gedoen het, dan was ek 'n groot en vieslike rassis wat Suid-Afrika se reënboognasie probeer opneuk!
Meneer Zuma, neem asseblief kennis wie dit gedoen het.
Hello,
Die "" is nie nodig nie.
Dit is 'n skildery sonder enige twyfel, kuns dan.
Die probleem is dalk wat is die verwagtinge wat aan kuns gekoppel word. Die kunstenaar Brett Murray se ander werk in verhouding tot die skildery moet ook in oorweging gebring word.
Hierdie skakel word aangebied vir die leser om 'n gevoel vir die werk te kry.
Wanneer dit in oorweging gebring word, dan is dit baie duidelik dat Murray besig is met wat kuns veronderstel is om te doen. Dit lewer kommentaar en bied 'n ontleding van die werklikheid soos die kunstenaar dit sien.
Die skildery van Zuma met die spies, stuit jou teen die bors en laat jou stop.
Wie het gedink kuns kan jou nog stop in jou spore, hierdie skildery doen.
Maar wie het nodig om vertel te word van Zuma se verlede, die beweerde verkragting, die stort daarna.
Hierdie neem die waarnemer terug daarna en vra weer die vrae oor wat dit beteken en hoe Zuma beskou moet word.
Wanneer die res van Murray se werk beskou word, en waarvoor die skakel gebied is, dan sal die "Spear" volkome sin maak.
Kuns, verskoon tog, is nie net beelde van pragtige blomme nie.
Murray se kuns slaan hard en is kragdadige kritiek.
Varkspek het namens Murray, die motiewe van Murray besluit.
Murray spreek homself egter soos volg daaroor uit:
“(it is) an attempt at humorous satire of political power and patriarchy within the context of other artworks in the exhibition and within the broader context of South African discourse”.
“In the apartheid years, I created satirical images which attacked abuses of power. For many years I have used, and continue to use, symbols with sexual connotations representative of political power and patriarchy”
Weereens kyk wat Murray doen in sy ander werke ook, die kritiek is hard en sonder genade.
Zuma se reaksie:
“shocked, personally offended and violated”
Zuma gaan aan en dui aan dat dit hom uitbeeld as:
“a philanderer, a womaniser and one with no respect”.
Is daar dalk nog ooit so onbedoeld die waarheid gepraat deur Zuma?
Het Murray dan nie die waarheid raakgeslaan nie?
Hello,
Vir die wat soos Ran dink hierdie is ongehoord en 'n gebeurtenis in isolasie, Mike van Graan in die Cape Times van vandag skryf hierdie:
“First, President Jacob Zuma is not the first head of state to be exposed in this way. Just last week, Canada’s Conservative Prime Minister, Stephen Harper, was painted in the nude as a satirical statement by the artist Margaret Sutherland.
“Other political leaders who have garnered the unwanted attention of artists include a naked Barrack Obama riding a unicorn, Hillary Clinton (not to mention her husband being done in the nude on television, in cartoons and in art) and even George W Bush. Artists generally portray political leaders in the nude to make some pointed satirical statement.”
Daar kan dus kalmeer word.
Van Graan herinner ons ook aan Hans Christiaan Anderson se storie van die kaal keiser.
Volgens die lig van Varkspek is dit seker dan nie letterkunde nie?
Kuns doen wat kuns kan doen wanneer dit in die lig van bogenoemde konteks die stand van die land bevraagteken.
Vir dié wat wonder hoekom die Zuma skets (sonder die spies) so bekend lyk, dit is aan die hand van die bekende Lenin-skildery gedoen.
Ook tekenend van 'n sekere tipe simboliek.
Hierdie het onlangs my oog gevang en verwys na 'n siklus van skilderye van Hillary Clinton gedoen deur Sarah Ferguson.
Let veral op na die weergawe van "American Gothic" met Bill Clinton en Hillary Clinton en die goue bul van die aandelemark deurboor met 'n hooivurk vasgehou deur Bill Clinton en dan natuurlik Hillary naak uitgebeeld.
Baie dankie
Wouter