Net onlangs kom ’n Amerikaanse gelowige (fundamentalis) en aspirant-kandidaat vir die Republikeinse party uit met die volgende uitlating: dat wanneer ’n vrou verkrag word sy die vermoë het om haar fisiologiese prosesse so af te sluit dat sy nie swanger sal raak nie. En nou gister het ’n sekere Richard Mourdock, aspirant tot die senaat, konstateer dat "even when life begins in that horrible situation of rape, it is something God intended to happen".
Nou weet julle almal: Dit is die wil van God dat vrouens verkrag word. Ek wonder wat die honderde vrouens in Suid-Afrika wat daagliks verkrag word sal sê wanneer hulle hoor dat daar gelowiges is wat reken dat dit God se wil is. ’n Mens snak na jou asem om te dink dat hierdie mentaliteit kom van ’n land wat sy standaarde op die res van die mensdom wil afpers. Mense met hierdie denkwyse sal ook eendag, sonder om ’n oog te knip, redeneer dat dit die wil van God is om ’n atoomoorlog te ontketen.
Ek wonder of "geloof" ’n mens beroof van jou sinne?
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Dagsê Pieter
Verkragting is afskuwelik, ek staan dit geensins voor nie. Maar dui die uitspraak nie op die verwekking van lewe as sodanig nie? Is dit nie miskien die wil van God dat lewe uit die verkragting voortspruit nie. Ek is seker dat God nie die seksdaad sal goed keur nie, maar die verwekking van lewe daarna is iets anders.
Iets soos ongehude moederskap? Hier by ons en elders kan die ongebore kind vermoor word. Moet ons die verwekte kind uit 'n verkragting ook vermoor?
Raed-na-Gael
Ter aanvulling van bg skrywe oor verkragting, die volgende van die BBC se webblad:
In August, Missouri Senate candidate Todd Akin said that in cases of "legitimate" rape, "the female body has ways to try to shut that whole thing down" and avert pregnancy.
My magtig mense, maar ek het nooit geweet dat daar in die VSA so iets kan wees as "legitimate rape" nie! M a w daar is gevalle waar 'n vrou heeltemal wetlik verkrag kan word! Verbeel jou nou ... Ek wonder dan hoe onderskei mens onwettige verkragting van wettige. Miskien bestaan daar' n soort van "guidebook" oor die saak: 'n Beginners Guidebook to Rape.
Geen wonder die son is besig om te sak oor die land wat hom voorgee as die leier en beskermer van Westerse waardes, die Westerse land met die grootse aantal fundamentaliste-gelowiges.
Pieter Redelinghuys
Ek verwys na Raed-na-Gael se kommentaar wat lui as volg: Maar dui die uitspraak nie op die verwekking van lewe as sodanig nie? Myns insiens probeer hy hiermee die hele saak te "side step" want die kern daarvan gaan oor die "wil van God". En watter demoniese "God" wil eintlik hê dat "lewe uit die verkragting (moet) voortspruit" ?
"Hier by ons en elders kan die ongebore kind vermoor word. Moet ons die verwekte kind uit 'n verkragting ook vermoor?" Sterk emosionele woorde daardie (moord) uit die mond van 'n leek met 'n veldhoed, en wie is die "ons" ter sake? 'n Vrou se liggaam behoort aan haarself, en nie aan een of ander fundamentaliste sekte wat verbeel dat hulle sienswyses van universiële toepassing is, en sondermeer op die hele gemeenskap afgedwing moet word.
Obama meen dat die stellings oor verkragting deur hierdie nie-so " lunatic fringe" van die Republikeinse party is "outrageous and demeaning to woman".
Pieter Redelinghuys
Meeste mense het meer eienaarskap as op net hul liggame. Daar kom vir almal ’n tyd wanneer hul eienaarskap op dit wat hulle dink hul het, verval. Met die dood verloor ’n mens jou eienaarskap op jou liggaam. Netso verval die huur op jou kamertjie eendag en moet jy trek. Die mens het dus in alle gevalle net tydelike eienaarskap op enigiets waarop hulself so vergryp. Hoe kan dit reg wees om ’n ander onskuldige hart wat in absolute nood verkeer en daarom ook net tydelik skuiling in jou "eienaarskap" soek, te dood? Wat sou die verskil tussen die pyn in enige situasie en die wil van God wees? Wat Hoekom die wil van God in ’n geval van verkragting bevraag en die wil van God in die dood van die geaborteerde slagoffer vergeet? Maar sekerlik die grootste dwaal daarin moet wees om te dink dat die mens op hul eie en sonder God hoegenaamd tot regverdigheid instaat is. Wat is so regverdig daaraan as ’n onskuldige slagoffer van verkragting, die onskuldige in haar baarmoeder van die lewe ontneem? Die ganse mensdom se geskiedenis is woes. Hoeveel wat hier lees se voorsate in die geskiedenis van geslagte voorheen is uit verkragting gebore? Wie van die modderwesens op aarde kan wel die wil van God bepaal? Hoekom net die swartgalligheid (pessimisme – vuur en swael) in godsdiens kyk wyl daar ook soveel vreugde en prestasie elders deur harte geleef word?
Pieter,
Ek sien jy noem Raed-na-Gael ’n "leek met ’n veldhoed" oor sy siening. Dit is vir my interessant dat jy ander begin afbreek omdat hulle nie met jou sienswyse saamstem nie, dit dui op onsekerheid in jou eie standpunt. Jy noem dat ’n vrou "se liggaam aan haar self behoort" uit ’n Bybelse perspektief sal ek definitief met jou verskil, maar aangesien jy blyk om ’n nie-gelowige te wees sal ek nie in hierdie geval die Bybel (wat my maatstaf in die lewe is) gebruik nie.
Ek het aan jou net een vraag, veronderstel ’n vrou se liggaam behoort aan haarself, hoekom sal haar ongebore kind se liggaam nie aan hom/haarself behoort nie? Ter verduideliking, wanner ek in ’n motor met ’n ander persoon se maar ’n kind ry, en ek besluit ek wil teen 200km/h jaag, sal dit dan my reg wees om dit te doen aangesien my liggaam aan myself behoort, ek is op daardie stadium in beheer daarvan ... MAAR is dit regverdig om sulke besluite te neem terwyl ander persone se "liggame ook aan hulself behoort" maar hulle het nie ’n keuse nie???
Van maar net nog ’n leek.
Beste Hendrik
Jou Christenskap, is beslis 'n briesie vars lug hier op die Net. Die Bybel is jou lewensmaatstaf volgens jou eie erkentenis, maar jy is oopkop genoeg om dit nie te gebruik as maatstaf in 'n redenasie met 'n non-gelowige, nie, maar op die se eie turf 'n teenargument te weergee.
Ek self as non-gelowige reken jy het beslis jou taak hierbo goed kwyt geraak. "Indeed food for thought."
Jaco Fourie