"Die ouer ek" deur Pierre Smith

  • 0

Die ouer ek

My spieëlbeeld voel soms kleiner
As die skadu wat my volg
Laat gaan ek die verlede of
Laat ek die toekoms my vervolg?

My rigting is als duister
maar dis lig wat ek wil vind
sal ek die pad bly byster raak of
sal ek dit ooit oorwin?

Die ouer ek lyk anders
As die beste ek vandag
’n gebroke hart probeer heel raak
Soos die ouer ek verwag
Die ouer ek lyk sterker
As die slegste ek vandag
Gaan ek ooit myself kan wees
Of soos die ouer ek eendag?

Kom vat my hand en lei my
Die tyd voel net te kort
Neem my hart en wys my
wie ek eerder sal wil word

 


 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top