Hulle verander ons straat-, plek- en dorpname, verengels ons skole, kolleges en universiteite, dreig om Afrikaans heeltemal uit te skuif, doen niks om geweld teen plaasboere te bekamp nie en nou wil hulle met die Afrikaanssprekendes praat, ons kan nou kwansuis ’n bydrae maak. Wat doen ons in elk geval nog heeltyd?
Wat wil hulle nou nóg hê? G’n wonder daar is die wat nie lus is om met hulle te praat nie. Ek neem niemand kwalik wat nou goeie maniere openbaar en maar inwillig om te praat nie, die wat nou tyd het om te gaan sit en redekawel oor niks. Wat ek nie verstaan nie is dat daar die is wat gretig is om te gaan gesels met die regering.
Jan Rap

