Daar is groot kommer by Stellenbosch dat Afrikaans aan't verdwyn is. Of sal ek sê OMDAT Afrikaans daar aan die verdwyn is want dit is ’n voldonge feit as mens na die statistiek kyk. Hoe het dit gebeur, hoe is dit dat aan die bakermat van Afrikaans dit gebeur het dat Afrikaans so aan die agtertiet suig en gevolglik besig is om te kwyn.
Die oorsaak is hoofsaaklik die ouers van die teenswoordige studente, naamlik die oud-Maties. Die groot gros van die teenswoordige alumni was die illumini (nie te verwar met die illuminati waarvan niemand in elk geval iets weet nie, alhoewel ’n hand van einste in die gebeure destyds nie onmoontlik is nie), die “verligtes”, om nou Wimpie de Klerk aan te haal, op die destydse Matiekampus.
Hierdie destydse Maties was lekker rammetjie-uitnek; geheul met NUSAS, die soort van ding en dit was die in-ding om “internasionaal” te neig. In die vroeë 70's alreeds het jy omtrent net Engels op die kampus gehoor.
Ons weet almal wat die psalmdigter van die sondes van die vaders sê en daar sit die alumni se kinders nou met die gebakte pere. Die verkeerde perd wat hulle opgesaal het se storie het hulle met sinker en al gesluk sonder om te dink en nou sit hulle in die wip met die slap pap waarmee hulle gevang is en hulle kinders word deur die blinde sambok geslaan en moet nou slaap in ’n bed wat hulle self nie eers opgemaak het nie.
So, matiestudent, as jy hierdie naweek by die huis kom sê vir jou oud-matie-ma en -pa: Dankie, baie four king dankie!
Jan Rap
Lees Naomi Meyer se onderhoud met Ernst Marais hier. – Maggie

