Jaco wys maar weereens in sy artikel die vermoë - dit is eerder ’n onvermoë – van die agnostikus om konsekwent die Bybel verkeerd te interpreteer.
Uiteraard omdat hulle spiritueel onbekwaam is en derhalwe ook nie oor die nodige Spirituele Intelligensie, beide gawes van God, beskik nie, óf dit gewoon onderdruk.
Wees verseker, die God van die heelal verander nie. HY is konsekwent. Dit is die mens wat van tyd tot tyd afvallig raak. Die geskiedenis is oorlaai met inligting van hoe dít werk.
Dan is Jaco se vergelyking van homoseksualisme en die ander Godsdienstige standaarde, báie onoordeelkundig. Die ander standaarde waarvan hy praat – intimiteit in die huwelik; gedrag in die openbaar en tydens kerkdienste; die verhouding tussen man en vrou in die huwelik – is almal baie normale, natuurlike gedraginge. Geen mens het ’n natuurlike weersin daarin, nie. Daardie natuurlike gedraginge moet egter volgens sekere Christelike beginsels uitgeleef word om, primêr, tot eer van God, en ook tot eer van die betrokkenes onderling, te strek.
Maar nie so met homoseksualisme nie. In die korps van gelowiges, ooreenkomstig die Woord, is dít is die mees onnatuurlike gedraging, en dan ook soos mense oor die algemeen dit vandag nog, ervaar.
Dus, dit gebeur dat mense natuurlike gedragsnorme van tyd tot tyd sal oorskry en dit dan weer gekorrigeer sal word - dit gebeur áltyd, want gedrag wat nie tot eer van God strek nie, sal áltyd teen die mens boemerang, al neem dit soms baie lank om te gebeur (wat net die intensiteit van die boemerangslag ook vergroot). Só leer die Woord ons en ons sien dit só uit die geskiedenis. Dít is ’n fait accompli.
Maar die kwessie van homoseksualisme sal nooit vir die oorgrote meerderheid van die mensdom as natuurlik voorkom nie. Trouens, mense wil dit van nature weerstaan.
Dit is vir God ’n gruwel en God sál dit vergeld.
Tyd is in God se Hand. God bestraf uitstaande sondes soos en wanneer dit Hóm pas – wees maar dankbaar vir God se onbegryplike groot lankmoedigheid (een van die kenmerke van ware Liefde), maar moet nié die fout maak om dit as swakheid aan God se kant, te probeer aanstip, nie… Lankmoedigheid is daar om vir die mens geleentheid te gee om te besin.
Maar Jaco wys ook weer die diepliggende miskonsepsies oor die Goddelike standaarde en norme uit – vandaar sy foutiewe aannames.
Insiggewend hoe Jaco van “seks pleeg” praat – hoe walglik – wys dit dalk dan op watter vlak ‘seks’ vir die deursnee agnostikus, homoseksualis, is? ‘Pleeg’ het ’n báie negatiewe konnotasie.
Masturbasie was en is verkeerd, omdat dit vir baie in die plek van seksuele losbandigheid ’n plek moet vul. Jaco verwys na Onan. Onan het nou wel nie gemasturbeer nie, maar hy het ook, nes tydens masturbasie, sy saad vermors. Maar wanneer God vir Onan uiteindelik straf, is dit omdat Onan ’n gevestigde en eervolle gebruik misbruik het om sy eie wellus mee te stil – hy het tot sy oorlede broer se vrou intieme toegang verkry om, ooreenkomstig die gesinsgebruik, vir sy broer ’n nageslag te verseker (Genesis 38:8-10). Anders sou hy nie tot die vrou toegang gehad het, nie. Maar Onan had ander, wellustige planne. Nadat hy sy oorlede broer se vrou herhaaldelik só misbruik het om met haar wellustig te verkeer en sy saad op die grond te stort om nie die verantwoordelikheid van ’n nageslag op te loop nie, is hy uitgeskakel. God het geen erg aan wellus, nie.
Daar was nog nóóit ’n verbod op intimiteit in die huwelik nie en daar bestaan geen reël dat dit slegs gedoen mag word kinders te verwek, nie, so ’n tipe van meganiese, gedwonge handeling van só ’n reël sou voorstaan. Maar só ’n reël bestaan nie. Die intimiteit is die primêre liefdesdaad tussen ’n man en sy vrou. Let wel, liefdesdaad. Dikwels word dit beloon met nuwe lewe, uit liefde verwek. Maar wanneer dit gedoen word en die kindjie word verwek, was dit en is dit veronderstel om nou nog, ’n seën te wees – die vrug van mooi en gesonde liefde tussen man en vrou. Sodra die geslagsdaad egter dien om slegs die wellus te bevredig, is dit ’n gruwel in God se oë. God bind die man en die vrou (nié twee van dieselfde geslag nie) as een vlees, een liggaam, saam, toe God die huwelik as Goddelike instelling, ingestel, het (Genesis 2:24) – en dit word juis met geslagtelike intimiteit gekonsumeer. Daarom is intimiteit tussen dié twee, hoe gereeld ook al, nié verkeerd nie.
Waarom probeer agnostici en sekulariste (liberaliste) die Christelike huwelik altyd verdag maak? Onderdanigheid van die vrou aan haar eie man in die huwelik is nié ’n baas-klaas situasie nie, maar eerder ’n kwessie van hoe God die verantwoordelikhede, sien en orden. Die man is verantwoordelik vir die welsyn en ontwikkeling van die vrou en die kinders, soos die HERE vir die ware geloofskorps, is. Om dié verantwoordelikheid te kan nakom, beklee God dan ook die man met die nodige gesag. Beskou dit maar soos ’n direkteur van ’n maatskappy en sy bestuurslede. In funksionele verband, is al die lede van die bestuurskorps op gelyke vlak. Hulle tree outonoom op, elk volgens sy bekwaamhede, in eensgesinde harmonie, maar uiteindelik dra die direksie die verantwoordelikheid van die rigting en uitkoms van die aktiwiteite van die maatskappy en is die gesag van die bestuurslede van die bestuurskorps, vir daardie rede, onderhewig (onderdanig) aan die direksie – volgens streng billikheidsreëls (liefdesreëls, in die huwelik) . Dus, die direksie rig die koers van die maatskappy, maar in oorlegpleging met die bestuurskorps onder hom.
Hierdie beginsel geld in die Christelike huwelik, maar die reëls is verskillend en die verhoudinge is baie intiem en persoonlik. In die huwelik vervul die man die rol van die direksie en die vrou, dié van die bestuur. Die kinders is diegene wie die voordeel en voorbeeld bekom, maar is nie voltyds deel van die bestuurskorps nie. Almal hier, volg ’n baie belangrike en hegte eenheid. Bly hierby en die huwelik floreer. Wyk hiervan af, en die huwelik wankel. Die geskiedenis is weereens bevestiging hiervan.
Uiteraard word hierdie beginsel ook in die kerkverband deurgevoer. ’n Vrou skree nie haar man dood in die kerk om gehoor te word, nie. Daar is orde – maar dit beteken nie die vrou het nie deelname of seggenskap, nie.
Let daarop dat die onderdanigheidsbeginsel vir vroue in die Christendom slegs teenoor haar eie man, geld. Elders, glad nie.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Beste Kobus.
Jy maak jouself skuldig, soortgelyk als die homo's wat vertolkinge aan Bybeltekse verdraai om Bybelse goedkeuring vir gaywees te bewerkstellig, deur jou persoonlike vertolkings aan tekse in die Bybel te gee om ook jou eie persoonlike leefswyses, teenstrydig met Bybelse opdrag te regverdig. Ek vermoed jy gebruik voorbehoedmiddels, of pas geboortebeperking toe (wat die Bybel verbied), en probeer dit te regverdig met 'n verdraaing van die Onan voorval. (verdraaing = Spirituele Intellegensie = Kobus styl).
Terloops. Ek lees jou "Spirituele Intellegensie" als jou misbruik om uitsluitlik tussen die lyne in die Bybel te lees net wat vir jou pas.
"Read it at face value", presies soos dit daar staan sonder vertolkings. Nerens se dit in die Bybel dat Onan gedood is weens 'n wellus vir sy broer se vrou nie soos jy dit lywig hierbo uitgestippel het nie (jou kastige "Sprituale Intellegensie). In terme van die "Leverite Law" (Levitikus), met die afsterwe van sy broer, het sy broer se vrou automaties sy "concubine" (bywyf) geword. In terme van hierdie einste wet, kon sy nie met enigiemand anders trou, tensy hyself van haar eers afgesien het, wat hy nie gedoen het nie. In die Bybelse boek Ruth, is die toepassing van hierdie einste wet meer duidelik sigbaar. In Onan se geval was wellus dus nie ter sprake nie. Seks met haar was sy reg in terme van die wet. Die feit dat hy geboortebeperking strydig met God se opdrag, toegepas het, nl."wees vrugbaar en vermeerder" was die oorsaak van sy dood. Na Onan se dood, het hierdie einste vrou die pa, Judah, gekul om vir haar 'n kind te wek en daardeur, bloedskande gepleeg. Ironies dat God nie vir Judah, 'n man met baie vroue, gedood het nie weens sy onmiskenbare WELLUS vir 'n vrou wat hy als hoer langs die pad aangesien het, wie hy aangebied het om geld vir seks te betaal! Verder het hy weens die wet wat hy goed geken het, nie geboortebeperking, soos sy seun, toegepas nie, dus die dat sy deur hom swanger geword het. Wie is nou eintlik inkonsekwent? God, of jou "Sprituele Intellegensie" in bogeneomde Onan /Judah saga?
Dan skryf jy nog teenstrydig met jouselff!
Jy skryf: "Onan het nou wel nie gemasturbeer nie, maar hy het ook, nes tydens masturbasie, SY SAAD VERMORS". In teenstryd met: "Daar was nog nóóit ’n verbod op intimiteit in die huwelik nie en daar bestaan geen reël dat dit slegs gedoen mag word om kinders te verwek, nie,"
Met die een asem se jy, masturbasie is verkeerd (jy wil dit nie 'n sonde noem nie - hoekom?), ook, dis 'n sonde om saad ten tye van coitus te mors, en in dieselfde asem se jy dis nie 'n sonde tussen man en vrou om seks suiwer te geniet, met geen verpligting om kinders te wek nie. Die eerste is in die Bybel opgeskryf om nie saad te vermors wat vir die verwekking van kinders bedoel is nie, die tweede is jou "Spirituele Intellegensie" (nie in die Bybel te vinde nie) om seks te geniet sonder enige verpliging om kinders te wek.
In soverre vroue aangaan, waar jy die Bybel wil afwater (jou "Spirituele Intellegensie) om met hedendaagse gebruike te versoen, het Paulus by herhaling dit duidelik gestel vrouens moet aan hulle manne onderdanig en gehoorsaam wees, kop moet in die kerk bedek word, skaars gesien en definitief nie gehoor word nie.
Kobus. Jy het in my nie net met 'n oppervlakkig homo te doen nie. Jy het te doen met iemand wat 'n intense Bybel student is, wat insluit Bybelse Anthropologie, Bybelse Sosiologie; Bybelse Argeologie; Bybelse Antieke geskiedenis; student van die Apocropha; van die "Spurious" Ou en Nuwe Testamentiese manuskripte; vertalings van die heel en brokkies Qumrum manuskritpte; Kerk Geskiedenis, ens.
Jaco Fourie
Kobus,
Niemand kon jou paradoksale waansin weereens hierbo, beter as Jaco uitwys nie.
Ek wil jou egter op nog iets belangriks wys omtrent my onbevooroordeelde steun aan iemand soos Jaco en sy gesonde logika.
In 'n kommentaar elders daag jy my weereens in jou waan met die volgende: "Kan jy (Cornelius) een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek (Kobus de Klerk) kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer ..."
Wel Kobus, ek haal gereeld en letterlik hoofstukke in hul geheel uit die Bybel vir jou en jou duiwelsgeestelike groepie aan waarin ek jou, en jou paranimfe vermaan om jul sondige en Godslasterlikheid met jul sogenaamde skrifgeleerdheid en Farisese aanklag teen jul medemens te laat vaar. Jesus Christus onse Here het summier na jul soort skynheiliges as adders verwys.
Net vir jou, herhaal ek dan die volgende saam menige vermaning die afgelope jare reeds aan jou; Uit Matteus 23; Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Ja Kobus, so het ek jou in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE met menige vers uit die Bybel voorheen vermaan.
(Ironies, in dieselfde bydrae wat jy my in jou blinde haat uitdaag (Varkspek; Waarom is party mans gay), het ek Duitswester op sy uitdaging aan Varkspek met dieselfde gedeeltes uit die Bybel geantwoord. Varkspek het daarin heel tereg gemaan "Die kerke en baie godsdienstiges doen ’n groot onreg om gays te veroordeel en verwerp, en sal eendag daarvoor verantwoording moet doen. Duitswester vra toe; "Dag Varkspek, ek neem dan dat jou laaste paragraaf na verantwoording voor G_d verwys. Indien wel, kan jy 'n Bybelverwysing daarvoor gee?" My antwoord het Duitswester toe heel waarskynlik nes vir jou onthuts, en toe gaan speel hy maar ridder op 'n wit perd vir Stephanie).
Maar soos jy dit gereeld ook in jou woernale uitvloek; dit gaan nie oor wat in die Bybel staan en deur 'n ander aan jou voorgehou word nie, dit gaan oor jou eer daarin. Dit gaan vir jou net oor wie die mens is wat dit sou waag om vir jou, die ou grote Kobus de Klerk, uit die Bybel te vermaan. Die Woord beteken niks volgens jou sonder die "gepaste mens" wat dit met jou deel nie. Vandaar natuurlik jou volgehoue arrogansie. Ek is eenvoudig nie die persoon volgens jou wie die HERE durf waag het om die Bybel vir jou aan te haal nie.
Derhalwe het ek dit ook al menigmaal aan jou, en jou bevooroordeelde paranimfe uit die Bybel aangehaal dat die HERE egskeiding haat. Dit ignoreer jy egter en maak dit af as snert - nes die Fariseërs wat ter wille van hul aansien en populariteit teen hul beter wete Jesus Christus onse Hemelse Vader geloen het.
In my redevoer oor jou uitsondering omtrent die sogenaamde skadelikheid van homoseksualiteit, het ek jou ook op die feit gewys dat egskeiding in elke opsig veel meer skadelik as enige homoseksualiteit in die samelewing is. Maar jou sensasie berus tans op "gay bashing", en jy vlot uiteraard baie suksesvol ten koste van die Evangelie daarmee.
Ja, en ek het nie so baie tyd om daarop te antwoord soos jy om jou aanklag hier te voer nie.
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe,
Cornelius
Jaco,
Hier manifesteer jy nou as tipiese ateïs – jy val die persoon van die gelowige aan en maak asof jy meer weet van sy geloof as hyself, terwyl jy ’n selferkende, deur-en-deur ongelowige is. Hier al, val jy uit die bus – kan jy die anomalie, die uitsluitende teenstrydigheid insien? ’n Ongelowige (wat uit die aard van sy ongeloof geloofsonbekwaam is omdat hy die basiese, primêre konneksie met geloofservaring nie kán maak, nie, ongeag die rede vir die onvermoë) wat ’n gelowige oor geloof wil onderrig? Hoe paradoksaal en arrogant!.
Maar, die ironie is dat meeste ateïste ’n obsessie het oor die Bybel en met God, presies maar soos jy. Ander van hulle bestudeer selfs teologie, maar álmal van hulle maak aanspraak op beste kennis van die Bybel! Ek kom ’n báie lang pad met intensiewe gesprekke met ateïste oor God en die Woord. Ek ken julle… julle modus operandi asook julle swakhede. Jy behoort al teen dié tyd te weet wat my verklaring dáárvoor is – dat julle weens ’n psigose van selfbedrog julle self wil wysmaak dat God nie bestaan nie en dat die Bybel sommer ’n antieke geskrif is soos alle ander. Die werklikheid laat julle dit egter nie toe, nie – God lééf en só ook Sy Woord, soos die essensie van in die Bybel opgeteken staan en vandaar julle obsessies met God en Woord – soos jy ook nou in die essensie van wat jy vir my skrywe, bevestig.
Die feit is dat jy spiritueel onbekwaam is. Dit is ’n afwyking, gesien die oormagtig oorgrote proporsie van die mensdom wat op een of ander manier, spiritueel aktief is, nie almal noodwendig as Christene nie. Maar. die ateïs is afgestomp, onbekwaam daarvoor in sy ateïstiese toestand. As jy nie was nie, was jy bepaald ’n gelowige. Jy het geen gevoel vir die spirituele nie.
Ek verstaan die Woord, want dit is die Woord van God, met Wie ek ’n persoonlike verhouding in die Spirituele realm, het. As ateïs, glo jy nie in die bestaan sogenaamde ‘bonatuurlike’, die spirituele realm, nie. Daarom weet jy nie waarvan ek praat, wanneer ek na Spirituele Intelligensie verwys, nie – soos duidelik uit jou kommentaar daaroor, blyk. Daarom waninterpreteer jy die betekenis van die begrip en maak jy sommer jou eie vertolking daarvoor op, wat, natuurlik, inpas by jou eie uiters bekrompe verwysingsraamwerk as ateïs, oor dinge Spiritueel.
Die satan ken ook die Woord en het op ’n tyd die HERE daarmee probeer mislei en versoek (sonder enige effek, natuurlik, komende van die satan), nes jy nou met my probeer doen. Die satan is ewe insigloos as sy kohorte (jy ook, ja) - na alles, julle inspirasie kom juis van die satan.
Tog, is die Bybel ’n oorkonde van dinge Spiritueel en alle empiriese feite daarvan vermeld het op een en ander wyse betrekking op die Spirituele boodskap wat die Woord uitdra. Maar dít sal jy nie kan begryp nie, weens jou spirituele onvermoëns. Vandaar dat jy op die letterlike, spiritueel insiglose, vertolking probeer aandring. Dit is koddig, swak, want die Bybel is ’n Spirituele boek. Jy mors jou tyd…
In die lig van bogenoemde is jou kommentaar oor die vrou se plek in die Christen huwelik sinneloos insigloos en verkeerd en weerlê jou persoonlike insiglose bevooroordeelde opinie as ongelowige, as ateïs, uiteraard niks wat ek daaroor sê, nie. Jy wil nie hê dat ek reg moet wees nie, want daarmee stort die pilare van jou gunsteling kritiek teen die Christendom ineen - maar ek is reg. Punt. Ek laat dit dus daar.
Maar selfs op die letter af, tas jy ook mis.
Die reëlings betreffende die sogenaamde swaershuwelik word in besonderhede in Deuteronomium 25:5-10 bespreek. Daar word bevestig wat die spesifieke doel van die swaershuwelik is, én dat dit nié ’n outomatiese saak is, soos jy in jou insiglose onkunde beweer nie, maar dat ’n swaershuwelik voltrek moes word alvorens daar van soiets sprake sou wees. Die wet maak ook voorsiening van wat sou gebeur as die broer sou verkies om nié die huwelik te voltrek, nie. Dus. Onan se broer was Er. Er se vrou was ’n Kanaäniet. God het Er laat omkom en Onan moes die gebruiklike swaershuwelik met Er se weduwee sluit – met die doel om ’n nageslag vir Er te bewerkstellig – dít en slegs dít, was die doel van die swaershuwelik – nie dat die broer vir hom net nóg ’n seksmaat kon bewerkstellig, nie.
Juda se opdrag aan sy seun, Onan, was as volg:
“ Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ’n nageslag” – Genesis 38:8
Maar Onan het besluit hy gaan nié die swaershuwelik voltrek nie, hy wil nie kinders vir sy broer verwek nie, maar hy wil tog die geleentheid misbruik om andersins ontoelaatbare seks met sy broer se weduwee te hê Daar staan in vers 9 “Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie”– herhaaldelik, absoluut strydig met die wet, uit wellus en nié om die swaershuwelik te sluit, nie!
Jou geredekawel oor masturbasie is eweneens insigloos en sonder enige grondslag. ’n Man wat met sy vrou omgang het, stort nie sy saad op die grond, soos Onan, nie, maar in haar geslagtelike binneste wat deur God vir daardie doel geontwerp en geskape is. Só het God ook dan daardie vrou aan haar man gegee in die huwelik en is intimiteit aan die orde van die dag.
Om die kwessie van masturbasie te verstaan moet jy insig hê… Waar is joue? Natuurlik het jy nie, jy is ’n ateïs. Jy lees mos die Bybel met ’n dooie siel. Maar, om te masturbeer ten einde ’n orgasme te bereik, bedink die man of vrou allerhande dinge… wellustige dinge? Lees en verstaan nou Mattheus 5:28-29 in hierdie verband… daardie beginsel geld mutatis mutandis ook mos vir masturbasie - of die persoon met die hand of penis of vagina wellustigheid pleeg, is net 'n kwessie van detail - die wellus kom uit die binneste, die siel, en manifesteer fisies in verskeie vorme. Dit is die implikasie en konsekwensies van die HERE se waarskuwing in Mattheus 5:28. Sonde begin in die gedagtes, uit die siel en die fisiese manifestasie daarvan is maar net die reaksie op en getuienis van, die inherente oorsaak.
So kan ek aangaan, om al jou insigloosheid en onkunde jeens die Woord, uit te wys, maar dit is genoeg.
Terloops, jy kan nie ’n enkele erkende gesaghebbende bron aanhaal wat jou standpunte sal ondersteun, nie. Jy sê jy bestudeer daardie dinge, maar jy lieg, óf jy is totaal onbekwaam om te verstaan wat jy lees en probeer leer.
Daar bestaan, streng gesproke, geen Goddelike regverdiging vir die onbeteuelde gebruik van voorbehoedmiddels, waar dit erotiese losbandigheid, soos die moderne mens dit dikwels doen, bevorder, nie. Dalk is daar geregverdigde redes, maar die gebruik om bloot seksueel losbandig te lewe is immoreel en sondig, terwyl vrugbaarheidsonderdrukking en om nie kinders te wil hê nie, in wese onnatuurlik is. God haat die mens se manier om die onnatuurlike tot natuurlike te probeer verhef, net soos hy die sonde haat.
Dan maak jy die verbasende stelling dat jy nie 'n oppervlakkige homo is, nie... Jy is mos 'n ateis - en as sulks is julle, wat enigiets geestelik en spiritueel aanbetref, en dit sluit baie bepaald die Woord ook in, by verstek oppervlakkig - dit is juis hoe julle agnostici en ateïste met sake spiritueel manifesteer!
Skoenmaker, hou jou by jou lees… Jý Jaco, beweeg nou op terrein waar jy insigloosheid en onkunde ál jou pogings tot ’n verleentheid vir jou, reduseer.
Kobus de Klerk
Bly stil, Cornelius, niemand stel belang nie.
Die manier en doel van jou aanhalings uit die Bybel, hanteer ek elders in kommentaar aan jou, en herhaal dit nie nog 'n keer hier, nie. Mense wat wil kan maar by ' https://www.litnet.co.za/Article/waarom-is-party-mans-gay ' my hantering daarvan, lees in die mees onlangse kommentaar wat daar geplaas is.
Jou opinie is net getuienis van insigloosheid. Wie stel daarin belang?
Maar jy kan nie stilbly nie.
Dit is die enigste sinvolle reaksie op jou snert. Jy dien bes geïgnoreer te word.
Waar het ek gesê dit is snert dat God egskeiding haat?
Plaas die skakel van die brief waar ek so 'n bewering sou maak - weereens, niemand hou asem op daarvoor nie.
Wat wel snert is, en ek wys dit telkens uit, is jou misbruik van die Bybel om gelowiges mee te probeer stilmaak sodat hulle nie uit die Woord mekaar en ander vermaan, nie.
Kobus ou Kobus!
Tse! tse! Jy beskuldig my van: "jy (dws Jaco) val die persoon van die gelowige aan" terwyl omtrent driekwart van jou relaas 'n persoonlik aanval op myself is, om jou ontoereikende Bybelkennis te verbloem. Negetiendes van my brief het direk met die onderwerp onder bespreking te doen, ten gevolge dat myne soveel korter als joune is.
Dat die swaerskap voltrek was, jy se nee, is bewys deur die feit dat Judah na die dood van Onan, die vrou toe aan sy minderjarige seun belowe het. Toe Judah nie hierdie belofte nagekom het nie, het die vrou toe vir Judah gekul om swanger te word. PUNT
Dat ek die Bybel letterlik lees soos wat daarin geskrywe is, is vir jou bewys van my gebrek aan spiritualiteit. Dit wil vir my voorkom soos reeds gese, om spiritueel in jou oe te wees, moet jy alles in die Bybel tussen die lyne lees, en gesien dat tussen die lyne net blanko bladsye bestaan, vul jy maar in net wat jy wil, en verklaar dit als God se gesaghebbende boodskap want jy is mos met sy Gees begeesterd. Wel ek val nie daarvoor nie, en ek glo die meerderheid Christene ook nie.
En waar val jy uit die bus uit dat ek als ateis nie eintlik kommentaar oor die inhoud van die Bybel mag opper nie, want net gelowiges kan dit verstaan!
Gesien ek weet 'n debat met jou in sirkel en non-eindigende sterieliteit sal ontluik, gaan ek dit verder aan die lesers oorlaat om hulle eie gevolgtrekkings te maak binne die raamwerk van hulle eie sieninge rakende die onderwerp onder bespreking.
Jaco Fourie
Kobus, Kobus, Kobus (so al op jou trant) ... , waarvoor moet ek nog 'n skakel vir jou gaan soek? In jou woernaal hierbo hou jy dan steeds by jou punt dat enige iets wat ek uit die Bybel aanhaal (net omdat ekke dit aanhaal) snert is ... as ek uit die Bybel aanhaal dat God egskeiding haat, dan antwoord jy my SNERT ... as ek die hele Mattheüs hoofstuk 23 aanhaal en jou daarmee vermaan dat jy eers die balk in jou oog moet soek - dat jou sogenaamde spirituele intelligensie egotistiese waansin is, dan antwoord jy SNERT ... en so kan ons aangaan ... ad nauseam ... (dis ook nie ek wat jou probeer stil maak nie, dis die laaste asem van jou gewete ou Kobus) ... jou amigo in Adam ... ekke ...
Jaco,
Jy het self jou kennis aan die klok gehang. Jy skop teen die prikkels en die storie is jou verleentheid – tipies agnostikus sal jy in ’n simpel gestryery betrokke wil raak. Ek is nie daarvoor te vinde nie.
Baie kortliks oor die swaershuwelik - as die swaershuwelik deur die sogenaamd belofte van die vader voltrek kon word, soos jy sê, sou die wet, soos in Deuteronomium 25:5-10 vir jou uitgewys, so bepaal het. Maar dit is nie wat die wet bepaal nie. Dan sou Juda mos nie aan Onan gesê het hy moet nog die huwelik gaan sluit nie – maar hy het, want dit was nog nie gedoen nie. Daar is geen belofte, soos jy gorrel, nie. Juda het Onan ooreenkomstig die wet op swaershuwelik, aangesê om die nodig te gaan doen, maar Onan het dit nie gedoen nie. Daardie huwelik is dus eers perfecta wanneer die nageslag verwek is, soos die wet mos uitdruklik bepaal (juis die doel van die swaershuwelik) – Onan het dit egter doelbewus verontagsaam en vermy ter wille van sy wellus. Dus was dit ’n putatiewe ‘huwelik’.
Dit staan alles daar – jou agnostiese opinie daaroor is van absoluut geen konsekwensie nie, behalwe om jou fundamentele insigloosheid en onkunde te demonstreer. Die wet het nie vir Juda, die vader, gemagtig om die swaershuwelik te bewerkstellig nie – die wet is duidelik – dit was die broer, Onan, se wetlike keuse met gevolge.
Tamar se optrede deur haar agterna soos ’n hoer te vermom om Juda te verlei, was nie vir die doel soos jy sê nie, maar om vir haarself ’n nageslagte verseker. In daardie tyd was dit ’n skande vir ’n getroude vrou om kinderloos te sterf, terwyl sy vrugbaar was. Maar Tamar was Juda se skoondogter weens Er, die oorlede seun en dus was die verbintenis skandelik. Die Woord is vol voorbeelde van skandelike gedrag én goeie gedrag – as les vir die mensdom. God se reëling met betrekking tot die swaershuwelik is deur Onan verontagsaam en die uiteinde was ongelukkigheid en skande. Onan het gesterf (hy moes eerder vir Tamar ooreenkomstig die wet afwys, as om ook sy wellus te wil bevredig maar nie die verantwoordelikheid van ’n nageslag vir sy broer Er, te aanvaar nie), Juda het nie geweet dit is Tamar, sy skoondogter nie, want sy het haar versluier. So het hy dan ook skande gebring deur sy wellus.
Waar kom jy daaraan dat Onan sogenaamd ‘minderjarig’ was, al was hy baie jonk? Daar was geen minderjarig/meerderjarig emansipasie sisteem destyds, soos vandag, nie. Kinders van daardie tyd was altyd onder die ouerlike gesagstruktuur van die patriarg. In die geval van ’n dogter wat trou, is sy van haar vader na haar man se gesagstruktuur. Kinders het konings geword (Salomo, ens) en getrou. Waar is jou skrifverwysings in daardie verband? Jy is ’n kansvatter want jy ken nie die Woord of die gebruike van die tyd nie, al probeer jy spog daarmee.
Jy sal nie ’n gedig of prosa letterlik wil interpreteer nie, want daar word van beeldspraak, metafore en ander taalgereedskap gebruik gemaak om die onderliggende konteks mee te verduidelik. Tog wil jy die Woord nie dieselfde ruimte gun nie. Die rede vir daardie benadering van julle is dat al julle argumente teen die Bybel dan wegval en julle word uitgewys dat julle nie die Woord kan verstaan nie – soos nou ook met jou gebeur.
Dit help jou nie om my te probeer kapittel omdat ek Spiritueel bemagtig is nie – dit is my voorreg en vermoë, ’n vermoë waaroor jy nie beskik nie. In stede om dit te probeer afmaak, omrede jy dit self nie magtig is nie, doen iets daaraan – as jy ook Spiritueel bemagtig wil word, loop dan die pad wat ek en enige ander gelowige, loop. Tot dan, is jou opinie daarvan van geen relevansie nie. Ek gaan nie met jou stry oor jou onvermoëns nie – dit is jou las. Dit is egter dwaas van jou om met my te wil stry oor my vermoë. Ek weet wat dit is en hoe dit werk. Aanvaar dit, of gaan verby en doen iets daaraan vir jouself, soos ek reeds hierbo sê.
Wat jou kommentaar oor die Bybel aanbetref, is die kwessie duidelik. Niemand het gesê jy ‘mag’ nie kommentaar lewer nie. Jy mag as jy wil, maar jy moet ook die gevolge dra. Natuurlik is die gevolge dat jy as insigloos sal uitstaan en dit ook vir jou uitgewys sal word, juis omdat jy die Woord daarin nié verstaan nie – erger nog, wíl verstaan, nie. As jy kon, sou jy nie ’n agnostikus wees nie! Wanneer jy dus ’n opinie daaroor uitspreek, is dit uit onkunde.
Goed en wel. Almal is nie ewe kundig nie – die verskil kom egter in by julle – meeste mense wil leer, hulle onkunde met kundigheid vervang. Julle agnostiese dwaasheid, wat in die eerste plek uit arrogansie en eiewaan gebore is, bring julle egter by die punt uit waar julle nie wíl leer nie en asof dit nie dwaas genoeg is nie, dan nog van mense, gelowiges met kennis, verwag om hul kennis prys te gee en saam in julle dwase onkunde te deel. Ek wonder of jy besef hoe belaglik julle in daardie benadering van julle is. Julle arrogansie maak julle natuurlik blind vir hierdie eenvoudige waarheid omtrent julleself.
Dit is dus nie ’n kwessie van iemand soos ek wat kwansuis uit die bus sou val, met my Godgegewe vermoëns en kennis nie, soos jy te kenne wil gee nie, maar ’n kwessie van jou as onkundige agnostikus wat agter die bus aanhardloop en verwag almal moet ook uit die bus klim om saam met jou agter die bus aan te hardloop. Simpel, nè?
Cornelius,
Jou aanhalings uit die Bybel om jou lasterlikheid en dwaalleringe mee te probeer bolster, is die snert, verstaan?
Nes die satan die Woord probeer misbruik het deur die HERE daarmee te probeer verlei en versoek – die HERE het daardie misbruik ook afgemaak – want die woorde beteken hoegenaamd niks uit die mond van een wat die HERE van die woord, die Woord Self, minag soos jy en soos satan gedoen het, nie. En dit is nie asof die satan nie geweet het Wie ’n wat die HERE Jesus is , nie – juis omdat hy geweet het, wou hy die HERE juis daaroor dood hê vir sy eie doeleindes.
Wat doen jy anders? Probeer jy nie ook maar die HERE doodmaak met jou miskenning van Wie HY werklik is en jou eie versinsel te skep en dan die hoedanighede van die HERE en ’n swetterjoel ander pagan gode, aan jou eie jesus-maaksel toe te ken, nie? Dus, jou misbruike, waar en hoe ook al aangehaal in jou huidige religieuse disposisie, is snert.
Kobus de Klerk
Beste Kobus
Gesien jy weier om te aanvaar die letterlike aantyging in die Bybel dat Onan gedood is weens 'n poging tot geboortebeperking, maar as gevolg van sy wellus jou "spirituele intellegente" vertolking, verklaar dan vir my deur middel van jou "spirituele intellegensie" hoekom jou God dan inkonsekwent is? Hy dood dan vir Onan vir wellus, maar vir die pa Judah wat met vele vrouens getroud was, en wat nog kans gesien om wellustig met 'n vrou wat hy als hoer aangesien het, en geld aanbied vir seks, in te gaan, doen jou God niks aan hom nie?
Jaco Fourie
Ag, Jaco, hierdie word nou ’n doellose gekibbel en getwis van jou kant af, waarin ek nie in die minste belang stel nie. Ek is nie te vinde vir jou kleinlike getwis nie – dit is ooglopend dat jy van die wellus aspek wil wegbeweeg omdat jy self, ooreenkomstig jou eie getuienis elders op hierdie forum by verskeie geleenthede, geen doekies oor jou eie wellus omgedraai het, nie. Nou sal jy eerder die ongemak daarvan na God wil projekteer en Hom graag wil beskuldig van allerlei snert.
Die gebruiklike agnostiese twisgierigheid staan my ook nie aan nie.
God het nie vir Onan laat sterf net omdat hy wellustig was nie. God het Onan laat sterf omdat hy hom ook, as gevolg van sy wellus, herhaaldelik aan die weerlose weduwee, Tamar, wat deur wetsduiding gebonde was om hom telkens te ontvang sodat hy vir sy oorlede broer ’n nageslag deur haar kon verwek (totdat hy anders te kenne sou gee, sodat sy ingevolge daardie selfde wetsduiding met hom kon handel, maar wat hy nooit gedoen het, nie), vergryp. Sy wellus en sy afstootlike geleentheid om haar te misbruik wou hy nie laat vaar nie, maar hy het nie kans gesien vir eerbare optrede deur vir haar ’n kind te verwek, soos daar van hom verwag was en vir welke rede sy hom (moes) ontvang het, nie. Dus, Onan se optrede was in alle opsigte ’n gruwel, sy herhaaldelike vergrype en misbruik van Goddelik gesanksioneerde wetgewing ten einde sy eie wellus te bevredig terwyl Tamar daar geen keuse in had en hom in verwagting elke keer, dat hy die regte ding sou doen, te ontvang op die mees intieme manier, nie.
Onan was herhaaldelik agterbaks en het teen die wetgewing gerebelleer en Tamar misbruik om sy wellustige sin met haar te kry onder die dekmantel van wetgewing wat hy nooit in die eerste plek, voornemens was om te eerbiedig, nie – dit stel rebellie teen God, daar. Daarbenewens het Onan ook sy vader, Juda, bedrieg, want dié was onder die indruk dat Onan sy wetlike plig gaan doen, het, terwyl Onan hom net aan Tamar wou vergryp sonder om die kind te verwek.
Met geboortebeperking, het dit wragtig niks te make nie. Wat ’n ondeurdagte bewering van jou! Onan is dan juis gestuur vir die bepaalde doel om die swaershuwelik te sluit júís om ’n kind te verwek en vir dáárdie bepaalde doel, het Tamar hom ontvang, om juis ’n kind te verwek! Dit was veronderstel om die hele doel van die verrigting te wees. Onan en Tamar se vereniging had een enkele doel – die verwekking van ’n kind – waar kom geboortebeperking nou in? Magtig, jy het géén insig in eers die mees ooglopende nie. Onan wou homself geniet, maar nie die verantwoordelikheid van ’n kind dra nie. Die saadstorting op die grond deur Onan was ’n onafwendbare newe gevolg van sy wellus gepaard met sy onwilligheid om die wet na te kom en om verantwoordelikheid daarvoor te neem.
Maar jou eie afgestomptheid vir dié soort van waardestelsel (jou eie wellustige eskapades is geboekstaaf op hierdie forum en ook jou getuienis oor jou akkommoderende siening daarvan ook) veroorsaak dat jy die nodige nie kan insien, nie. Dit is logies dat jou siening van dinge en jou benadering en jou walglike interpretasie van fatsoenlikheid en moraliteit nié met dié van God sál ooreenkom nie – maar onthou, deur God se genade het ek nie so ’n probleem nie – ek verstaan wat God verwag en bedoel. Kortom, ek weet dus waarvan ek praat, jy nie.
Wat Juda aanbetref, het hy Tamar eenmalig besoek, wat hy gemeen het, ’n hoer was (sy het haarself mos versluier). Wellustig ja, maar op haar uitnodiging en met haar vrywillige inskiklikheid en vir haar eie doel. As Juda wis dit was sy skoondogter, sou hy nie aan haar geraak het, nie. Dus, daar is geen vergelyking nie. Vir sy wellus, is Juda wel gestraf – dit het uitgekom dat hy met sy skoondogter omgang had en dit was vir hom ’n verskriklike verleentheid en skande, wat sy aansien as patriarg erg geskaad het. Hoewel dit ’n daad is wat die doodstraf verdien het, het God hom nie gedood nie, omdat Tamar hom bedrieg het, soos sy oorlede seun, Onan, haar bedrieg het. Hy het dus nie bewustelik met sy skoondogter gemeenskap gehad, nie. Hy het geen bedoeling gehad om God se wet (bloedskande) te oortree nie. Omgang met ’n prostituut was nie onder die bloedskande-misdade nie.
Baie dikwels is die straf vir sonde die natuurlike gevolge daarvan - soos in die geval van Juda met Tamar - ooreenkomstig die Woord (Spreuke 22:8; Galasiërs 6:7 "Moenie dwaal nie; Want God laat Hom nie bespot nie, want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai")
Daar is dus ’n geweldige verskil tussen die situasies van Onan tot Tamar en Tamar tot Juda. God is regverdig en is in staat om regverdig te oordeel, iets waartoe jy hoegenaamd nie in staat is, nie.
Wat jy nou nog nie insien nie, kan of wil jy nie insien, nie. Wat is die punt om vir jou te verduidelik wat jy klaarblyklik nie in staat is om te begryp nie?
Kobus de Klerk
Vind God en die Gees met Sy grootheid eerder as om in teologiese konstrukte wat Hom hoegenaamd nie vergestalt nie, betrokke te raak. Spiritualiteit le baie ver anderkant sulke argumente en word in tyd met wysheid deur die Gees openbaar wanneer jy werklik beskikbaar is om liefde te verstaan. God is liefde "Agape" en geen teologiese konstruk kan die misterie wat ons God noem ooit beskryf nie. Die fisika het wondere bewys en God se skeppingsvermoe le in die elke moontlike stelling wat gemaak kan word. As jy God soek, sal jy Hom oral vind. Geen wet of dit ou of nuwe testament is sal die Gees vir jou laat leef in openbaringe as jy nie liefde verstaan nie. Moet nie grootheid in kleinlike redenasies probeer soek nie. Versterk jou geloof in so mate dat dit vir jou die antwoorde gee. Geloof manifesteer in waragtige liefde. Seen vir julle