Die breingevaar

  • 0

My grootste vyand bly in my kop
In die woonstel agter my reuksintuig
Sit hy in die regterlob

Hy skree my wakker in die middel van die nag
Terug om my te kom jag

Ek skree terug, maar hy is reeds langsaan met die deur toegesluit en hy lag.

In die voorkamer sit hy en tik
die muis dié gaan klik-klik
Met die toetsbord
Noem hy my buurman ’n stommerik!

Vulgêre boodskappe word versend na my ma
Foto’s van my in ‘n deurtrekker en ’n bra

So ‘n vabond, so ‘n gek
Die kuberkrater is inderwaarheid ek!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top