namedropping like a boss, changing views and saving face and being on “it” and everything hot and alles sensasie at any cost. so this fella I know omits the “wassup Hoss?” because there’s no more: “hoe lykit perd?”, dis net: “hoeveel’s jou sosiale kapitaal werd? hoeveel Facebook vrinne of followers het jy?” generation Y overbearingly tweeting nothings in fleeting circles of import, but that’s accepted over being respectable and reserved, meaning is left in the fray. net om uit-wees te vermy, jou internet-ervarings is hoërskoolpouse-skindersessies herleef. “tweet” klink soos ‘n woord wat ou tannies gebruik vir “poep” en as ek kon, sou ek twiet oor tee-tannies se tiete wat laer hang as waardes waar hul sit en skinner op die stoep. vinnig tik is belangriker as vokale, om die aandag te gryp vee die nood uit vir korrekte grammatika. kom ons wees tog eerlik, Mxit is shit en twieters kan dit maar gaan druk, ‘n vet pit. dan weer doen hulle dit al klaar oor die hele blerrie net. al kla ek dag en nag, soos ‘n rivier wat opdraand vloei, is die kwyning van vernuwing ‘n vervloeking tot Apple en ander agente van evolusionêre tegnologie. dus is laasgenoemde en die verval van taal en kultuur nie wedersyds uitsluitend nie, maar kongruent. alles onder een globale pielsuigende tent, want jy kry waarvoor jy vra, en daardie ding is veral waar met jou Yahoo en Google+ en Instagram en die blog waarop jy “vent”: ads engineered for you.


Kommentaar
Litnet proefleser fout: Die tweede 'boss' moet 'hoss' wees, dis 'n 'slang'-woord vir 'horse' in die Amerikaanse Suide : so this fella I know omits the “wassup hoss?” . 'Wassup hoss' en 'hoe lykit perd' is een en dieselfde ding. 'Boss' kan ook 'n troetelnaam wees, maar dit sou vir ooglopende redes nie sin gemaak het in die gedig nie, verander asseblief.